Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek is 100% met jou oor die 303, die 243 met 55gr koeele en die BT koeele, en reken jou redinasie tov die te groot keel kamers is ook inni kol, al hierdie voorbeelde wat jy genoem het is egter aan die een end vd spektrum, en kan ons dan seker, met redelikke sekerheid aanneem, dat sou ons na gevalle in mid spektrum kyk, hierdie verskynsel van "vlam wat verby koeel beweeg voor dit seel" baie minder skade sal aanrig indien jou kamer op speks is, jou FB nie te lank is nie, en/of jy koeels skiet wat by jou FB aangepas is....
Mooi loop
Francois
Ek reken so oom Cois
So dan glo ek ook om dit dan seker so minimaal as moontlik te maak is om teen die lande te seat met ten minste 2/3 van die koeel diameter in die nek en dat die nek net genoeg moet uitsit om die koeel gemaklik te laat gaan.
Dit sal nogals 'n interessante toets wees.
Willem gaan julle vir ons 2 lope sponsor dat ons die teorie kan toets?
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
My twee RAAKSKIET gewere het altwee tight nekke, 25 Koevoet en die BR, altwee deur oom Chris v Niekerk gebou, hulle kamers se nekke is so tight, n koeel gaan nie in n geskiette dop se bek in nie.....dink hulle praat so van .001" op n kant wat die dop kan uitsit om die koeel te laat gaan.......
Wragtag waar, jy het altyd vir my na 'n verstandige man gelyk, maar jou wapen keuses het dit nie weerspie?l nie................., totnou toe. Wat my aanbetref bou jy nou eers 'n regte akkurate geweer, al die ander goete kan ook baie baie akkuraat skiet, as jy hom mooi opvryf en die regte ladinkies en dingetjies doen, 'n BR is akkuraat, punt, selfs met dakspykers.
Dis natuurlik nou as akkuraatheid absoluut belangrik is, seker nie dieselfde vir almal nie.
Groete
Dawie
Yip......ek sal mos nooit weet tot ek nie n BR het nie......ek probeer maar alles eenkeer self, net soos op "girls" (in die verlede) is ek lief vir skoolgeld betaal!
Arnold wrote:
Wel, toe ek vandag met n man praat was sy woorde: if your not shooting a 6ppc you can forget about winning. (Die gesprek was gebasseer rondom LV en HV BR gewere)
Dit is nou baie baie baie waar, mike Ratigan en gene bukkis (beide wenners van die supershoot - kelblys en wereldkampioene) was al beide in die winkel, hulle en die res skiet net ppc, maaaaaar dis n ander ballgame, vir 300m begin die BR al so bietjie vir die PPC maniere leer......
Ja, lyk my hier het 'n klomp waarhede na vore gekom. Veral die feit dat die koe?l nie in die lug moet hang nie, die nekke nie te groot rek nie en ook dat die koe?l nogsteeds gaan se?l al is dit 5mm van die lands geseat.
Ek dink tog dat teen/in die lands tog 'n bietjie meer versekering gee, gas sal vinniger vorentoe beweeg as die koe?l, aanvanklik.
Ja nee, ek het lekker geleer en gelees.
As jy egter bietjie verder as 200m beginne skiet is daar min, indien enige kaliber, wat saam met n BR loop as dit by suiwer akkuraatheid kom, dink die beste 600yrd 5skoot groep is nou al onder n duim, 0.76 ", as ek reg onthou, met n 6BR geskiet....die BR het selfs al die 6.5X284 se gat geskop op 1000 yrds.....lees hier http://www.6mmbr.com/gunweek070.html
Dags?
Ek hoop nie ek hijack julle post nie of dat wat ek wil vra dalk ?rens anders volledig bespreek is nie. Indien my vraag onvanpas is ignoreer dit maar. Ek sien looplewe kom by al die haastige 6mms ter sprake. Hoe sou die .243 opweeg as jy 70gr koe?ls teen 3250vps skiet (41.5gr S355) of selfs dieselfde koe?l teen 3100vps (34gr S335)? Gaan daar enige noemenswaardige verlenging in looplewe wees en sou dit steeds beter wees om die koe?l so naby aan die lands as moontlik te seat? Nie almal is kompetisieskuts nie en het dus nie die ho? snelhede nodig nie. Ek wonder of S335 die keel noemenswaardig minder sal brand as S355.
