Die

Post Reply
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Koos Barnard »

Dags?
So wat wen jy eintlik, in re?le, praktiese terme? 'n Klein bietjie spoed, 'n klein bietjie minder kruit gooi, 'n effens meer "efficient" kaliber. Maar is al hierdie dinge nie bloot net te min om werklik saak te maak nie. Dis lekker om daaroor te gesels en teorie? uit te ruil, en gewere te bou, maar behalwe dat dit jou meer geld gaan laat spandeer op lope wat is die werklike waarde? Is die verskil in trajek en die vermo? om wind te "dodge" werklik genoeg om saak te maak op praktiese afstande. Regverdig die Ackleys en dashers en ander Spoedgoete werklik hulle bestaan? Ek het in die Kaap met Willem se .22-250 Ackley geskiet. Lekker vinnige rakker, maar die afstande na al die teikens was nie so ver dat jy dit nie met stadiger kalibers kon aandurf nie. Vir my was die grootste struikelblok die geweer waarmee ek ontuis gevoel het omdat dit my nie gepas het nie.
Groetnis
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by tafjak »

Hein M

Hierdie bespreking het nog baie gesels oor! Dink dit is nog net die punt van die ysberg.

65 000 psi is maar net die druk waarteen almal gemeet is om die werklike druk in die dop te kry. Strenggesproke is 65 000 te hoog in die doppe met groot primers(large rifle), maar die rede is slegs omdat baie kalibers/doppe al van vroe? dae af die lig gesien het en die aksies nie almal diselfde druk kon hanteer as vandag se goete nie. Ek dink sommer aan milit?re aksies wat in massa produksie gemaak is en om almal veilig te maak is "veilige druk" afwaarts aangepas om dit te kon gebruik sonder sports. Die BR sal natuurlik meer skote uit sy doppe kry teen 65 000psi as 243 teen dielfde druk, maar nie noodwendig meer skote uit die loop nie(selle koe?ls, kruit ens.).

Ek het reeds die 2 rooi drukke in die BR/Dasher en 243W/243AI gegee om te wys wat gebeur as teen dieselfde spoed geskiet word met dieselfde koe?ls in die Standaard doppe. Die druk verlaag drasties en hou dit direk verband met die akkuraatheid, dopleeftyd, loopleeftyd, minder slytasie op die aksie en die 'n bietjie besparing op kruit. Improved doppe het dan 'n merkbare besparing op alles ter sprake en is dit nogsteeds my rede hoekom ek daarmee sal voortgaan. Hoe minder(geen in my geval) ek hoef doppe te "full size", anneal en te sny, hoe beter en gemakliker.

Nog ietsie is dat die Br met goeie sandsak skut gereeld .2 duim/5mm groepe gaan gee teenoor die .3duim/7.5mm van die XC, maar vertel my bietjie wat gaan dit maak in die veld of vir darie matter op die skietbaan?

Taffie
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by tafjak »

Koos

Jou antwoord bring my terug na "horses for courses", wat wil ek met die geweer doen? Is dit nag- of dagskiet geweer? Hoeveel tyd het ek om die skoot te skiet?  Is die afstande bekend? Oor watter tipe rus gaan ek skiet? 'n Klomp goete kom dadelik by my op. O ja, het jy 'n 2-12x50 Z6? ;)

Daar is net te veel goete wat die geweer kan bevoordeel of benadeel. As 'n man 'n RFinder het en hy skiet 'n 303, moet hy enige blesbok tot 350meter moet kan omkeer. Net daar, nie loop-en-soek skote nie(skietstokke, bi-pod en sulke dinge beskikbaar). Dit sal egter nie so maklik gaan as hy nie sy RFinder kan gebruik en en slegs 3sekondes het om op teiken te kom en te skiet nie. Hy sal meer sulke skote(doodskote) sonder Rfinder kan afbring met 7mm Rem Mag met 139 grein Interlock koe?ls en varmint-kruishaar in 'n oes situasie.

Vir die walk-and-stalk jagter is kalibers basies irrelevant, hule die w?reldse tyd en kan ook baie maal die afstand kies waarop hulle wil skiet. (Hulle is in elk geval in my o? die werklike jagters in ons land. Ons kan seker hier oor ook 'n nice topic aan die gang sit en sommer die boogmanne ook so bietjie op-charge.)

