Die
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Die "beter" 243Win?
Ek dink Willem Botha was ook op stadium besig om met een te speel
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

- Nuweseun
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm
Re: Die "beter" 243Win?
Hoe gaan jy te werk om 'n XC in die hande te kry? Watse loop, aksie, kolf ens. Wie is die regte mense om een by te laat bou?immelmanw wrote: Wat het dan nou van die xc geword?
Norma doppe van die rak af
100 de reamers in SA beskikbaar
Wat meer wil n man he? Of wil jy maar net se........ek het iets anders?
Dit klink na 'n bitter lekker kaliber!!
Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
-
immelmanw
Re: Die "beter" 243Win?
Christo wrote:is soms deel van die lekker.....immelmanw wrote: Geen fireforming nie.......dis lekker
Moet 'n mens die lisensies ens. verander, hy kan mos maar .243 bly, of het ek dit mis?immelmanw wrote: Jou headstamp is reg op dop......niks moeilikheid op grens
Yip, jy moet lisensie verander. Jou geweer moet weer geproef word ens. Almal doen dit net tot die Boere eendag by jou huis instap......selfde oortreding as n onwettige vuurwapen......nie die moeite werd nie!
My 243 skiet nou 243mm groeperings, dalk is dit die m..er wat die geweer vashou, dalk is dit nie die m..oer nie maar die loop, dan sal ek moet vervang en dit kan sekerlik 'n uitkoms wees. Lyk op die foto amper asof 'n gewone .243 win dop ook sal pas?immelmanw wrote: By the way, ons het dies redding type s vir die 6mm Super lr.........kry vir julle!
Iemand prys op so werkie? "Loop koop, sny en fit en sommer die slot/aksie polish", en is dit die moeiete werd om 'n Brno te doen.
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1385
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Die "beter" 243Win?
Manne
Raak so bietjie deurmekaar. Het .243 wat ek gedink het wil ackley.
Met die hoofdoel jakkalsjag. Dink julle die Ackley is nog steeds beter vir hoe spoed met ligte koeels of kan mens dieselde met 6mm slr doen.
Het nie iewers gesien ( of dalk het ek dit gemis) wat die slr met ligte koeels kan doen nie.
Groete Freddie

yol bolsun
-
immelmanw
Re: Die "beter" 243Win?
Ok ok okJohan JvR wrote: Yes manne
Ek het nounet met Willem Jordaan gepraat oor sy 6mmSuper. Ek was verkeerd - die kaliber is vinniger as die standaard 243win.
Hy vertel dat dopvolume 1gr minder is as die standaard 243win en dat hy 95gr koele teen 3200fps skiet. Van die doppe het hy nou al 8 keer herlaai sonder enige probleme soos dougnuts ens.
groete
Klink vir my soos n geweer wat wens hy was n XC In die XC gooi ons 3 grein minder as STD 243, ek skiet op n MILD MILD lading 95gr teen 3200 f/s dan skiet ons ook die doppe 8 keer, EN DAN HOEF ONS NIE TE FIREFORM NIE!
XC XC XC! Nou weet julle hoekom die XC op baie kompetisies tot 7 uit die TOP 10 wenners is!
Kom ons sluit dit af! Paul Botha skiet tans met n 6mm SUPER LR..........van Gerrie af, RAAI WAT BOU ONS NOU VIR HOM.....................julle het reg geraai XCXCXCX
Wat bou ek vir Piet Breedt XCXCXCCXCX
Wat bou Jan Coetzee XCXCXCXXC
Wat bou Andre Volschenk (nog een) XCXCXXCXCXC
Ek grap net....al die kalibers is seker nice!
-
immelmanw
Re: Die "beter" 243Win?
Gedink julle manne sal van die foto hou, dit het ek op die Limpopo Ope geneem terwyl ons ingeskiet het.
Die ander is onlangs geneem, die klein groep is 5 skote op 200meter Andre Voslchenk XC 95gr Berger VLD
Die ander foto is 5 skote 350 meter XC, 95gr Berger VLD!
Groete
Willem

