243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Nuweseun »

Kerels, net so bietjie raad asb.
Ek skiet tans 'n 223 met 55gr en 'n 270win met 130gr. Ek het ook 'n 308 aangeskaf en beplan om 150gr met hom te skiet.

Wat ek wil weet is watter een van die twee, 243 of 25-06 gaan die beste inpas? Of moet ek die 270 aflaai na 110gr toe? Ek wil net by se, ek skiet tans met die 130gr ongelooflike groepe en hy skiet soos 'n droom?

Enige raad sal waardeer word!

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by fanie17 »

Jy gaan sukkel om 110 Gr te stabiliseer in 270,behalwe as jy Barns tsx gebruik wat lank is.Skiet met daai 130 Gr die bok gaan nie die verskil agter kom nie.Kry n groter geweer 300 of 338 Wm of 375 h+h
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Nuweseun »

fanie17 wrote: Jy gaan sukkel om 110 Gr te stabiliseer in 270,behalwe as jy Barns tsx gebruik wat lank is.Skiet met daai 130 Gr die bok gaan nie die verskil agter kom nie.Kry n groter geweer 300 of 338 Wm of 375 h+h
Fanie het reeds 300wm 200gr en 375H&H 260gr. Ek soek eintlik iets so tussen die 270 en die 223, of is dit net oorbodig?
Die manne praat goed van die 110gr GSC HV
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by fanie17 »

Ek het n 243 en n 25.06 ,sou eerder met 243 gaan
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Nuweseun »

Fanie, sorry, ek kyk nou eers na jou lysie van roere, jy behoort mos dan nou te verstaan.... ;D ;D
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by fanie17 »

Ok
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Monrique (SJ) »

Nuweseun

Kry vir jou n 243, jy sal nie spyt wees nie.  Stel nogsteeds voor om daai 110gr mono's te toets, jy kan dalk net baie aangenaam verras wees.

Groetnis
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Nuweseun »

SJ, so bek kort jam!!
Wat stel jy voor vir die 243, 85gr?

Dankie vir almal se insette.

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Monrique (SJ) »

Nuweseun

DIe 85gr koeels behoort sommer mooi te loopvir jag, maar as jy monolities wil gaan sal ek se kyk na die 69gr GSC HV koeels.  Die 87gr V-maxe sal ook loop soos n jet vir teikenskiet.


Groetnis
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Danie01 »

Jy kan ook kyk om n 243 te vat en hom te laat ackley en jy sal dan 110gr of 107gr koeels mooi laat loop en dan het jy n gweer wat mooi skakel tussen 223 en 270 wat van 55gr tot 110gr kan stoot.

Groete
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Nuweseun »

SJ, Danie dit klink vir my na 'n blerrie goeie plan! Ek het nie eers aan di Ackley gedink nie! Sal die 85gr en 69gr nog steeds mooi werk uit hom uit?
Watse spoed gaan hy haal? Na watter Twist moet ek soek?
Kerels julle het my nou baie baie opgewonde!!

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by WillemS »

Nuweseun

Ek het 'n 243AI en skiet die 87v-maxe teen so 3450, ok ek het 'n baie lang loop, maar hulle loop baie mooi!!! Het die 70gr noslers net so oor die 3600 geskiet! Ek het 'n 1in12 twist loop en ek dink die 87gr in die lankste wat ek sal kan stabiliseer, so kry vir jou 'n stywer twist dan kan jy 'n groter verskeidenheid koeels skiet!

Hier is heelwat manne wat die 243AI het, so jy sal jou antwoord kry!