Miskien sal hierdie gesprekke uitloop op baanskiet, algemene jag, dag oes en nagskiet/oes en dan werklik elke afdeling se keuses beter bespreek.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Koos Barnard »

Taf
Na al my goed opgesmous is kon ek darem 2x Z6'e koop.
Stem saam oor die .303-ding en rangefinder, maar ons vgl tog hier die gewone .243 teenoor die vinniger 6mm kalibers. Is die verskil in trajek genoeg? Neem kennis van jou voorkeue agv die doplewe. Kan egter noem dat my Winchester-doppe in die .243 lank hou (maar ja, dis nou natuurlik met die 70gr teen die stadige spoed van 3250vps).

Ek wil op niemand se tone trap nie, maar dit wil my al voorkom asof baie ouens die oplossing vir raakskiet op die verkeerde plek soek. Die kalibers moet al vinniger en al hoe meer efficient en die koe?ls moet al hoe beter (onthou nou ek praat nie daarvan as iemand van sy .303 opgradeer na 'n 7mm Mag toe of van sy .22 Hornet na die .22-250 nie). Ons teoretiseer en bou "al hoe beter" kalibers maar hoeveel van ons baat by hierdie beter en akkurater kalibers? Of hou ons bloot die industrie aan die gang? Was daar nie onlangs iemand wat 'n pragtige groepering op die inskietbaan geskiet het maar toe bitter weinig voordeel kon trek uit daardie akkuraatheid in die praktyk nie.

Feit is natuurlik, al baat ons niks by alles nie, bly dit darem lekker om te speel en te eksperimenteer.
Groetnis
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Arnold »

Ek lees ook lekker saam en dit wat oom KoosB s? is waar. Die grootste voordeel wat n nuwe vinnige en akkurate kaliber vir my bied is 'n "mental" een. Al het daai mooi groepering voor die kompetiesie nie eintlik gehelp met die resultate nie ;)

As ek dinge so uitkyk gaan jy slegs voordeel trek uit n groter dop as jy swaarder koeels met hoer bc skiet. Op die stadium kyk ek maar tussen die BR en XC en die gebruik van die geweer sal op die ou-end die kaliber bepaal. Ek moet nog ook die verskille in trajekte opweeg nadat ek bepaal het watter koeels ek wil gebruik en hoe lank die geweer se loop gaan wees. ('n 7mm WSM is ook op die boeke om 'n 162gr A-max teen so 2950 fps te skiet )

;D
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by tafjak »

Koos

Jammer oor die 303 en die 7mmRM, kom ons maak die 303 'n 6mm Musgrave met 100grein Koe?l teen 2700fps en maak die Rem Mag 'n 243 met 'n 70grein teen 3250fps. Ek dink tog jy sal makliker die teiken raakskiet op 350meter sonder Rfinder, minder om te raai. Wetie?
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Louis102 »

Koos Barnard wrote: ... Ek wil op niemand se tone trap nie, maar dit wil my al voorkom asof baie ouens die oplossing vir raakskiet op die verkeerde plek soek. Die kalibers moet al vinniger en al hoe meer efficient en die koe?ls moet al hoe beter ...
Eina!!... Oom Koos!  Dag jy s? jy wil nie tone raaktrap nie?  Miskien moet ek maar my 243'tjie nie so gering skat nie, die fout is seker maar die boer agter die roer?  Net jammer 'n foutjie op ou jakkals kan my maklik baie meer as wat 'n nuwe roer en 'n nuwe Z6 saam kos.  Dis so bietjie anders as om 'n bok mis te skiet, of dink ek steeds verkeerd?  Ek dink tog daar is meriete daarin om jouself die beste moontlike kans op ou jakkals te gee, al is dit dan net tussen die ore?

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Koos Barnard »

Skuus Louis
Jy's heeltemal reg oor die mental ding - wat jy glo is baie belangrik. En ek stem saam oor die jakkals en bok misskiet. Ek kyk maar net na die ware trajekte en die afstande waaroor jakkalse getref word (nie op geskiet word nie) en dan is daar nie 'n minute-of-jackal verskil tussen die .243 en sy vinnige boeties nie. Maar jy is heeltemal reg, rus jou toe met die beste in elke opsig. Elke bietjie help uiteindelik, al is dit net tussen die ore soos jy opgemerk het.
Groetnis
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Louis102 »

Koos Barnard wrote: ... Ek kyk maar net na die ware trajekte en die afstande waaroor jakkalse getref word (nie op geskiet word nie) en dan is daar nie 'n minute-of-jackal verskil tussen die .243 en sy vinnige boeties nie ...
Dis maar hoekom ek ook oor die goed uitvra, Oom Koos.  As ek so ietsie kan afknyp, sonder om te veel honger te ly, watter kamer sal ek dan nou op die nuwe lopie laat sny?  Ingkie, pienkie, ponkie ....

