Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
BILTONG:
dIE OUENS WAT NIE PASMAAK ROERE VAN VOOR AF BOU NIE , IS DIT DIE ROETE WTA HULLE VAT, MITS, DIE LOOP LANK GENOEG IS VIR KAMER, MAAR VRA JOU GEWEERSMIT---EEN WAT GRAAG VIR JOUW IL WERK--- DAAR IS TE VEEL WAT NET AANDAG AAN SY EIE GEWEER GEE EN DIE RES AFSKEEP AS MASSA PRODUKSIE WERK EN K2K AANJAAG MET JOU GEWEER EN NIE DOEN WAT JY VRA NIE...
SORRY DIS NIE WAT JY GEVRA HET NIE, JA DIT KAN GEDOEN WORD...LAAT WERK NET ASB BY IEMAND WAT JOU GRAAG WIL HELP EN WIE SE WERK SO IS ASOF HY DIT VIR HOMSELF DOEN...
GROETE
JACQUES
Die 6xc se kamer/dop is mos korter as die .243. Die geweersmid sal dus die loop moet verkort en die kamer oorsny. Kan julle iemand aanbeveel wat dit al gedoen het of kan doen, sodat ek met hom kan gesels?
Vriend van my se geweer is nou tans by Oom Ludy Starke in die Kaap. Volgens wat ek van hom hoor by die manne soos Jaco Brink en Oom Jimmy is hy nogals baie goed. Ek sou hom aanbeveel.
Luister maar die ander manne se opinies.
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Nee Nie in Bloem nie Try Kroonstad ek verneem die man doen nogal moeite met sy werk ens.
Ek weet nie of jy Kevin wil Probeer nie, KEvin Healy is lank in die land hier is al n man of 2 wat by hom laat werk het,
groete
Jacques
Weet iemand dalk of dit moontlik is om 'n bestaande .243w te laat ombou na 'n 6mm XC? Dis om vir veldskiet te gebruik.
Sou reken dis moontlik,hou egter die volgende in gedagte......
Die 6XC's wat so mooi skiet en v/d kompetiesies wen, dis gewere wat doelgebou word om mooi te skiet, regte aksie, match loop, met al die 'tricks v/d trade' tussenin. Mens is baie geneig om te dink dis die kaliber wat al die werk doen, maar ek reken jy kan enige kaliber laat bo normaal goed skiet met die platform (aksie,loop en die kitchen zink). Voor jy daardie 243 verander, spandeer dieselle som geled om hom bietjie op te tof, en jy gaan moontlik n groot verassing kry, of bou vir jou n propper XC v/d grond af.....
Mens is baie geneig om te dink dis die kaliber wat al die werk doen, maar ek reken jy kan enige kaliber laat bo normaal goed skiet met die platform (aksie,loop en die kitchen zink).
.............geneig om saam te stem(ek stem nie sommer saam nie), die man wat die job doen is gewoonlik die triek.
Francois
Sal 'n man die 308BR doppe kan gebruik om 6XC of LRK(6 Super) doppe van te kan maak? Reken die LRK is die makliker ene.
Francois,
Die rede waarom ek dit oorweeg is eerder vanuit 'n koste oogpunt sodat ek nie 'n nuwe geweer hoef te bou om 'n XC te kan skiet nie. Tans is ek baie gelukkig met my standaard .243 se akkuraadheid van 12-15mm groep op 100m en skiet binne 40-50mm groep op 300m. Om goed te doen in die veldskiet glo ek moet ek eers baie werk aan my eie skietvermoe voor 'n spesialis geweer 'n verskil gaan maak. Ek oorweeg die XC omrede dit bykans dubbel die looplewe behoort te gee en ook meer effektief met dryfmiddel en doplewe.
As mens vandag 'n goeie varminter geweer in .243 van die rak af kan koop en omskep in 'n XC, behoort jy 'n hele klompie rande te spaar teenoor die pasmaak opsie.