Groetnis
Ek dink omdat die vlam nie warm is nie, moet dit 'n goeie verlenging op die loopleeftyd h?. Jy skiet basies 70grein koe?ls teen die spoed waar dit absoluut nog veilig is vir 88grein koe?ls.
Die eerste loop wat ek uitgeskiet het, was toevallig ouerige(rondom 1200skote) Musgraveloop(jammer iemand kan nie meer die ywer insit om sulke lope te maak nie), het toe 87grein Vmaxe in hom geskiet vir 'n verdere 700skote en word toe windgat en skiet in dieselfde loop 65grein Vmaxe teen ongemaklike druk. Nodeloos om te s?, 300skote en die ou was poegaai. Moet ook noem dat die 87's teen 'n spoed van 3100fps geskiet is.
Ek dink ook verder om die koe?ls so na as moontlik aan die lands te hou, jy ekstra skote uit die loop sal kry, veral fabriekskamers of "no turn" kamers. Ek sien net al meer dat wanneer die koe?l float voordat die lands geslaan word, die lands gouer brand en met ho? druk nog te meer.
Wetie, maar in my gewere(en nog so paar wat ek al gesien het) werk dit so en ongelukkig ook net 6mm's(gereeld) wat ek skiet. Die dag wanneer ek meer skote met die 308 en 270 skiet as die 243, dan moet hulle my maar koudly en gaan b?re.
Lees gereeld langs die grootpaaie;" SPEED KILLS", maar wil byvoeg: "NOT ALWAYS" as die nodige voorsorg getref word nie en teen watter "SPEED". As 'n geweer op die drumpel is van maksimum druk en die spoed is argumentsontshalwe = 3700fps, is dit moontlik om 243 se looplewe te verleng met 1000skote+ as jy teruglaai na 3500fps. Ek glo hieraan.
Mooiloop
Ps. Dankie weereens vir darie gr?nd Leica wat ek by jou gekry het, werk soos 2bomme in Libi
Ek lees al te lekker aan hierdie topic! Vir n slag het ek dit reggekry om bietjie my bek te hou en net te luister!
Net so vinnige vragies. As julle praat van teen die lands seat wat bedoel julle? Is dit raak aan die lands of is dit in die lands? En as dit in die lands is met hoeveel is dit in? Wat is ook dan julle bevindinge met looplewe, akkuraadheid en drukkurwes(leesbare druktekens) met hierdie verskille? Met die meet van julle TPL'le is dit dan seker net met n casecomparetor?
Weet dit is baie wat ek vra maar is vir my bitter interressand die goed!
Geno en Taf
Dankie vir julle antwoorde, ek waardeer. Het dit in my vorige .243 ondervind maar wou seker maak by julle wat die 6mm meer skiet as ek. Met twee laaities op universiteit sal ek my nuwe .243 se loop moet nurse. Wil volgende jaar een of twee Veldskietkompetisies skiet en 'n bietjie daarvoor voorberei, maar sal maar by die lae snelhede hou al weet ek, ek kan nie met die manne met hul vinnge roers kompeteer nie.
Ja, Taf, die Leica is koning!
Nou waarvoor wil jy kompeteer? Jy skiet dan die goete dood. Ek lag so lekker eendag, ook maar in die midde van 'n "Speed"geveg en die een haak af en s?: "My 30-06, 243 en 222" skiet dieselfde trajek en hoef ek net een te ken. So waar, n??
Teen die lands in my boek(en hy is maar dun) is: Die lands-merke net wegraak met die passery. Het die koe?l eers met kers gerook, dan gemeet(gevoel) totdat die merke net-net wegraak(by ou Raynie geleer).
"In" of ge"jam" is natuurlik wanneer die slot die koe?l moet seat(maar my boek bly dun).
Ek dink maar net hoe nader hoe beter vir die looplewe en nie noodwendig vir die betse groepe nie. Hoewel dit baie(die meeste) keer die groep verbeter, veral Bergers en Sierras wat eintlik maar ons "maklik in die hande kry" papierkoe?ls is. Berger Match pomp 'n jakkals maklik 3bar in 'n oogwink en is ek gladnie bang om in die re?nmaande hulle op die ou vleisluste te gebruik nie.
hulle en die res skiet net ppc, maaaaaar dis n ander ballgame, vir 300m begin die BR al so bietjie vir die PPC maniere leer......
