Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ambessa wrote:
...sien die landielorrietjie word weer hoog aangeskryf...
Ambessa
Oom Am, sy enjin is nou oorgedoen, so hy is sommer weer 'n plesier. Het ook 'n gelukkie gekry om 'n ekstra enjin en gearbox te kry vir hom teen R5000, met 'n Landy moet 'n man mos altyd 'n "spare" het
Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Biker
Ek stel ook belang in Uri.
Het laasjaar uigevind en as ek reg onthou was die turbolose model rondom R250 000. Laat weet maar as jy meer uitvind.
Freddie
Bel die maat van my, Werdus Smit, hy sal weet van enige goeie deals wat nog hier rond is, sy pa koop die ou karretjies op en revamp hulle, glo jy sal teen heelwat beter pryse regkom.
Wouter.
Ek het hom in Windhoek by BIKE AND QUAD CLINIC gekoop, N$ 88000.00. DALK `n bietjie duur, maar m%@!%r lekker.
Het hom in swart turf gaan ry waar `n 4x4 bakkie NIE sal ry nie en hy loop heel gemaklik daar, `n ou kan in die moddergat stop, agteruit ry en weer voorentoe ry. As jy meer wil weet kan jy my kontak.
Moenie dat die foto julle onder die verkeerde indruk bring nie.DIE PROBLEEM HIER WAS DAT DIE CRUISER SOOS GEWOONLIK NIE TEEN DIE WAENTJIE KON OPRY NIE ;D
Ja nee, wat die landy-manne nog nie aan sal dink nie, geweet daar sal een wees wat die Cruiser sal uitbuit om diesel te spaar. Gehoor die ouens neem nou landys saam om plekke waar die Cruiser sukkel, ook te kan uitkom.
Cruiser is maar 'n "image thing", en Landy "a thing of images".
ALMAL
Help asb. Ek beplan vir n dubbelcab nou watter een
1. Hy moet 2,5 ton lekker kan sleep[ EK MOET GEREELD BULLE AFLEWER] My diesel Cruiser kan dit doen maar as jy wind van vooraf kry dan is dit net 3de en 2de rat teen die hoogtes hy maak my moedeloos en ek gaan bulle sleep vrystaat en transvaal toe.
2. Hy moet luuks wees en sal as kar gebruik word.
3. Hy moet 4x4 wees en sal soms plaaswerk doen.
5. Hy gaan vrag dra vanaf dorp plaas toe
Dit is die basiese vereistes. Nou ek ken Toyota en dit is n opsie maar dan hoor ek ook dinge van die Amarok en hy voldoen ook aan die veriestes MAAR daar is twee skole van denke , die een lot seg dat hy [120kw model] baie lekker sleep en die ander lot reken sy wringkrag is nie lekker nie en jy sleep met baie ratwisseling. Moet se dat spasie binne is baie ,wonder net hoe gaan hy hou.
Ek hoor graag julle kundige opinies.
Sonder om te tegnies te raak lewer die Amarok sy 400nm in n relatiewe klein revolusieband teenoor die meeste 3.0 modelle wat hulle wringkrag alhoewel laer oor n weier toereband lewer. Dit is die rede dat jy meer in die ratte(ses ratte) met die Amarok ry teenoor die 3.0 liters(vyf ratte). Jy kan natuurlik wag vir die Ford 3.2 wat met sy 147kw en 470nm heetemal in n ander klas gaan wees. Hy is ook groter as enige iets huidig so binneruimte gaan uitstekend wees. Die Amarok is in die res van die afdelings n uitstekende bakkie.
Ek staan huidig self voor die deur van verandering so is maar net so deurmekaar!
Biker wrote:
ALMAL
Help asb. Ek beplan vir n dubbelcab nou watter een
1. Hy moet 2,5 ton lekker kan sleep[ EK MOET GEREELD BULLE AFLEWER] My diesel Cruiser kan dit doen maar as jy wind van vooraf kry dan is dit net 3de en 2de rat teen die hoogtes hy maak my moedeloos en ek gaan bulle sleep vrystaat en transvaal toe.
2. Hy moet luuks wees en sal as kar gebruik word.
3. Hy moet 4x4 wees en sal soms plaaswerk doen.
5. Hy gaan vrag dra vanaf dorp plaas toe
Dit is die basiese vereistes. Nou ek ken Toyota en dit is n opsie maar dan hoor ek ook dinge van die Amarok en hy voldoen ook aan die veriestes MAAR daar is twee skole van denke , die een lot seg dat hy [120kw model] baie lekker sleep en die ander lot reken sy wringkrag is nie lekker nie en jy sleep met baie ratwisseling. Moet se dat spasie binne is baie ,wonder net hoe gaan hy hou.
Ek hoor graag julle kundige opinies.
Groete Biker
Biker, my eerste keuse is die nuwe Ford, tweede Toy D4D.
Jou landcruiser, hoekom sit jy nie n lae druk turbo op nie.
Hi Biker,
Ek stem saam met Bywoner, die Ford sal nou ook my eerste keuse wees.
Kyk n bietjie na van die basiese specs.
Ranger: 3.2 TDCi XLT D/C 4x4 Price : R 426,900 Ford spec:
Power: 147 kW
Torque: 470 Nm
Payload: 1 049 kg
Warranty: 4yr / 120 000 km
Towing (braked): 3 350 kg
Service Intervals: 15 000 km
Wheels: 17" Alloy
Transmission: 6 speed
Airbags: 7
Water wading: 800 mm Trailer Sway Ast: Yes Voice Activation: Yes
Toyota: 3.0 D-4D Raider D/C 4x4 Price : R 412,500 Toyota spec:
Power: 120 kW
Torque: 343 Nm
Payload: 815 kg
Warranty: 3yr / 100 000 km
Towing (braked): 1 840 kg
Service Intervals: 10 000 km
Wheels: 17" Alloy
Transmission: 5 speed
Airbags: 6
Water wading: 500 mm
VW: Amarok 2.0 BiTDi 4Motion D/C Price : R 403,700 VW spec:
Power: 120 kW
Torque: 400 Nm
Payload: 862 kg
Warranty: 3yr / 100 000 km
Towing (braked): 2 800 kg
Service Intervals: 15 000 km
Wheels: 17" Alloy
Transmission: 6 speed
Airbags: 6
Water wading: 700 mm
As jy verder na die gedetaileerde spec's gaan kyk tussen die voetuie dan sal jy sien dat die Ford ho?r spec's het as die ander. Die Ford is ook die enigste een van die lot wat n Euro NCAP gradering het.
Ek het die 3.2 al gery, glo my daai enjin alleen is die prys verskil werd.
Vir die manne wat pryse op Toyota's, General Motors (Isuzu & Chev) John Deer producte soek stuur my n Pm ek het n baie goeie kontak met baie nice pryse.