Jammer as die onderwerp nou so bietjie van koers af is.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Freddie101 »

Almal
Wil net se ek lees baie lekker hier. Dit interresseer my geweldig.

Louis, vir my is dit ook wat dit alles as jakkalsjagter vir my inhou. Dus wat jy gevra het oor ligter koeels is wat ek ook wou weet. Die stuk wat Taffie geskryf het met die tabelle in was vir my baie insiggewend. Lyk my sy boek is baie dikker as wat ek gedink het.  ;)

Groetnis
yol bolsun
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Wouter Roets »

Taf/Manne

Met QL en die node program kan n mens maklik uitwerk wat die idiale lengte loop met n gegewe koeel is. So kan mens die verskillende kalibers met ons verskillende kryte teen mekaar opweeg om n ou se keuse te vergemaklik. Die meeste van hierdie kalibers se maksimum druk vlakke is so om en by 59000psi wat n sinlike en verstandelike drukvlak is so gooi die nommertjies wat julle oorweeg en n mens kyk na die inligting.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Piet Breedt »

Wouter, kyk asb vir my wat die optimale looplengte van n .22 250 met n 1/8 twist loop moet wees as ek die 70gr VLD Bergers wil skiet. Ek verwag so teen 3500 tot 3600ft/sek.

Om alles hierbo op te som kom dit maar nogsteeds daarop neer dat elke skut sy spesifieke geweer met sy trajek en windskuif baie goed moet leer ken, en hom dan effektief moet kan dryf. Al die tabelle op die rekenaars kan dit nie vir jou gee nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Arnold »

Piet Breedt wrote: Wouter, kyk asb vir my wat die optimale looplengte van n .22 250 met n 1/8 twist loop moet wees as ek die 70gr VLD Bergers wil skiet. Ek verwag so teen 3500 tot 3600ft/sek.1
Oom Piet, met daai kombinasie kyk mens na 'n 26" loop wat vir jou so 3400 fps met S355 kruit en 60k psi druk sal gee
immelmanw

Re: Die "beter" 243Win?

Post by immelmanw »

Piet Breedt wrote: Wouter, kyk asb vir my wat die optimale looplengte van n .22 250 met n 1/8 twist loop moet wees as ek die 70gr VLD Bergers wil skiet. Ek verwag so teen 3500 tot 3600ft/sek.

Om alles hierbo op te som kom dit maar nogsteeds daarop neer dat elke skut sy spesifieke geweer met sy trajek en windskuif baie goed moet leer ken, en hom dan effektief moet kan dryf. Al die tabelle op die rekenaars kan dit nie vir jou gee nie.
Piet, ek wil sien hoe kry jy 3600 met n 70 gr........natuurlik gemeet met n Oehler of CED.
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by baboonstalker »

Willem, dit is maklik met 'n CED, ek het al 'n 88gr oor die 6k fps geskiet. (aldus my CED :o)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Wouter Roets »

Hallo Piet

So vir interessandheid, het jy enigsins die Ackley in 22-250 oorweeg. Hy sal dalk redelik naby aan jou vereistes kom. Wat se lengte loop en TPL het jy ingedagte gehad?

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
immelmanw

Re: Die "beter" 243Win?

Post by immelmanw »

baboonstalker wrote: Willem, dit is maklik met 'n CED, ek het al 'n 88gr oor die 6k fps geskiet. (aldus my CED :o)
Yip Pieter, jy het dam n nuwe een gekry......?
Ek het dam al meer stukkende Teleskope gesien (bekende) maak as CED chronographs, die grootse fout wat die mense maak is om die chronograpg n meter voor die loop te sit, daar is n rede hoekom die kabels 3 meter lank is!
Wat ek in elk geval probeer se het was dat dit nie met n chrony wat gemiddeld 80fps meer meet gedoen moet word nie!
Piet het in elk geval n CED wat fantasties werk! So ook 972 ander mense! Het van die 972 al verkoop so 15 teruggekry.