..............reeds is dit die rede hoekom ons jarrrreeeee nog gaan gesels oor roere!
Soek die dop wat jou toestande en werk ken. Ons kan nie met PPC uit skietstoel jakkalse op 250meter elke nag gaan aandurf nie, jakkalsjagter in die Karoo gaan vrek van die honger. Daar is iet wat hom gaan doodkry skoot-vir-skoot op 280meter, maar nie noodwendig so akkuraat nie. Die 6BR is die roer wat so 50meter(en dis al klaar v?r) of wat gaan by sit, skoot-vir-skoot. Dan is daar weer ietsie wat die 6BR gaan maniere leer op verdere afstande skoot-vir-skoot, maar ook nie noodwendig so akkuraat nie. So kan die lysie aangaan totdat ons nie meer die jakkals kan sien nie. Dieselfde geld vir bokke oes in ongemaklike toestande.
Taffie
Jong ja, in die jagveld sukkel ek nie maar jy weet mos hoe dit gaan. Daar is altyd iewers iemand wat wil weet of jy weet waar die sneller sit en dan word jy uitgenooi na kompetisies toe. Maak nie saak met watse roer jy skiet of watse verskoning jy het nie (wettig of onwettig) die manne kyk net na jou score. Het darem nou die dag met 'n geleende roer so 21ste uit 240 in die Kaap gekom, maar selfs dit is nie goed genoeg nie. Party manne glo jy moet beter kan doen al is jy nie in die kompetisie ball game nie.
Groetnis
Dit is lekker om te weet dat jou roere darem(die wat vanpas is) op die papiere iets beteken. Maar soos die dinge in my "dun boekie" staan is maar om die papiergeweer aan te skaf as die dinge by die bane ernstig word.
Om die spoed/trajek te ken in die jagveld is tog belangrik(saam met die Leica) vir die verder skote en ook wanneer afstande moeilik is om skat. Ek sukkel maar nog al die tyd om vroegoggend(net wanneer die son net op is) afstande te skat en skiet gewoonlik laer as normaal. Lyk net nader vir my en in die middag weer andersom.
Hier is 'n vraag aan die slimmer manne as ek, wat hierrond gesels. Ek het die vraag ook 'n geruime tyd gelede onder 'n ander onderwerp gevra, sonder dat ek eintlik 'n goeie antwoord gekry het:
Wat is die voordeel wat die groter dopkapasiteit van bv. die BRX, BRC en "for that matter" die XC bied op ligter koe?ls (65-75 grein) bo dit wat die standaard 6mmBR bied? Sover ek kan verstaan is meeste van hierdie effe groter dopkapasiteite ontwikkel om swaarder koe?ls (100greiners en op) met bietjie meer oemf te kan skiet, maar min data is op die internet beskikbaar oor die effek op ligter koe?ls.
D.w.s. indien ek 3500-3600fps met bv. 'n 68gr Berger uit 'n gewone BR behaal, hoeveel vinniger sal die effe groter doppe daardie selfde koe?l, sonder probleme kan skiet? Die effek van die groter dopvolume beteken tog meer drymiddel om die selfde spoed van die 6mmBR te ewenaar. Dus moet daar dan bo-op dit, nog meer dryfmiddel bykom om 'n voordeel t.o.v. spoed in te hou, of verstaan ek verkeerd? Is die effek van die effe groter doppe dan 'n groot voordeel by ligter koe?ls, of nie?
tafjak wrote:
... As dieselfde koe?l in 'n groter dop teen dieselfde druk as die kleiner dop geskiet word, sal dit noodwendig vinniger vlieg sou ek reken ...
Nou Taffie, hoeveel meer spoed gaan ek uit 'n XC- of 'n BRX-tipe dop kry, as uit 'n standaard BR-dop? (gebruik die beste kruit vir die doel en laat loopleeftyd eers buite rekening) Dit is nou as my voorkeur koe?l vir my doel, arguments onthalwe, 'n 68gr Berger is? En gaan ek baie inboet op die inherente akkuraatheid van die standaard BR?