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Nuweseun
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm
Re: Die "beter" 243Win?
Willem, kan jy my bietjie in di regte rigting stuur, dit lyk my jy is 'n groot XC man, met wie kan ek gesels om so ietsie aanmekaar te sit? Ek wil graag meer uitvind.
Groete
Renier
Groete
Renier
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
-
immelmanw
Re: Die "beter" 243Win?
Hi renier, sorry man ek het jou vorige post gemis, mail my by willem@safariandoutdoor.co.za dan gee ek jou volledige antwoord, ons is besig om so 8 xc gewere op remington 700 aksies te bou wat van die rak af te koop gaan wees. Ek is nie so seer xc man nie, het net al baie skoolgeld betaal, ackley, 6x284 ens ens....het nou my 3 de xc gebou en dit lyk my maar na die beste balans. Let wel daar is 100de kalibers wat hom kan klop"......maar ek se weer, beste balans!
- Johan JvR
- Hero Member

- Posts: 617
- Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am
Re: Die "beter" 243Win?
Willem - XCXCXCXCXCXCXCXCCC
Probeer dit bietjie s? as jy getrek is...

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Die "beter" 243Win?
Nou wat van die 6-6.5x47 Lapua?

-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: Die "beter" 243Win?
Arnold
Ek het vir vir 4 jaar die 6x47 Lapua geskiet. Sonder om in 'n oneindigende "beste kaliber" gesprek betrokke te raak kan ek onomwonde verklaar dat die dop vir my persoonlik die beste antwoord was vir die doel. In my geval was die doel(behoefte) 'n effektiewe (lees min as moontlik kruit= beter loop leeftyd, goeie spoed) en super akkurate dop vir langafstand werk. In elke area werk hy absoluut uitstekend, 107gr SMK teen 3050fps met 37gr S365, 108gr Berger @ 3070Fps met 37gr S365, 69gr Berger @ 3720fps met 40gr S355 (warm lading) ens.
Ek het destyds gesukkel om doppe te kry, het op die einde 111 doppe gekry uit 'n deal met invoer van doppe saam met 'n maat van my. Die doppe en die loop het so 1800 skote gedoen. Wat loop leeftyd aanbetref is dit dalk nie alles wat ek verwag het nie, maar as ek met die "bore scope" deur ander manne se .243's gekyk het met heelwat minder skote (circa 900) dan wys dit duidelik dat hy heelwat beter gaan vaar as 'n .243. Realisties behoort 2000 skote haalbaar te wees vir sub MOA verrigting, maar nie .25 MOA nie.
Hierdie is egter nie 'n 6BR nie, myns insiens is niks gelykstaande aan 'n 6 BR nie, in elk geval nie vir my behoeftes, wat meesal nagskiet en dagskiet tot op 400 meter maksimum inhou nie. Elke ou se omstandighede en behoefte verskil, vir my persoonlike behoefte is die BR onoortreflik, in alle areas.
Soos al tot vervelens toe genoem is op die forum, die "ultimate" kaliber en dop is maar die een wat vir jouself die "ultimate" verrigting bied.

- Vantheman
- Full Member

- Posts: 222
- Joined: Wed Aug 24, 2011 8:06 am
Re: Die "beter" 243Win?
Dags?
Ek soek gister op Savage se website vir 'n 243. Kom toe op 'n 6mm Norma BR af. Is dit dieselfde as die 6mmBR waarvan julle manne hier praat?

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Die "beter" 243Win?
Willem / enigeen wat 'n antwoord het
Ek en Christo wil steeds weet: Is daar wapensmede wat 6mm SLR / Super reamers het? Wat is die koste op so 'n herkamer joppie?
Die 6mm SLR lyk vir my na 'n goeie opsie weens die dop-besparing. Al is sommige van hierdie ander wildcats fraksioneel beter met ligter koeels...
Die ander vraag: Sal 'n Santa Barbera / BRNO aksie die ding doen / dit die moeite werd wees met so 'n SLR loop?
Ons hoor graag!
Hein

Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Die "beter" 243Win?
Dit is presies wat ek wou hoor, dankie DawieDawie Blaauw wrote: Hierdie is egter nie 'n 6BR nie, myns insiens is niks gelykstaande aan 'n 6 BR nie, in elk geval nie vir my behoeftes, wat meesal nagskiet en dagskiet tot op 400 meter maksimum inhou nie. Elke ou se omstandighede en behoefte verskil, vir my persoonlike behoefte is die BR onoortreflik, in alle areas.
- Vantheman
- Full Member

- Posts: 222
- Joined: Wed Aug 24, 2011 8:06 am
Re: Die "beter" 243Win?
Dankie Ludwig...
As ek dan so kan vra, sal julle manne s? die 6BR is beter as die standaard 243?
As ek dan so kan vra, sal julle manne s? die 6BR is beter as die standaard 243?
-
immelmanw
Re: Die "beter" 243Win?
Dr Rix......jy ken mos ballistics beter as enige van ons en weet die 6x47 is n wannabee XC!Arnold wrote: Nou wat van die 6-6.5x47 Lapua?
![]()
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Die "beter" 243Win?
Hallo Hein
Om jou vraag te beantwoord oor of jou slotaksie sal gepas wees vir die 6mm SLR. Dit is dieselfde as om n Ferrari enjen in n Carrolla in te bou. Dit gaan jou furstreer om die potensiaal van die enjen te he en dit nie te kan gebruik nie. As jy die roete gaan doen dit eerder reg van die begin af en kry jou grondslag reg.
Die kostes van n nuwe kamer sny is tweevoudig. Dit is vir die gebruik vir die reamer plus die arbeid vir die werk. Die arbeid gaan seker in die omtrek van R500-R600 toe wees. Wees versigtig om nou nie weer die Corrolla mechanic te wil gebruik op die Ferrarri enjen nie!
Groetnis
Wout

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Die "beter" 243Win?
Wouter,Wouter Roets wrote: Hallo Hein
Om jou vraag te beantwoord oor of jou slotaksie sal gepas wees vir die 6mm SLR. Dit is dieselfde as om n Ferrari enjen in n Carrolla in te bou. Dit gaan jou furstreer om die potensiaal van die enjen te he en dit nie te kan gebruik nie. As jy die roete gaan doen dit eerder reg van die begin af en kry jou grondslag reg.
Die kostes van n nuwe kamer sny is tweevoudig. Dit is vir die gebruik vir die reamer plus die arbeid vir die werk. Die arbeid gaan seker in die omtrek van R500-R600 toe wees. Wees versigtig om nou nie weer die Corrolla mechanic te wil gebruik op die Ferrarri enjen nie!
Groetnis
Wout
Dankie! Sal akkuraatheid of die sterkte van die Corolla
Is die "aangepaste dop" dan soveel van 'n verskil?
My huidige Corolla (met sy 243-loop) is nie te bad nie.
Ek is 'n leek op die gebied en hoor graag!
Mooiloop!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Die "beter" 243Win?
Oom Willem, ek hoor wat jy s? en ek moet nog bietjie met die syfers speel om te sien wie wen.
Oom Wouter, ek hoor wat jy s? oor die Corolla maar sal dit n verskil maak vir die gewone ou? Ek meen, wat is die verskil tussen n ge-blueprinte Rem700, Howa of Brno aksie? Regverdig die doel van die geweer n R15000 se aksie?
Ek luister verder hier by die radio ...
Oom Wouter, ek hoor wat jy s? oor die Corolla maar sal dit n verskil maak vir die gewone ou? Ek meen, wat is die verskil tussen n ge-blueprinte Rem700, Howa of Brno aksie? Regverdig die doel van die geweer n R15000 se aksie?
Ek luister verder hier by die radio ...
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Die "beter" 243Win?
Hallo Manne
Ek het vandag ook met Louwrens heiroor gepraat. Daar gaan meer werk in n kaliber soos hierdie. Jy doen dit nou alles net om gekortwiek te word deur jou platvorm. Ek se geensins om nie een van hierdie spesailis en hoe-die-dooda kalibers te kry nie maar indien jy daarop besluit pasop net vir teleurstelling indien jy die volle potensiaal van die rondte wil ontsluit en die kompenente laat die kaliber in die steek. Ek dink die voorbeeld van die Carrolla is bitter goed van pas hier. Jy kan verseker die carrolla op dollie met al wat n ekstra en hy gaan nie te sleg vaar nie maar sit hom nou teen n Ferrari met dieselfde enjen en kyk wat gebeur om n baan.
Ek skiet geen aksie af nie maar elkeen het sy sterk en swak punte en die Santa Barbera het ek nog nie by die F klas ope gesien nie! Hierdie kalibers is grotendeels gemaak vir een ding en dit is akkuraadheid. Ek sien nie verbetering in spoed nie. As dit gaan oor doplewe is 40 grade skouers die antwoord en nie 30 grade nie. So waarvoor al die moeite net om nie al die voordele van die rondte te realiseer nie? Daar is dan meer praktiese keuses in my oe. Om oor die akkuraadheids potensiaal van die controlled round feed sisteme teenoor die pushfeed te praat gaan ek nie doen nie ons almal weet watter een het die meeste potensiaal.
Ek skiet niemand af as dit by die goed kom nie, ek het self gaan staan en die 6,5 Creedmore koop op die Ruger aksie! Ek koester net nie te hoe verwagtige van die kombinasie nie. Was maar te skaam om n 308 te koop!
Groetnis
Wout
Ek het vandag ook met Louwrens heiroor gepraat. Daar gaan meer werk in n kaliber soos hierdie. Jy doen dit nou alles net om gekortwiek te word deur jou platvorm. Ek se geensins om nie een van hierdie spesailis en hoe-die-dooda kalibers te kry nie maar indien jy daarop besluit pasop net vir teleurstelling indien jy die volle potensiaal van die rondte wil ontsluit en die kompenente laat die kaliber in die steek. Ek dink die voorbeeld van die Carrolla is bitter goed van pas hier. Jy kan verseker die carrolla op dollie met al wat n ekstra en hy gaan nie te sleg vaar nie maar sit hom nou teen n Ferrari met dieselfde enjen en kyk wat gebeur om n baan.
Ek skiet geen aksie af nie maar elkeen het sy sterk en swak punte en die Santa Barbera het ek nog nie by die F klas ope gesien nie! Hierdie kalibers is grotendeels gemaak vir een ding en dit is akkuraadheid. Ek sien nie verbetering in spoed nie. As dit gaan oor doplewe is 40 grade skouers die antwoord en nie 30 grade nie. So waarvoor al die moeite net om nie al die voordele van die rondte te realiseer nie? Daar is dan meer praktiese keuses in my oe. Om oor die akkuraadheids potensiaal van die controlled round feed sisteme teenoor die pushfeed te praat gaan ek nie doen nie ons almal weet watter een het die meeste potensiaal.
Ek skiet niemand af as dit by die goed kom nie, ek het self gaan staan en die 6,5 Creedmore koop op die Ruger aksie! Ek koester net nie te hoe verwagtige van die kombinasie nie. Was maar te skaam om n 308 te koop!
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
immelmanw
Re: Die "beter" 243Win?
[quote="Arnold"]
Oom Willem, ek hoor wat jy s? en ek moet nog bietjie met die syfers speel om te sien wie wen.
Oom Wouter, ek hoor wat jy s? oor die Corolla maar sal dit n verskil maak vir die gewone ou? Ek meen, wat is die verskil tussen n ge-blueprinte Rem700, Howa of Brno aksie? Regverdig die doel van die geweer n R15000 se aksie?
Ek luister verder hier by die radio ...
Sjoe Dr Rix.......vra die ou wat n Stiller Predator skiet sulke vrae........
Oom Willem, ek hoor wat jy s? en ek moet nog bietjie met die syfers speel om te sien wie wen.
Oom Wouter, ek hoor wat jy s? oor die Corolla maar sal dit n verskil maak vir die gewone ou? Ek meen, wat is die verskil tussen n ge-blueprinte Rem700, Howa of Brno aksie? Regverdig die doel van die geweer n R15000 se aksie?
Ek luister verder hier by die radio ...
Sjoe Dr Rix.......vra die ou wat n Stiller Predator skiet sulke vrae........
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Die "beter" 243Win?
Willem, ek stry nie maar party ouens soek n corolla om van punt a tot b te ry.
Baie manne laat bou gewere op rem700 en rsa aksies wat getrue is. Gaan daar dan n wesenlike verskil wees as mens n brno of howa aksie gebruik wat dieselfde treatment ontvang het?
Wouter, jy het n paar wildcats op ruger aksies. Is die akuraatheid dan nie goed nie?
Onthou, meeste ouens gaan nie BR of f-klas met die roere skiet nie. Konstante 0.5~0.75" groepe is vir baie van ons meer as genoeg en dan het jy nog n "ongewone" kaliber om mee te brag.
As ek eendag weer tyd het sal ek vir my cz550 wat getrue is n lading uitwerk en hier kom terugvoer gee. Ek het baie hoop aangesien ek darem al so bietjie potensiaal gesien het met 4 skote so wyd versprei soos 'n R5 munt en dit op 300m.
Tog is ek op die uitkyk na die volgende custom aksie wat ek vir 'n 6BR kan gebruik waarmee ek die nuwe hybrids van berger mee wil skiet