Hoe lyk dit, hoe ver is jy met die 10 anealers? Die manne huil.......lyk my jy spandeer nou te veel tyd aan die muzzlebreaks en silencers.

Groete
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Biltong »

Koos Barnard wrote: Ek wil op niemand se tone trap nie, maar dit wil my al voorkom asof baie ouens die oplossing vir raakskiet op die verkeerde plek soek. Die kalibers moet al vinniger en al hoe meer efficient en die koe?ls moet al hoe beter
Koos, ek stem saam met jou sentiment in hierdie opsig. Die meeste van ons, myself ingesluit, skiet nie goed genoeg dat daardie klein verskilletjies in spoed en BC enige noemeswaardige verskil gaan maak in byvoorbeeld die veldskiet kompetisies nie. My uitgangspunt is dat ek met my gewone .243 my skietvernuf tot die hoogste vlak wil ontwikkel voor ek sal investeer in die geweer wat my die ekstra 200fps gaan gee met dieselfde projektiel. Ek skiet tans 75gr V-Max'e teen 3320fps en ek ken die trajek redelik goed. Ek skiet konstant 660 op die veldskiet kompetisies en my grootste probleem waarom ek sukkel om deur die 700 te breek en 800 te haal is basiese skietvermoe uit die verskillende posisies, soos bv. staande uit die vuis. Dan sal verbeterdekonsentrasie aan my kant ook help -ek vind dat ek altyd die vertse gonge raak skiet want ek ken my geweer se trajek en kan afstand goed skat (oud golfspeler), maar tot my uiterste frustrasie mis ek dan gereeld een vand die naby gonge! Ek kan nie sien dat die nuutse 6mm "superdooper" hiermee gaan help nie. ;D

Vir die top tien manne sal ek se dat dit wel 'n verskil maak.

Groete
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Louis102 »

Wouter

Hier gaat ek dan as jy so gaaf sal wees:  Gestel ek het 'n 28 duim, 1:12 twist, 6mm, Walter Match loop waarop ek nou 'n kamer moet laat sny.  Dit gaan my ekslusiewe jakkalsjag geweer wees.  Die koe?l sal my keuse sal altyd iets in die lyn van 'n 70gr Sierra Blitzking, 70gr Nosler BT, ?f miskien iets soos 'n 68gr Berger wees.  Ek soek iets wat maklik herlaai en wat nie vol fiemies is nie.  Ek is bereid om 'n paar voet per sekonde in te boet, as ek super akkuraatheid daardeur kan bevorder. (3500-3600fps is goed genoeg vir hierdie projek, in my opinie, maar as ek vinniger kan gaan sal ek nie noodwendig omgee nie)  Wil nie graag baie stadiger as dit gaan nie, want 'n relatief plat trajek is vir my belangrik.  97% van die tyd sal ou jakkals maar so tussen 80m en 300m aangedurf moet word, maar ek wil ook oefen om daai 2%, 300m - 400m skote te kan afbring in uitsonderlike gevalle.  

My hart en kop het die afgelope paar jaar in die rigting van 'n 6BR gedink en gevoel.  Sal graag wil hoor wat jou QL - program s? en of daar enige ander aanbevelings is wat jy sal maak.  Dit moet egter in die 6mm kaliber wees, daardie keuse is klaar gemaak.

Dankie by voorbaat.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
bullseye

Re: Die "beter" 243Win?

Post by bullseye »

More manne
Wouter kan jy asseblief vir my uitwerk as ek 22-250 en 22-250ackley se lope 21.5" maak met n 1 in 8" twist met 70gr of 75gr punte wat kan ek realisties verwag , my spoed moet wees, of die verskil tussen bogenoemde doppe.

groetnis
Ben.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Koos Barnard »

Dags?
Louis ek het gisteraand 'n bietjie na die 6BR gekyk en dit lyk vir my ook na 'n lekker kaliber. Seker oor die klein dop sodat ek die ding kan aflaai na 3100vps of 3000 met 'n 70gr koe?l  ;D. Dan gooi jy lekker min kruit, die recoil is min en die looplewe lekker lank. Glo bitter akkuraat ook as ek na die 6mm fundi's luister.

Willem
My CED loop soos stroop, tot dusver (na twee jaar) baie beter as al die blerrie chronys waarmee ek my tyd gemors het in die verlede.
Groetnis
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by DSBW »

Ludwig

Ek het nou nie al die slim nodes en verwante programmetjies nie, maar ek het wel 'n 6BR, met 'n 25.5" loop, in in 10twist. Met 32gr S335 is die spoed 3550fps (standaard BR) met 'n69gr Berger FHBC. Die spoed is oor Louis se chrony, my eie chrony en my skoonpa se chrony getoets, en korreleer 100% met die Swarofski ballistiese tabelle.

Dus dink ek jou program is dalk effens konserwatief, hierdie is nie 'n warm lading nie, min of meer 80% van maksimum lading.

Groete

Dawie

N.S. PM my oor die .284 doppe.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by tafjak »

O!!

Julle geseld lekker wanneer ek nie by is nie. Lyk my die vure is aan die brand en nou lees ek eers lekker.

Willem, jy moenie chronys verkoop met 12volt batterye nie of die manne leer om afdraand te skiet nie. Baie van gelyste spoede op herlaai programme werk maar waar die ou bly wie die program geskryf het. Nog nie een van darie ouens was al waar ek skiet nie en kry nooit die hogere spoede waarvan hulle praat nie.

Pieta, wanneer darie 22-250 'n 70gr koe?l vinniger skiet as 3500fps wil ek tog by wees. :D Dit sal r?rig sports wees en nie onmoontlik nie, maar sal raar wees. Die amerikaners skiet dit gereeld en vermoed ek tikfoute. Die CHeetah(ken nie Oom Gerard se Hotrods nie,) is al roer wat ek ken wat dit kon maak en darem by die 3700fps met 69 Sierra Match gedraai met Norma MRP.

Koos, dink tog dat enige skyfskiet/bench roer nie moet worry oor spoed nie. Tog bekende afstande en met vandag se skyfskiet scopes is dit eintlik nie moeilik om op ideale weersomstandighede te skiet nie. Weet dat baie Bench Rest manne nie eers hul gewere se spoed lees nie, bly net by die load(weet nie eers hoeveel grein poeier nie, werk net op die clicks van die gooier). Daar was lank gelede(snaaks dat die jonger Bench Rest manne ook maar by beproefde goete hou) 'n bespreking oor die ideale spoed vir 6mm 80grein BR koe?ls en kon onthou dat 'n spoed van 2800 tot 3200fps die algemene "akkurate node" was. Ho?r spoed was nie noodwendig swakker nie, maar die recoil het dan ter sprake gekom wat weer die sakroere se dood was. Hierdie spoede was vir die Light- en Heavy Varm Guns gewees. Vir die langer oefeninge(600 - 1000yards) was die gewig van die koe?l eerder aangepas en opwaarts nayuurlik.

Ek gesels ook maar baie uit die jakkalsjagter(nag/donker) se oogpunt en praat meerendeels vir myself.

Wouter, die 65000psi wat ek gebruik het was om almal onder dieselfde kam te skeer en reken ek ook die 55- tot 60 000psi meer die norm behoort te wees, veral die manne met die Tikkas(aksie lyk maar tingerig of die ouer goete :D)

Ai maar die manne gesels lekker!
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Jagtersdok »

Dawie Blaauw wrote: Ludwig

Ek het nou nie al die slim nodes en verwante programmetjies nie, maar ek het wel 'n 6BR, met 'n 25.5" loop, in in 10twist. Met 32gr S335 is die spoed 3550fps (standaard BR) met 'n69gr Berger FHBC. Die spoed is oor Louis se chrony, my eie chrony en my skoonpa se chrony getoets, en korreleer 100% met die Swarofski ballistiese tabelle.

Dus dink ek jou program is dalk effens konserwatief, hierdie is nie 'n warm lading nie, min of meer 80% van maksimum lading.

Groete

Dawie

N.S. PM my oor die .284 doppe.
Dawie

vertel my asb meer van jou loop.
Jou kamer dimensies
Hoe ver jy van die lands af seat asb.
Ook watse aksie jy het asb

Ook jy s? dis 80% load, hoe vol is daai dop met daai S335, 32gr?

dankie
Neels
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
bullseye

Re: Die "beter" 243Win?

Post by bullseye »

Middag manne

Ek wil net n klip in die bos gooi. Die 6mm brs wat ek al dopgehou het op bensrest bane skiet 95%+ flatbase koeels die koeels self gee dit nie dalk n "edge" aan 6mms nie. Soos ek verstaan werk n boattail eers beter vanaf 400m+.
ek luister wat julle s?

Groetnis
Ben.
Post Reply