Brno ZKK 601 243
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Brno ZKK 601 243
Goeie naand almal, ek wil graag hoor wat dink julle van die geweer en of daar iemand is wat die geweer en aksie ken. Dis n Brno ZKK 601 aksie in n 243 kaliber, ek kan hom kry vir n goeie prys en wil graag hoor wat dink julle van die geweer. Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Jy kan maar koop, baie goeie akkurate gewere daardie.
Kry net nie 'n aftermarket sneller vir die betrokke aksie nie - as jy kan probeer die krom sneller saammer die geweer kry - hulle het uitgekom met so 'n reguit set trigger.
Jy gaan hom geniet

Dont tell me, show me......
- Christo Els
- Sr. Member

- Posts: 430
- Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Vistok daar is niks Fout met daardie roer nie
Ek het self een.
Myne het die krom sneller op toe ek hom gekoop het, maar ek sal die set haarsneller meer verkies het.
Sit bietjie fotos op van die roer dat ons kan sien

Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Moet net nie die skroefie waarmee jy die sneller se breek stel laat verloor nie!!!! Jy wag maande vir 'n nuwe 1.
Skoonpa se reguit set trigger is si lekker lig gestel dat jy hom nie kan set nie, maar dis nie nodig nie want hy breek lekker lig en skerp.
Groete
Jaco
Skoonpa se reguit set trigger is si lekker lig gestel dat jy hom nie kan set nie, maar dis nie nodig nie want hy breek lekker lig en skerp.
Groete
Jaco
Dont tell me, show me......
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Brno ZKK 601 243
http://books.google.co.za/books?id=tuVU ... pe&f=false
Hier kan jy bietjie meer lees oor die ZKK
Cheers

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Baie dankie vir almal se terug voer, waardeur dit, sodra ek foto`s van die geweer geneem het sal ek dit plaas. Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Visstok, koop die geweer, jy sal lekker jag met hom. Die 601 is die kort aksie, 602 is die magnum aksie en die 600 is die standaard lengte aksie. Kyk langs die Brno proefmerk op die loop en/of aksie, daarlangs sal jy 2 nommers vind, bv. 78. Dit beteken die geweer is gemaak in 1978.
Ek het al 'n paar ZKK's gehad: .223 (601), 8 x 57 (600) en .458 Win Mag (602). Almal het lekker geskiet, geen probleem. Tans het ek 'n ZKK 8 x 68 (602).
Groete
Joe

6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Ek dink nou terug en onthou 2 interessante dinge van die .223 ZKK Brno wat ek gehad het:
1. Dit was nie 'n matching nommer geweer nie: aan die onderkant van die slot se grendel sal jy meestal die geweer nommer ook vind, of net die laaste 3 of 4 nommers. My .223 se nommers was so 5 of 6 verskillend van die nommer op die loop. Hoe die slot omgeruil is, kan net oor gespekuleer word. My raaiskoot was dat die slotte omgeruil geraak het terwyl die gewere uitgepak is by die winkel. Dit was egter nie 'n probleem nie, die geweer het goed gegroepeer, 'n raps onder 1 MOA op 100 meter as ek reg onthou, nadat ek die volgende probleempie uitgesorteer het:
2. Aanvanklik wou die geweer nie groepeer met Barnes X "Gen 1" 52 gr koeels nie. 2 skote was by mekaar, en dan sommer 'n flyer in enige rigting. My gevoel was dat daar 'n raakpunt was tussen die kolf en loop wat die flyer veroorsaak soos die loop warm word. Toe ek die geweer uitmekaar haal, vind ek die volgende: Iemand het die loop "ge-bed" deur putty met tin foil bo-oor in die laai van die kolf te plaas. Ek het die gemors gou skoon gemaak en sommer die loop 'n bietjie "ge-free-float" deur die laai te skuur met skuurpapier, totdat die loop nie meer aan die hout raak nie. Gou terug skietbaan toe, probleem uitgesorteer, mooi groepeering.
Ek het my oorbietjie met hierdie geweer gejag, sien hier http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=8
Nog 'n ander ding: Die ouer ZKK Brno's het 'n baie oulike "pop-up ghost-ring sight" in die brug van die aksie. Hierdie "feature" is hier 1974/5 gedrop, seker om kostes te spaar. Brno versamelaars is gewoonlik op soek na hierdie ouer tipe ZKK's.

Last edited by JoevR on Tue Nov 29, 2011 9:39 pm, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Joe
Ek het so 'n ou versamelstukkie met die gostring by Gerrie Coetzee raakgeloop - heel toevallig en blood per geluk - dadelik vasgemaak en 5 jaat later die lisensie op skoonpa se naam deurgekry.
Die 243 het nog nooit 'n teleskoop op gehad nie en is in 'n puik toestand - die oom het hom as deel van kn "set" lookalike Brno's gekoop en bittermin gebruik. Absolute score!!!!
Sondag weer gekyk - hy skiet konstant onder 1" op 100m
LEKKER!!!!
Ek het so 'n ou versamelstukkie met die gostring by Gerrie Coetzee raakgeloop - heel toevallig en blood per geluk - dadelik vasgemaak en 5 jaat later die lisensie op skoonpa se naam deurgekry.
Die 243 het nog nooit 'n teleskoop op gehad nie en is in 'n puik toestand - die oom het hom as deel van kn "set" lookalike Brno's gekoop en bittermin gebruik. Absolute score!!!!
Sondag weer gekyk - hy skiet konstant onder 1" op 100m
LEKKER!!!!
Dont tell me, show me......
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Julle maak my sommer baie opgewonde oor die geweer! Ek het die geweer nog self nie gesien nie, wou eers hoor wat dink julle van die geweer, ek gaan binne kort na hom kyk en dan is dit die wag met die lesensie! Die geweer het op die oomblik n Tasco 3-9x40 teleskoop op, wat sou julle betaal vir so geweer met teleskoop as hy in goeie toestand is wat ek glo hy sal wees? Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Fantasties 243Songdaug, dis 'n lekker Brno wat jy daar het! Ek is mal oor enige Brno. Ek het 'n oulike 8 mm Brno versamelingkie: 8 x 57 S Model 21 (Lepelslot) Brno, 'n 8 x 60 S ZG 47 Brno en dan die ZKK 8 x 68 S. Met hierdie drie 8 mm's kan ek alles jag wat ek kan bekostig.
Visstok, as jy opgewonde is en nie kan wag nie, dien ook 'n artikel 21 Tydelike Magtiging aansoek in. My vinnigste Tydelike Magtiging was goedgekeur in een week' die langste was 4 weke. Jy het jou geweer, geen frustrasie van lank wag, jy kan onmiddelik skiet dat die rook staan!

Last edited by JoevR on Tue Nov 29, 2011 11:53 pm, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Visstok,
Koop hom maar, jy sal baie teleurgesteld wees en dan vat ek hom maar by jou oor.....

Ek het so ZKK in 'n .308...skitterend.
Cheers
Koop hom maar, jy sal baie teleurgesteld wees en dan vat ek hom maar by jou oor.....
Ek het so ZKK in 'n .308...skitterend.
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Visstok, ek sien nou jou vraag oor prys. Ja, 2de handse gewere se prys het maar opgegan die afgelope paar jare. Weg is die dae toe die 2de handse mark "ge-flood" was van manne wat nie wou herlisensieer nie. Ek moes toe meer gekoop het ...
Ek kyk nou in Des. se Magnum, Classic Arms verkoop 'n Brno in .22 Hornet vir R 7 500. Weet nie of hy scope op het nie. Se maar
R 7500.00 is "ball-park", bo dit duur en teen R 4000.00 - R 5000.00 'n bargain van 'n lewe!
Groete
Joe
Ek kyk nou in Des. se Magnum, Classic Arms verkoop 'n Brno in .22 Hornet vir R 7 500. Weet nie of hy scope op het nie. Se maar
R 7500.00 is "ball-park", bo dit duur en teen R 4000.00 - R 5000.00 'n bargain van 'n lewe!
Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Ek kan hom met die teleskoop kry vir R6500 en 2 takbokke vir die persoon wat vir my die geweer gesoek het! Vertel bietjie meer oor die tydelike magtiging asb? Baie dankie vir almal se insetsels! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Visstok, dit is 'n "sweet deal" met alles ingesluit, gryp!
Jy doen die Tydelike magtiging aansoek op SAPS 518 vorm kyk op www.saps.gov.za onder Firearms vir die vorms. aansoekfooi is
R 140.oo, 2 kleur ID foto's, en motivering oor hoekom jy die wapen onmiddelik benodig. Sportskiet werk goed, heg skietklub se program vir volgende jaar aan en se jy wil aan aldie oefeninge/skietkompetisies deelneem. Vir jag, kry brief van eienaar dat die takbokke onmiddelik gejag moet word vir 'n goeie rede. Laat die brief of briewe van eienaars se dat jy reeds die jagte bespreek het met datums en dat jy deposito's betaal het. Op die vorm moet jy invul die tydperk van die tydelike magtiging, hoe langer, hoe beter. Hopelik kom die lisensie deur voordat die tydelike magtiging verval.
Dien eers die lisensie aansoek in, daarna die tydelike magtiging. Heg kwitansie met verwysingsno van lisensie aansoek aan aansoek van tydelike magtiging.