Willem
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Vosman »

Nuweseun,
Ek dink ook dat jy eerder met die 243 gaan. Jy kan hom standaard hou dan skiet hy ook bakgat. Dit hang ook af of jy self laai. Daar is darem 'n klomp goed wat jy kan doen in die 6mm klas!
Die AI loop mooi, die ....... oukei, koop enige iets solank dit 'n 6mm is!!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Geno »

Vossie,
Nee man mater, het jy dan nie gesien wat maak my .25-06 nie???
Goed, beter, 6millimeter!
Eras
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 88
Joined: Wed Sep 08, 2010 7:59 am

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Eras »

Nuweseun,

Ek het 'n .270 win wat ek 115 Nosler skiet bloot omdat die twist 1 in 12 is en dat die swaarder 130greiners nie wil stabiliseer nie. Die probleem met die 110g/115g in die 270 is dat die koeel geen BC het nie en die wind waai daardie koeeltjie sommer maklik van 'n bok se kop af (as 'n man langs jou nies skiet jy die springbok in die bek... ) - amper soos die 22-250 - so dit hang af of jy wind kan lees. Ek sukkel maar met die wind. Ek dink die 270 kom tot sy reg met 130greiners. Lekker jag kaliber met die 130 greiners.

Ek skiet ook 'n 243 AI (nog net vir 'n paar maande). Skiet 87 Bergers maar relatief stadig @ 3200 fps maar die BC op die koeeltjie is baie beter as die 270 se 115/110 met die gevolg dat trajek en wind al beter is - daarmee saam is die "recoil" baie meer hanteerbaar op die 243 as die 270 - maak 'n groot verskil. Kyk maar wat WillemS se - kan daardie 87 greiners heelwat vinniger skiet met lekker plat trajek en redelike goeie BC en jy het 'n wenner.

As ek na Baboonstalker se 6mm AI kyk dink ek dis die rigting om te gaan as jy belangstel in 6mm/243. Die 6mm AI doen alles wat die 243 AI en dan nog so bietjie vinnger. 'n lekker plat skiet kaliber wat inherent akkuraat is.

Alles het voor en nadele - sterkte met jou besluit.
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Vosman »

Geno, As jy slan hom die jakkals, jy slan hom die blesbok, jy slan hom die kwagga, darrie deng hy loop mooi!
Ek dink net as jy reeds 'n 270 het, kan jy iets kleiner in jou arsenaal hou wat mooi inpas tussen die 223 en 270. tussen sy 55gr en 130gr pas 'n 87gr darem mooi in. en hy gaan so bietjie kruit spaar tenoor die 25-06.
Vir iets meer betroubaar, koop 'n 308! ;D
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Monrique (SJ) »

Nuweseun

Ek glo dat teen die tyd behoort jy redelik oortuig te wees van watter kal. om te koop.  As jy lus is vir iets anders en geld is nie n probleem gaan vir die Ackley anders hou by die gewone .243Win!

Afhangende van watter koeels jy wil skiet moet jy slegs besluit tussen n 1-10'' of 1-12'' twist loop, maar glo altwee sal mooi loop.

Hoop jy maak die regte besluit!

Groetnis
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Danie01 »

Nuweseun

Soos ek dit het sal 'n 1 in 10 twist mooi werk op 243 ackley vir 70 tot 110gr koeels, nie so seker oor 110gr nie, maar definitief 80 tot 100gr werk 1 in 10.

Ackley kan jy als skiet wat jy in gewone 243 ook skiet, net klein bietji vinniger, ligter koele nie veel vinniger nie, maar mens wen heelwat op die swaarder koele. ackley is meer stabiel, minder doughnut worries ect, hierdie voordele is al bespreek, ek noem maar net so paar. Ek het my 243 so maand terug laat ackley, gaan saterdag begin met my fireform en kan nie meer wag!

Soos ek stories gehoor het is ackley maar net 'n manier om al die 243 herlaai probleme minder te maak en dan nog 'n bietjie spoed met minder druk te wen, dis 'n manier om beste uit jou 243 te kry.

Groetnis
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Nuweseun »

Manne baie dankie vir almal se raad. Almal stem redelik saam dat die 243AI die roete is om te gaan.
Dit klink na 'n stunning kaliber en met daai 87gr punte gaan hy perfek werk en mooi inpas tussen die 270win en die 223AI(gaan hom ook AI).