Ek raai (nie "weet" nie) dat dit heel moontlik en veilig is om naby aan 3500 - 3600fps met 68gr Bergers uit 'n gewone BR-dop te kry? Voor ek dus die "verbeterde doppe" sal oorweeg, moet ek darem seker minstens 300fps, verkieslik selfs meer kan wen? Sonder om te veel inherente akkuraatheid in te boet? Daar moet tog manne wees wat weet, as dit noggie in jou dun boek met baie wysheid is nie?
Dit lyk vir my of die meeste voordele vir die "verbeterde BR's" (as ek dit so mag noem - geensins iets leliks daarmee bedoel) wat ek op die internet kon opspoor, was vir meer spoed by swaarder koe?ls en /of om swaarder koe?ls meer effektief te kan skiet. Vandaar my vraag.
Jy is heeltemal reg met jou asumsie dat die grootste rede vir die "improved" doppe is om by n hoer spoed uit te kom met die swaarder(lees eerder hoer BC) koeels. Taf jy is reg deur te se dat die groter dopkapasiteit baie keer die voordeel het om n stadiger verbrandende poeier te kan gebruik. In plekke soos Amerika word baie keer hierdie doppe ontwerp net om een spesifieke poeier wat die persoon van hou. Dit het al in Suid Afrika ook gebeur.
Louis nou jou vraag oor die ligter koeels oor wat se voordeel hou n groter dop in? In kort kan dit wees dt jy n hoer node/sweatspot moontlik kan slaan as die BR. Hierdie sal nie altyd die geval wees nie maar die wat se dopkapasiteite redelik groter is gaan dit wel die geval wees. Vat die voorbeeld van jy skiet n 68gr Berger en jou ladingontwikkeling het getoon dat 3550ft/sek met S335 vir jou goeie groepe lewer. Kom ons aanvaar dat hierdie gelewer was teen 59 000psi. Jy gaan nou na n groter dop met dieselfde koeel en looplengte en met S355 kan jy dalk nou 3630ft/sek slaan vir n akkurate lading teen 58 000psi. Dit is die realistiese voorbeeld van n groter dop met basies dieselfde inhirente akkuraadheid. Ek dink nie spronge van 250-300ft/sek word sommer gerealiseer met hierdie groter doppe in dieselfde drukvlakke nie. Indien jy dit reg wil kry gaan die dop/kryt/boor verhouding omvergewerp word en val mens uit die inhirente akkuraadheidsbalans uit.
Ek dink die grootste ding met hierdie kalibers is om altyd die regte belans te probeer hou. Met elke een van hierdie kalibers is dit n gee en neem situasie. Ons moet nog verder in ag neem dat baie van hierdie kalibers wat uitstekend in Amerika doen nie noodwendig dieselfde hier sal doen nie want ons poeier werk nie altyd perfek nie. Dit gaan nie altyd net oor brandspoed nie maar fullingskapsiteit en dies meer speel ook n groot rol. In SA word die meeste van die nommertjies gebasseer om S335, S355 en S365 wat maar gesien word as ons stabielste poeiers.
Hierdie is n fasinerende gedeelte en daar is soveel denkwyses wat ons dae kan vat om bespreek.
Groetnis
Wout
Last edited by Wouter Roets on Thu Dec 08, 2011 12:02 pm, edited 1 time in total.
6BR 68 Berger Match 36.15 gr VV(USA) 3591 fps 65046psi
6Dasher " 38.57 gr VV 3726 65097
243 W " 43.46 gr VV 3568 65010
243 AI " 45.95 gr VV 3733 65044
Kom ons vat SA-kruite:
6BR 68 Berger Match 35.57gr S 335 3527 fps 65037psi
6Dasher " 37.99 gr S 335 3661 65068
243 W " 46.08 gr S 355 3648 65013
243 AI " 48.75 gr S355 3818 65033
En sommer net vir interresantheid wat mens nogal aan die dink kan sit:
6Dasher 68 Berger Match 36.37 gr S335 3527 56799psi !!
243 AI " 46.26 gr S 355 3648 55373psi !!
Hier is so laat berig:
XC " 43.2 gr VV 3756 65061
XC " 45.77 gr S 355 3829 65013
6mm Rem AI " 49.82 gr VV 3775 65025
6mm Rem AI " 52.9 gr S 355 3865 65087
Jammer oor die BRX(ongeveer dieselfde as Dasher)- sal later vandag/vanaand beter tools kry.