Last edited by JoevR on Tue Nov 29, 2011 11:35 pm, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Baie dankie, ek sal my pa vra om brief oor die takbokke te skryf, sal seker nie lekker werk as ek self die brief skryf nie. Kan ek nie by mense by wie ek jakkalse jag ook briewe kry nie, of moet ek van die probleem dier beheer wegbly? Ek behoord nie aan n skietklub nie, dink jul dis raadsaam om by een aantesluit? Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
- Superdup
- Full Member

- Posts: 130
- Joined: Tue Jul 13, 2010 9:01 am
Re: Brno ZKK 601 243
Goeie dag
Net om gou weer terug te kom na die geweer self, koop die ding, ek het myne vir 'n bargain gekry.............free...........
.beste "koop" ooit.
Hy is nou nie die mooiste roer in die kluis nie, maar hy gooi baie mooi en as werkende geweer die beste.
Kyk bietjie hier: (So lyk myne met sy Gavin Smith KD op)
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=1

Howa 243 AI , Howa 7mm RM , Sako.338 WM , Brno .22LR , Remington 12br Semi-auto , Beretta 9mm Short
".............. I'm a hunt saboteur. I go out the night before and shoot the fox." - Tim Vine
".............. I'm a hunt saboteur. I go out the night before and shoot the fox." - Tim Vine
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Visstok, ja mens moet ook maar nie te veel "bullshit" nie, doen dit oordeelkundig, die SAPS bel dalk moontlik die nommer op die brief om jou storie te bevestig. Probleem dier beheer is 'n wettige gebruik van 'n vuurwapen, gebruik dit as motivering, die jakkies moet moes uit die pad gejaag word so baie is daar by julle, hoe meer regte briewe hoe beter.visstok wrote: Baie dankie, ek sal my pa vra om brief oor die takbokke te skryf, sal seker nie lekker werk as ek self die brief skryf nie. Kan ek nie by mense by wie ek jakkalse jag ook briewe kry nie, of moet ek van die probleem dier beheer wegbly? Ek behoord nie aan n skietklub nie, dink jul dis raadsaam om by een aantesluit? Groete visstok
As jy hou van baie skiet, sluit by 'n geakkrediteerde skietvereeniging aan, sodat jy kan kwalifiseer as Sportskut i.t.v. die Wet op Vuurwapenbeheer. Nou kan jy meer as 4 lisensies kry, die "sky is the limit" ook semi-outo geweer en haelgeweer.
Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Brno ZKK 601 243
Haha dis nie ?bullshit? nie, die takbokke gaan by ons geskiet word so my pa is die wettige eienaar van die bokke. Ek dink tog ek moet by n skietklub aansluit, die probleem is net my werk, ek werk as n meulenaar en werk skofte, die meule hardloop 24/7 so eks net elke derde naweek af, sal nie baie saam die manne kan skiet nie. Baie dankie vir die raad! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet