Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het die naweek gaan springbok oes (voorsit dag jag) saam met 'n paar maats en kry toe mos laasweek die vreeslike jeuk om vir die 6mm 'n stel slippers (KD) te maak.
Wel, die KD was Donderdag oggend klaar en toe maak hy so toe ek hom op 300m toets.
Die oes het ook mooi geloop en ek kon darrem 23 bokke laat val met hom. Wat my regtig beindruk het, was hoeveel makker die bokke is as die skoot loop, en hoeveel van hulle dan nog bly staan sodat jy 2 of selfs 3 bokke kan skiet voor hulle op die vlug slaan.
Ek sal nie sommer weer sonder 'n KD voorsit jag nie!
Dis nou mooi gegooi op 300m, Ek sien die manne werk oral aan slippers, pantoffels en wat nog ook al, en ek hou daarvan as manne self n ding kan doen. Na die herlaai kursus die naweek wat ek gesien hetkan Clarence nou nog rustig slaapmaar mag dalk in die toekoms slape lose nagte ontwikkel
Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
Ja ek het die KD self gebou en gebruik K-Baffles wat ek so bietjie aangepas het soos ek dink hulle behoort te lyk. die buis is van vlekvrye staal, die voorkant, agterkant en eerste baffle is van staal en die res is aluminium.
Hy is nou nie juis lig nie, maar doen presies wat ek van hom verwag.
Ek sal 'n foto neem en opsit.
Piet, met daardie gewig voorop 'n 28 1/4" loop is sy balans sommer lekker af om die minste te s?. Ek glo nie ek sal met hom veldskiet doen nie, dit is mos juis oor die gewig en balans wat ek my loop dunner gesny het en die demper sal dit net alles bevoeter. Vir voorsit jag het hy egter 'n ere plekkie voor op my loop.
bs
ERX, Net die masjinering, ja
Die k-baffles is nie 'n nuwe uitvindsel nie en word in baie knaldempers gebruik. Ek het myne so klein bietjie ge "modify" soos wat ek gedink het hulle beter sal werk.
Ek het geen eksperimente uitgevoer om te kyk wat werk beter nie, hy is bloot gemaak op "gevoel" die 2 dae voor 'n oes-jag en die oggend voor ons vertrek het opgesit en getoets.
Sekerlik nie die ligste KD op die mark nie, maar hy is effektief en werk vir wat ek hom voor sal gebruik.
dit is mooi, is daar nie een reeds in voorrad vir my "nuwe" 22-250 nie. Ek het vandag besef hoekom ek vir al my gunne KD's moet he. Dit is soveel beter op my ore.
1x14mm skroefdraad as ek voorskriftelik mag wees.
ps; aluminium as seker ook werk.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.