Danie, ek hoop jy geniet joune, hou my asb op hoogte oor hoe hy perform!!

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Nuweseun »

Kerels, as al die goete nou in plek is, hoe besluit jy watter roere gaan saam ry en watter gaan bly.... ??? ???
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Jagtersdok »

Koop 243 en Ackley die ding en kry klaar.

Geen Dougnut moeilikheid nie.
Om die swaarder koeels te stabilisieer moet jy korter twist he. So koop een met 1-8 of 8.5 twist en bob's you uncle
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Machann »

As jy nie 270 gehad het sou ek die 25-06 aanbeveel. Deur te Ackley kry j bietjie meer spoed maar dan doen hy maar wat n 25-06 doen met 87gr punte? Ek weet nie hoeveel kos dit om te Ackley maar daar is omtrent 7000 gr in n blik kruit en kom ons se daar is 15gr verskil tussen 25-06 en 243. Kan maar self die somme maak hoe baie mens moet skiet voordat 243AI per skoot j goedkoper gaan uitwerk. Maar net my 2c. Met j 270 sou ek eerder vir die 243 gaan. Dalk bietjie met QuickLoad speel om te sien of rerig tot voordeel is met die ekstra spoed in AI. Help nie jy het die spoed maar nie n node waar j groups gaan kry?

Sterkte
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Machann »

Manne ek het so bietjie gaan speel met die en om appels met appels te vergelyk het ek soveel as moontlik probeer die selfde hou. Dink Arnold het ernes dieselfde vir 'n 260,6.5x55 en 6.5-284 gedoen.

EK het die Optimum barrel time (OBT) teorie en Quickload gebruik vir die toets. Ek het 'n 26 duim loop gekies, 25-06AI by gesit om te sien, 75gr Vmax punte vir altwee gekies en S365 kruit. Ek het QL gebruik om die min OBT node te kry voor maks presure kry en toe die lading aangepas tot ek die volgende OBT node gevind het.

Round Bullet BC Powder gr Load Min Node (MS)  Speed (fps) Length (mm)
243 AI 75gr Vmax 0.33 S365 46.8 4 (1.1905)       3429                       68
243Win 75gr Vmax 0.33 S365 47.35 3(1.105)       3498                       68
25-06 Rem 75gr Vmax 0.29 S365 57.15 3(1.105)       3626                       82
25-06 AI 75gr Vmax 0.29 S365 61.5 3(1.105)       3688                       82

Op die data het die 243AI verby maks presure gegaan om by node 3 te kom so moes hom afbring na 4 toe. As ek na die kyk sou dit tussen die 243 en 25-06 wees maar as spoed nie goal is nie sou ek vir die 243 as ek 'n 270 gehad het...

S
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Danie01 »

[quote="Machann"]

Round Bullet BC Powder gr Load Min Node (MS)   Speed (fps) Length (mm)
243 AI 75gr Vmax 0.33 S365 46.8 4 (1.1905)       3429                       68
243Win 75gr Vmax 0.33 S365 47.35 3(1.105)       3498                       68
25-06 Rem 75gr Vmax 0.29 S365 57.15 3(1.105)       3626                       82
25-06 AI 75gr Vmax 0.29 S365 61.5 3(1.105)       3688                       82

Machann is dit reg dat die 243 'n vinniger spoed gee as die 243AI, dit kan tog nie reg wees nie of is ek verkeerd?

Groete
D
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: 243win of 25-06 of 270win laai na 110gr

Post by Machann »

Danie soos ek vertaan kry jy meer spoed uit die AI maar dit is nie te se dit is waar jou geweer gaan group nie. Arnold het erens die 6.5x55 260 en 6.5-284 vergelyk. As jy werk op groups is die 6.5x55AI beter as jou 6.5-284 met korter lope en langer lope begin jou 6.5-284 eers die oorhand kry. Volgens die OBT teorie gaan AI by 'n laer spoed group as WIN.

Groete
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
Post Reply