Reuk Sintuig

Post Reply
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Reuk Sintuig

Post by BLOK »

Ek wonder hoe groot is die verskil tussen diere se reuk sintuie en sommer ook sig. Rede hoekom ek vra is het gisteraand gaan roep, speel toe klein steenbok en julle sal my nie glo nie n duiker ram kom windaf reguit op die bakkie afgeloop na die roeper wat windop staan (bakkie is baie goed gecamo gewees ) toe die bok by die bakkie kom knubbel hy so ewe aan die camo onder my en beweeg om die bakkie verder tot by die roeper.

Nou moet nie vir my se hy kon my nie ruik nie. En was dit n jakkals sou hy virseker laank voor die tyd my geruik het en geepad het. Was dit n geval van een duiker met swak neus of is hulle oor die algemeen nie so skerp op reuk sintuig ingestel soos die res nie. WEk was altyd onder die indruk n duiker is een wat baie skerp en sku is.

Ek luister
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: Reuk Sintuig

Post by Dawie D »

Blok
Dit wil vir my voorkom of dit n baie honger duiker was :angel: ;D

Nee ek spot net, baie van die spesies se prioriteite verskil net bv: party trust hulle reuk sintuig net meer as hulle sig en anders om ook en party vertrou nie een nie en is bang vir wat hulle Ruik,sien en hoor.
Dis maar al wat ek maar kan dink.
As ek jou sien gaan jy val
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Reuk Sintuig

Post by JK »

Geen idee, ek sien net dat jagluiperds hulle baie meer vang as steenbokkies, wat eintlik baie meer is by ons. So dalk is hulle nie so skerp nie.
Johan Kriel
Okahandja
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Reuk Sintuig

Post by tafjak »

Blok

Die beskermingsdrang is erg in die natuur en gewoonlik sal die dier maklik kop verloor. Miskien het jy die klank op die roeper gestop en die duiker jou gesien/gehoor en eers gou daar gaan ondersoek instel. Baie dinge kon die ou aan jou kamoefleernet kom peusel het. Kom ook agter dat as springbokke sien hulle is geflous, sommer net daar en dan begin vreet.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Reuk Sintuig

Post by BLOK »

Taffie

Ek het die klank aanhou speel en dit was baie sag van die begin af. Die duiker het ook nie ingekom soos as of hy dink daar is n kleinkie in gevaar nie het die hele tyd baie rustig amper asof hy sou wei windop verby die bakkie na die roeper gewees dit is wat my laat wonder het. Het al baie keer gekry dat as hulle regeer hulle sommer amper met n haastige stappie inkom maar die een was baie rustig. Omdt daar hard gejag was die hele winter is al die wild ook redelik wild wat my verder laat dink het.

Jk

Wat jy se maak sin, maar ek het al verskeie kere met my jongman naby aan die bokkies probeer kom en glo my dis glad nie so maklik nie hulle kan maar baie wild wees. Ek wonder in jou geval is dit nie dalk dat die steenbokke vinniger is op kortafstand as die duikers nie moontlik ook beter met jakkals draaie. Steenbokke het mos maar die manier van gaan le en kruip en as jy daar kom is hy skoonveld so is dalk maar ook slinks soos n jakkals, ek weet nie wonder net.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply