Hierdie is die snaakste nog.

User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Hierdie is die snaakste nog.

Post by James Wilson »

kyk party mense is regtig vreemd. my pa sou gese het koddig. hierdie kerel is werklik opgewonde, maar hy is nie seker waaroor nie.  ek wou kommentaar lewer, maar hel party goed is nie die moeite werd om oor kommentaar te lewer nie. n mens se openente moet darrem ook waardige teenstanders wees.  my vrou se sy dink Leon Shuster het die ding gemaak om iemand te vang. sy kan aan geen ander logiese verduideliking dink nie.    verbale diaree.  maar  nogtans snaaks as n mens eers oor jou eie ongeloof kom van wat jy hoor. ek sou se dis n mengsel van komunisme  die hippies en n moerse klomp dagga.


http://www.youtube.com/watch?v=yOtW3jn3LUA
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Geno »

Ek reken dis meer as net dagga. Hy't miskien 'n helse klomp tik ook gelek voor hy die video gemaak het.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Hugov »

Hy moes dit seker als eers in sy kouse gegooi het en toe gerook het.  :-X
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Kallie404 »

Wat n onrealistiese p@@phol !!! Ek kan nie glo daar is jong mans soos hy wat klaar blyklik op n plaas bly wat so naief is nie!! Soos die engels man se "mind blowing"
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Dawie D »

Green peace gaan hom voorsitter maak hy pas perfek by hulle ;D
As ek jou sien gaan jy val
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Vosman »

Kyk, dis goed om om te gee vir die natuur en ons almal stem saam daaroor, maar daar is 'n paar gate in die man se argumente. Dalk moet by sy bakkie vol laai met hulle boom se oortollige vrugte en opry in afrika om dit te versprei, hy behoort dit te kan finansier met sy gelyke geldeenheid oor die aarde. Pick & Pay verbrand eerder die oortollige kos, want hulle sal dit nie vir die armes gee nie anders maak hulle 'n verlies WTF? Gee vir die armes kos wat dalk verval het dan is jy met jou goeie hart op carte blance omdat hulle vrot kos kry? Dalk moet almal net 'n bestaansboedery voer dan gaan dit lekker gaan soos ons buurland? as daar nie "geldgierige" kommersiele boere is nie, wat gaan ons arme siele in die stad eet, want sy selfbestaans boerdery het nie genoeg vir hom, sy agtergeblewe kind, die jakkalse, vlakvarke en muise nie? Gelukkig gaan ons een geldeenheid he wat hierdie probleem oplos. Dink julle hy gaan hom bearbei dat die belastings ook gaan verdwyn?

Ek glo nie dis iemand op die forum nie, ek hoop ook nie dis iemand se familie nie. Maar om jouself ekonoom te hou deur 'n voorblad op 'n koerant te wil bespreek dink ek jy doen jouself skade.

Dalk is ek bietjie oor sensitief?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Gerhard »

Het nie geweet die groente boere kry ook skade agv jakkalse nie...

Daar gaan n hele nuwe skiet mark oop vir my. Wonder net wat se roep metode ek moet gebruik...  ;D ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Beretta »

Ek sal graag wil weet waar boer die ekonoom want ek wil graag my stuk grond gaan vat by hom vir kos ens.Hy glo my mos nie aan die geld storie nie Juluis gaan hom kwaai laaik ;D ;D ;D dan kan ek sommer die nuwe generasie opregte groen jakkies vir julle manne teel.Julle kan hom met die tamatie of die kool klank roep ;D ;D ;D
Beretta
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Hugov »

tamatie of kool klanke= poepe sal mooi werk.........
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Dawie D »

Gerhard

N spanspek klankie en die geskut van boontjie lobbe werk goed vir kos gevolg deur n springkaan en kewer baklei, n doodelike kombinasie :angel: ;D ;D
As ek jou sien gaan jy val
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Beretta »

Manne
Julle het dit nou mooi gese ek wou nie ;D ;D ;D harde of sagtes net nie nattes nie
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Weereens n bewys dat "home schooling" en inteel ten sterkste vermy moet word!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Beretta »

Wouter
Dink jy die man boer naby Nigel/Brakpan ;D ;D ;D ;D
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by James Wilson »

Wouter Roets wrote: Hallo Manne

Weereens n bewys dat "home schooling" en inteel ten sterkste vermy moet word!