Arnold.....nou gaan die manne my kruisig.....voor julle dit doen, ek het baie Mausers en alles het hul plek......maar uit beginsel uit nie n xc of br op mauser aksie nie, lyk nie reg nie!
Selfde as wat Dok Craven in sy graf omdraai met Bolla Conradie of January op skrumskakel....of moet ek se Earl Rose op loskakel...........
Cheryl van Niekerk (oom chris se x) het baie jare almal se gat geskop in f klass met haar 250 koevoet op n mauser aksie gebou!
Selfde as wat Dok Craven in sy graf omdraai met Bolla Conradie of January op skrumskakel....of moet ek se Earl Rose op loskakel...........
Cheryl van Niekerk (oom chris se x) het baie jare almal se gat geskop in f klass met haar 250 koevoet op n mauser aksie gebou!
-
immelmanw
Re: Die "beter" 243Win?
Dawie......ek aanvaar jy sal dan deel uitmaak van die gedugte Namibiese span wat kom Veldskiet.......hoe het dit toe op die naweek se skiet gegaan?
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Die "beter" 243Win?
Arnold
Moet my nou nie verkeerd verstaan nie. Jy kan n werksgeweer van hierdie kalibers maak met beter akkuraadheids potensiaal as die 243. In die meeste gevalle gaan jy spoed inboet vir hierdie beter akkuraadheid. Gebruik n inhirente swakker akkurate aksie en jy is weer terug by die oorspronklike akkuraadheidspotensiaal van die 243. Nie vir my die moeite werd nie maar dit is net my opinie.
Daar is n akuraadheids verskil tussen Rem700 en Howa(wat maar basies dieselfde aksie is) en al die aksies wat geskoei op die K89. Niemand kan daaroor stry nie. Die meeste van my aksies is in staat 0.5" duim groepe maar dalk nie 0.25" nie. Dit is waar hierdie nommertjies inkom nie waar nie? Wanneer n mens konstand na daai tipe akkuraadheid streef moet jou aksie ook gepas wees. Dit is al wat ek se. Ek is nie n papier skieter nie maar wel n jagter en indien ek iets anders soek is dit gewoonlik n bietjie meer spoed by om die kaliber n bietjie meer versitile te maak. As daai voordele gepaard gaan met iets wat nog meer inhirent akkuraad is, is dit vir my n win-win situasie.
Groetnis
Wouter