Herlaai data 260 Remington

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Herlaai data 260 Remington

Post by Arnold »

Francois, gee hier bietjie info oor daai 260 van jou. Ek het nou finaal besluit dat ek my 308 na 260 gaan verander. Weet nog nie of ek Ackley of gewoon moet gaan nie ...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Herlaai data 260 Remington

Post by Arnold »

Last edited by Arnold on Thu Aug 05, 2010 11:48 am, edited 1 time in total.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Herlaai data 260 Remington

Post by Arnold »

Skiet iemand hier dalk 'n 260 Ackley? Ek wag nou net vir 'n loop ...  ;D
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Herlaai data 260 Remington

Post by boeta »

Arnold

Het vandag n stuk oor die 260 ak gelees van n amerikaner wat so een gebou het en die teikens het goed gelyk,entlik baie mooi.Het ook toe weer iewers begin jeuk.
Dink dit was op snipers hide

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Herlaai data 260 Remington

Post by Ponkie »

Hallo manne

Die kaliber is baie onbekend aan my. Is ek reg as ek se dis 'n 308 dop met 'n 6.5mm punt? Dit wil vir my voorkom of dit 'n goeie oes kaliber is? En vir lang afstand skiet op die baan, hoe doen hy dan? Word sy ammunisie deur PMP of van die ander make in SA vervaardig?

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Herlaai data 260 Remington

Post by Arnold »

Boeta, ek het seker al als moontlik wat op die web is oor die onderwerp gelees. Ek weet van 'n paar Suid Afrikaners wat 'n soortgelyke rondte skiet maar net met 35 grade skouers. Die ouens kan nie ophou goedpraat van hom nie. Hierdie skuts sluit ook onder ander F-klas skuts in wat 'n 142gr koeel teen so 2950 fps lanseer {31" loop} om met die 6.5-284 te kompeteer. Ek wou egter nie die roete gaan nie want dies is nie van die rak af beskikbaar nie en baie duur om te laat maak of dit vat eenvoudig net te lank.

Ponkie, ja hierdie is maar 'n 308 afgenek na 6.5mm. Kyk bietjie hoe hoog is die BC van hierdie klein silindertjies lood ... 'n 123 gr Lapua scenar het 'n BC van 0.547. Dit is beter as die 115gr 6mm koeel van Sierra en as jy opstap na .30 vgl. die 200gr matchking se BC met die van die 123gr 6.5mm.

Ammo word maar deur 'n paar maatskapye vervaardig {wat PMP uitsluit} so as jy die nommer hier in SA wil skiet moet jy maar self laai. 260 doppe is beskikbaar van Remington en Nolser maar meeste mense vorm self daoppe van of 243W of 308W bras.

Hierdie geweer gaan my 308W vervang, wat ek op sy beurt dan wil herloop na 'n 280 Rem :)
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Herlaai data 260 Remington

Post by Francois Marais »

Arnold

Sorry man, was lank van die lug af, bietjie plaas opgepas en so.........
myne laai ek 120gr MK en Nosler BT punte, skiet 3100ft/sec met 43.5gr S365,
Ek het ook 39gr S365 gelaai op die 142gr SMK. Het net n 100 punte, sorry koeels, gehad , en sal nie sommer weer van hulle koop nie, te duur vir my applikasie, maar het n goeie groep met hulle gekry.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
LN (Louis)
Full Member
Full Member
Posts: 206
Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm

Re: Herlaai data 260 Remington

Post by LN (Louis) »

Hi julle,

Het vanmiddag my 260 Rem gaan haal. 27 duim loop en 1:9 twist. Die proefdop se water inhoudsmaat is 59.2gr. Ek gaan op die oomblik met 100 & 125gr Nosler's speel, my kar se agter bearings het gegroet en kos 'n weeshuis vol geld  :'( om reg te maak, so ek kan nie nou GSC bekostig nie. Die 100gr is 71mm tot teen die lands en die 125gr 70.5mm.

Watter dryfmiddel en lading beveel julle aan? Ek het op die oomblik 335, 355 en 365 in my herlaaikas. As dit moet sal ek egter 'n nuwe blik gaan koop maar ek sal graag eers dit wat ek het wil opgebruik.

Asseblief kan die manne met QL my dalk bietjie raad gee?

Groete,
Louis
Louis.
22 Rem
7x57 Mod Mauser
260 REM
9mm Vektor
12Br x 3
16Br 9.3 x 74 Krupp Combo
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Herlaai data 260 Remington

Post by Arnold »

Probeer gerus S355, met n lading kan ek ongelukkig nie nou help nie.

Daai dop kapasiteit klink baie hoog, selfs meer as my winchester brand 308w doppe?
User avatar
LN (Louis)
Full Member
Full Member
Posts: 206
Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm

Re: Herlaai data 260 Remington

Post by LN (Louis) »

Arnold,

Dit het my ook verras. Het dit 2 k??r geweeg! Ek kon nie glo daar gaan so baie water in daardie klein doppie nie. Sal dit nou weer gaan weeg net om seker te maak ek slaan nie my naam met 'n groot plank nie.

Dankie vir die antwoord.

En daar slaan ek hom waarlik met 'n plan  :-[ :-[. Dit moet lees 49.2gr en nie 59.2gr nie
Last edited by LN (Louis) on Mon Dec 05, 2011 4:44 pm, edited 1 time in total.
Louis.
22 Rem
7x57 Mod Mauser
260 REM
9mm Vektor
12Br x 3
16Br 9.3 x 74 Krupp Combo
Post Reply