Groetnis
Wouter
lekker lag ek nou. ek sou se drankmisbruik tydens swangerskap speel hier ook n rol.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Beretta »

Lekker HOOLIGAN juice ;D ;D ;D ;D
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Naas »

Jes Manne,

Die areme aap het nie n clue waarvan hy praat nie. :'( :'( :'(
Hy beoog seeker dat ons in 2020 met donkie karre moet ry,en dan ons
skaapie by die mark gaan ruil vir n sal koring dat ons kan broodmeel maak.

Daar is vir ons n baie mooi gese wat ons met die aande moet maak (Ons moet dit bewoon en bewerk DIE MENS )
Asgevolg gaan daar probleeme kom dat die diere uitgeskuif gaan word.En gaan daar probleeme opduik wat gehanteer noet werd.
Ons wil nie die diere uitwis nie,Ons wil hulle net beheer.want as daar n groot bron van voedsel is ,is daar n grooter aanteel,dis maar hoe die natuur werk.
Waar ons nou n groot en gekonsentreerde bron van kos skep gaan daar n grooter getal diere wees.DIS NET LOOGIES

In die outyd soos die man beweer,was daar nie soveel kos beskikbaar nie,en se maar het elke plaas 10 jakke gehaat,maar nou met al die kos het elke plaan 50 jakke.
Dus brobeer ons hulle getalle daar hou,waar dit sou wees as hulle van die natuur afhanklik was.
Ek glo nie boere sal n probleem he as daar 10 uit n duisend skaap per jaar gevang word nie.Want dit kan n mens aan die natuur afstaan vir jou invloed daar.

Die Mannetjie moet tog eers sy oee oopmaak voor sy mond.

Dit is hoe ek die prentjie sien.
Naas Potgieter
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by foxripper »

Wens ek kan die man bietjie op die forum kry, hy sal sy polse binne 24uur sny..haha
Al wat ek weet is dat ek wil nie rook of drink wat hy vat nie.
Wonder waarmee boer hy?? Seker met mushrooms en aaptwak.
Ons mag nie geld maak uit vleis en groente nie, nou wonder ek wat eet hy? 
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Geno »

foxripper wrote: nou wonder ek wat eet hy? 
Boomrokers eet mos nie baie nie, dis hoekom hulle so maer is!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Christo »

Beretta wrote: Lekker HOOLIGAN juice ;D ;D ;D ;D
As ek dit klaar kon luister so Heinrich my ge-ban het. 6 minute was way te lank, hy is maar tipes van sy soort generasie - moet iets kontroversieel kwytraak om aandag op hom te vestig. Shame.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Jagtersdok »

Ek wil net graag weet.

Sou dit kom dat sy pa en ma skei, bly hulle steeds boetie en sussie of nie?
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by James Wilson »

Jagtersdok wrote: Ek wil net graag weet.

Sou dit kom dat sy pa en ma skei, bly hulle steeds boetie en sussie of nie?

;D ;D  ;D ;D

ek sweer ek moes die post eerder onder die humor afdeling geplaas het. van die replies hier is amper so snaaks soos ons geleerde jong man.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by douw »

Jagbehep! wrote:
Wouter Roets wrote: Hallo Manne

Weereens n bewys dat "home schooling" en inteel ten sterkste vermy moet word!

Groetnis
Wouter
lekker lag ek nou. ek sou se drankmisbruik tydens swangerskap speel hier ook n rol.

;D ;D
Groetnis
douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
Superdup
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Tue Jul 13, 2010 9:01 am

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Superdup »

;D ;D ;D ;D

Snot vreters moet nou seker ook tog bestaan................?!?!?!?

Groete
Howa 243 AI , Howa 7mm RM , Sako.338 WM , Brno .22LR , Remington 12br Semi-auto , Beretta 9mm Short

".............. I'm a hunt saboteur. I go out the night before and shoot the fox." - Tim Vine
Boerseun123
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Wed Aug 04, 2010 9:07 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Boerseun123 »

Ek het nie woorde nie! Nou het ek al als gehoor!

Ek dink 20 mense kan maklik 'n vrugte boom kaal eet in die 11 maande wat hy nie vrugte dra nie!!!   ??? ??? ???

Shame

Groete
BS
"It is better to light one small candle than to curse the darkness."

Confucious
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Hierdie is die snaakste nog.

Post by Skolla »

Ek neem aan hy boer met bome wat gom produseer, en hy snuif alles op.
Of hy het n Gompou se stront gesnuif!
Post Reply