Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post Reply
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Fox Driver

Dankie, 'n post wat ons voorkant toe mag nodig kry.

Jakes / Tafjak

Nou kan julle nog kies ook wie julle op Upinton wil h?.  Wonder of Leeu ook 'n uitnodiging sal kry?  So nie, moet hy maar 'n roer daar oorkant leen of net op die sosiale front kom meeding.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Louis

Almal van die Namibi?rs op die forum!

Taffie
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by DSBW »

Baie dankie, ek sal dit beslis oorweeg. Ek is nuut op julle forum, woon my lewe lank in Namibia, behalwe vir twee jaar diensplig (Louis, Dawie Blaauw, was saam met jou gewees), en ook 5 jaar studies in die goeie ou Vrystaat, Bloemfontein.

Ek is relatief nuut in die jakkals skiet ding, daarom het ek aangesluit, wil maar so veel as moontlik leer. Ek is egter lank in die skiet ding, skiet F-Klas met 'n .284 Winchester, en 'n 6x47 Lapua, jag met die 6x47 en 'n Remington Magnum. Skiet vernuf is so wisselvallig soos die beurs of politiek, kom ons volstaan daarby dat ek baie lief daarvoor is, en baie tyd en geld (Bank Windhoek) daaraan spandeer het.

Groete

Dawie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

tafjak wrote: Almal van die Namibi?rs op die forum!
Taffie

Ek dink dit is 'n opsie wat dalk ernstige oorweging benodig.  Wat s? die ander?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Dawie
Fox Driver wrote: .... twee jaar diensplig (Louis, Dawie Blaauw, was saam met jou gewees), en ook 5 jaar studies in die goeie ou Vrystaat, Bloemfontein....
As dit die Dawie Blaauw is wat ek ken, is die forum gelukkig om 'n lid uit een stuk by te kry!  Wat 'n aangename verassing!  Ek weet die man kan skiet en is lief daarvoor.  Daar is een of twee ander goed waarmee hy ook nie te sleg is nie, maar aangesien dit 'n openbare forum is, sal ek maar nie daarop uitbrei nie.  Ons kan so bietjie werk aan sy keuse van Universiteit, maar wie van ons het nie hier en daar 'n swak plekkie in die mondering nie?

Dawie, welkom man, ek is seker ons gaan nog GROOT jakkalsjag-stories deel.  Hierdie gogga het 'n manier om jou te byt, jy sal sien.  Laat weet as daar enige iets is waarmee ons kan help en lekker lees!  Jy het so bietjie opvangwerk om te doen hier op die forum.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Christo »

Louis

Hier op die forum is 2 groot geeste wat daar werk, pasop netnou is jy innie modder. (UOFS)

;)

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Chris101 »

Fox Driver
Baie dankie vir daai info oor wapens na nam.
Gaan probeer .
Jy het nie asb n kontak no.van sers.Wolman
Sukkel my elke keer vrek met wapen .
moet juis einde van maand soontoe gaan.
Sal nogal laaik as ek ook genooi word vir skietding
Knou die gediertes AF.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Christo wrote: ...Hier op die forum is 2 groot geeste wat daar werk, pasop netnou is jy innie modder. (UOFS)...
So Christo

Jy reken dit is manne om voor versigtig te wees?  Dink jy die waarheid sal hulle seermaak?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Chris

Almal is genooi! Tot ou Jakes ook.

Taffie

N.S. Sal hierdie spasie m?reoggend dophou.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Christo »

Mr T & Louis & kie

Waar en wanneer

Praat gou seblief, ek wil iewers heen ry maar nie 2 plekke nie.

Christo

ns. my 3 jaar in Namibia tel seker  ;)
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by DSBW »

Louis

Dis nou so, die einste man wat saam met jou die bedreiging van kommunisme van ons grense verwilder het met toegewyde ywer! Baie goed om weer te hoor, ek was aanvanklik nie seker of dit jy is nie, maar 2 & 2 bymekaar gesit. Ja, ek moet nog baie leer, ek lees die forum nou al so 3 weke, dis uiters leersaam, duidelik is hier 'n paar swaargewigte in die Jakkals ding.

Christo, die nommer is 061-2094328, sy is uiters behulpsaam, maar as jy vir een of ander rede nie regkom nie, laat weet maar, daar is enkele informele kanale wat moontlik kan werk.

Goed om met julle te gesels!

Dawie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Dawie
Fox Driver wrote: ...duidelik is hier 'n paar swaargewigte in die Jakkals ding...
Swaargewigte inderdaad!  Jakes en die manne trek glo 'n skaal!  ;D  Hulle weet onder andere ook 'n ding of twee van jakkalse "roep en skiet" en as jy hard probeer sal jy nogal van die klomp begin hou, elkeen met sy eie nuk of twee.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Christo

Lyk my die ding werk so na Upington se kant toe.

Taffie

N.S.
Sal nogal laaik as ek ook genooi word vir skietding
.. ek kyk nie eers meer na die syfers nie, tel net hoeveel keer die 120 verby kom.
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by katjak »

Taffie
Upington l? so 850Km van my af. Kan dalk so 3 vliee met een klap kry as dinge reg uitwerk. laat weet maar .
Japie
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
Ambessa

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...kan so bietjie werk aan sy keuse van Universiteit, maar wie van ons het nie hier en daar 'n swak plekkie in die mondering nie?
;) eish, man!

Ambessa
Ambessa

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ambessa »

Hallo Fox Driver
Fox Driver wrote:...en ook 5 jaar studies in die goeie ou Vrystaat, Bloemfontein.
Mooi.

Ambessa
Ambessa

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:
Christo wrote: ...Hier op die forum is 2 groot geeste wat daar werk, pasop netnou is jy innie modder. (UOFS)...
....So Christo

Jy reken dit is manne om voor versigtig te wees?  Dink jy die waarheid sal hulle seermaak?
;) ...hoe het ou oorle willem wikkelspies daar in die koningin se land opgemerk "...a rose by any name...?"

Ambessa
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Christo »

Louis, Ambessa

My pa het toe ek moes vak keuses maak ges? daar is nie geld vir Varsity nie, kies jou vakke sodat jy st 10 kry en deurkom. Anners gekies sou ek ook 'n Kovsie gewees het. Moes later 10 jaar deeglik deur die pos swot om 'n diploma te kry.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Christo wrote: ... Anners gekies sou ek ook 'n Kovsie gewees het ...
Ai tog, ou Christo, is jy nou ernstig?  En dit uit eie vrye wil uit?
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Christo »

Noodlot is 'n snaakse ding, sonder pretensies, of hoe ??
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Christo wrote: Noodlot is 'n snaakse ding, sonder pretensies, of hoe ??
Christo, ek wou maar net (tong in die kies) hoor of jy seker is oor die Kovsie keuse?  Nou kom jy met sulke diep s?goed!

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Christo »

Louis

Ek bly maar eenmaal 'n Cheetah al skree ek maklik vir die Bulle solank hulle nie teen die Vrystaat speel nie, maar wou met alle mag en krag Namibia toe trek toe ons maatskappy daar teen die Oranjerivier se Noordekant 'n deal gemaak het. Ek moes toe besluit hoe lief is ek vir die vrou en toe bly ek maar hier. Jou land is my grootste trekpleister, ek gaan elke jaar visvang en/of jag en het al so 3 jaar in die Noorde gebly.

Christo

ns: nou hijack ons jou Topic/post met totaal anner dinge ;D
      ek sien nie dat Snotskoot baie aktief is nie ??? is jy bang vir die engelse na die pink episode
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Christo
Christo wrote: ... is jy bang vir die engelse na die pink episode ...
Snotskoot vat nie nonsens van 'n klomp souties nie, dit sit nie in hulle broeke om hom bang te maak nie.  Snotskoot het net so effe van 'n roepie daar gegooi om te sien wat hy kan opjaag.  Ongelukkig is dit nie heeltemal sy mense waar hy tuisvoel nie.  Maar wie weet, dalk maak hy weer 'n draai, as die gevoel hom beetpak.

Jy moet 'n baie mooi en goeie vrou h?!  Maar byges?, ek is baie subjektief as dit by Namibi? kom.  Jy openbaar tekens van 'n man met baie goeie smaak.  Namibi?, visvang, jag en selfs met jou Rugby (net die volgorde van gewildheid by die rugby waaraan ek sou werk  ;) )  Ja man, die visvang is hier by my ook 'n passie.  Gaan juis einde November op so vinnige trippie om 'n lyntjie nat te maak. (108, miskien nog Torra ook)


Ek is nie so seker dat hierdie my "Topic" is nie.  Ek het hom nie begin of die vrae gevra nie.  So, aan wie dit ook al behoort, jammer.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

Ek sien ons praat hier oor ZEIS en ander scopes..
Wat dink julle slim manne van die VORTEX od is dit ook soos ek reeds gese het jy kry net dit wat jy voor betaal het ook hier van toepassing..
Ek verneem darem dat die Swaarwoski manne die waarborg dra van die VORTEX..
Het gister weer n paar Blouwillibees geskiet vir die mark, moes 40 wees en in die bos ....gesukkel, kon darem die helfte kry wat ons moes kry,
So was ons helfte suksesvol of nie? Daar het n Wapen ahndelaar saam geskiet "geskiet, sorry ek spel soms verkeerd" en hy beweer hy sukkel met die nuwe lynx reeks en sukkel om die nuwes te laat herstel..Ek ewe windgat se ek ek sukkel glad nie met die 5 to 20 by 50 nie, toe se hy gaan skiet weer more en kyk of hy op dieselfde plek skiet.
Ek sal Maandag kan terugvoer gee want dit gaan soms rof in die veld en ek dink dit sal n toets wees vir my , weereens nie n verteenwoordigende toets nie, maar ten minste sal ek gerus of geworrie wees. Ek kom terug met my amateur toets se resultaat...
Groetnis en SEEN
JB
Last edited by JACQUES BOTHA on Wed Sep 09, 2009 12:05 pm, edited 1 time in total.
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Jakes
JACQUES wrote: ...Ek ewe windgat se ek ek sukkel glad nie met die 5 to 20 by 50 nie, toe se hy gaan skiet weer more en kyk of hy op dieselfde plek skiet...
Ek het 3 verskillende Lynx'se en deel jou wapenhandelaar se sentiment.  Al gedink ek is die enigste een op die forum wat so voel oor Lynx.  Oor die Vortex mag ek niks s? nie.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply