Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by DWB »

Hallo Manne,

My skoonpa gaan nog so 7 jaar in Qatar werk en ons wil vir hom 'n geweer kry wat op my naam gaan wees vir die tye wanneer hulle hier is dat ons saam kan jag.

Nou dit sal seker meer bos as vlakte wees.

Hy wil tot en met Eland skiet.

Nou oor ek reeds 'n 30-06 het gaan dit moeilik wees om nog 'n lisensie vir nog een te kry.

Ek het voorgestel dat ons 'n 375 kry, want dit sal my mooi pas :D

maar hy wil nie byt nie.

Enige ander voorstelle?

Hy wou 'n 270 gehad het maar ek dink nie dis ideaal nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Biltongjagter

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by Biltongjagter »

7mm Rem Mag - naby aan .270 en netso veelsydig en eintlik veel meer so!

Groete,
Koos.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by Geno »

.338 Winmag
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by DWB »

Geno, nou praat jy!

Dankie Oom Koos,

Die opsies wat ons al opgeweeg het is:
270
7mm Rem Mag
300WM
375 Ruger
338 Win Mag
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by Gerhard »

375 Ruger of H&H
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by Lourens »

DWB my maat,

As hy nie wil byt aan 'n 375 nie, gaan vir die 338 Win Mag. Hy sal nooi ooit in sy lewe spyt wees nie!!! Een van die mees veelsydigste spesialis vlaktewild-kalibers op die mark!!

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by SV MAD (Henk) »

375 Ruger.
Jy kan koeel gewigte kry van 200-350gr. Met 'n 200gr en minimum lading lading skop hy nie eintlik nie
ek soek nog wapens...
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by tripodmvr »

Jy sit met 'n moeilike situasie.

Oplossing 1

Gaan af na 7mm en dan gaan ek die 7x64 voorstel as 'n kaliber wat ekonomies is op kruit en wat baie doeltreffend is vir van die bos tot die vlakte. Gebruik net premium koeels.

Oplossing 2

Laat jou skoonpa ook 'n lisensie vir die 30-06 bekom en koop dan die 375 vir jou gebruik. Julle kan dan uitruil na hartelus wanneer julle saam in die jagveld is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by DWB »

tripodmvr wrote: Jy sit met 'n moeilike situasie.

Oplossing 1

Gaan af na 7mm en dan gaan ek die 7x64 voorstel as 'n kaliber wat ekonomies is op kruit en wat baie doeltreffend is vir van die bos tot die vlakte. Gebruik net premium koeels.

Oplossing 2

Laat jou skoonpa ook 'n lisensie vir die 30-06 bekom en koop dan die 375 vir jou gebruik. Julle kan dan uitruil na hartelus wanneer julle saam in die jagveld is.
Dankie Driepoot!

Maar met hom in die buiteland is dit moeilik om die dinge te reel, daarom wil ons dit direk op my naam sit.

Ek het aan hom die Howa 375 Ruger voorgestel, en vir hom ges? as hy nie van hom hou nie koop ek hom oor...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by BLOK »

As tyd en geld nie n baie groot faktor is nie is daar net een veelsydige kaliber en dit is n 300H&H is net effe duur want jy moet hom laat maak wat ook langer vat as n geweer van die rak af. Maar meer veelsydig en klassiek sal jy ver moet gaan om te kry

Anders die 300win.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by DWB »

Ek is self mal oor die H&H, maar sal hom eendag vir myself kry en nie vir skoonpa nie  ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by Wouter Roets »

Blokkers

Se nou vir my eens en altyd wat die "voordeel" van die 300H&H bo die 300 WinMag is? ;) Behalwe natuurlik dat jy een het! ;D

Deon

Die 338Win Mag is n goeie voorstel vir die vereiste wat jou skoonpa stel. Al ding is maar die recoil maar soos voorheen gese is daar bitter baie wat daaraan gedoen kan word. Die selfde gaan natuurlik vir die 375 geld.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2474
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by Nico Harris »

Deon vir die bos vir wat jy nodig het het jy niks meer nodig as n 9.3x62 nie! jy kan hom ook in cz 550 kry en hy sal mooi aansluit by jou 30-06! waar jou 30-06 stop op 220gr begin die 9.3x62 op 230gr en gaan tot by 300gr! hy skop nie teveel nie en is ook op n standaard aksie(goedkoper).

groete

Nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by BLOK »

Wout

Het jy al ooit in jou lewe n mooier dop as n 300H&H dop gesien ;D ;D, en dan sit jy nog met n eksklusiewe geweer wat amper nie een die selfde as die ander is nie. Kon geraai het jy gaan my hap oor ek die H&H verkies en jy die Win ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by Nuweseun »

Ek hou van Piet se idee. Kry 'n 375 en dan gebruik jy hom!
Pas perfek by die 30-06 aan!

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by Wouter Roets »

Blokkie

So jy wil vir my se jou oog hou van die "gevreesde peer sindroom", die smal skouertjies en bree heupe vorm! n Mens kan net n man met bree skouers vertrou! Dink jy n ou met so n liggaamsvorm( gevreesde peer vorm) sou ooit die hero in n cowboy fliek kon wees? ;D

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by DWB »

Dankie manne, dit was my plan dat ek die 375 gebruik en hy my 30-06, maar hy byt nog nie so lekker nie......

Daai 9.3 is ook 'n slim plan! Dankie Nico!!!!

My ammo is gelaai, ek wag nou net vir jou...LOL
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by Monrique (SJ) »

Deon

EK dink self dat die 9.3 n goeie keuse sal wees. Try hom en kyk wat gebeur.

Sterkte

Groetnis
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by BLOK »

Baas Wout

Dalk sal n ou met sulke skouers nie die held wees nie maar n meisie met so lyfie sou virseker meer gewild gewees het.

Maar besluit self watter van die twee kalibers jy sou wou saamvat op n skiet tog. ;D ;D

ImageImage
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by BLOK »

So tussen ons sal ek darem self van daai 93 hou,ook n baie veelsydige kaliber soos baie ander sal saamstem en ook glad nie n lelike dop vorm nie. ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2486
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by Flip Nel »

+1 vir die 9.3
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by Wouter Roets »

Blokkie

Daar was n ander foto van die man en daai hond saam met n girl en daar was sy skouers nog breer. Hierdie foto is seker voordat hy homself geackley het! ;D

Net so vir interessantheid hoe sien jy n patroondop? As n manlike of vroulike entiteit? En van wanneer af is girls die heldinne in n western? Daai western van Sharon Stone is seker jou ultimate? ;D Agenee ponie wat gaan nou aan? Wat gaan ons kry as ons daai koppie van jou oopkap? ??? ;D

Deon

n 9,3 is n wonderlike kaliber en ek het baie tyd vir hom maar in my oe is daar aansienlike beter "all-roanders". Ja jy kan met vandag se nuwe koeels hom baie meer veelsydig maak as voorheen. Daar is al baie hieroor geskryf maar in my opinie sal ek nie die 9,3 aanbeveel as n persoon se enigste kaliber nie. Die rede hoekom die onderskeie 300's,338's en 375'e beter aan hierdie kreteria sal voldoen is juis dat hulle meer veelsydiger is agv die spoed wat hulle kan genereer. n Mens kan nie daar verby kom nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek kan aan baie swakker kalibers dink as die 9,3 en kan self my insien om die res van my lewe deur te bring waar ek alles op ons planeet moet jag met net hom maar daar is beter kalibers vir die job!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by DWB »

Dankie Baas Wout,

Dis nou maar wag en sien wat skoonpa s
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by BLOK »

;D ;D ;D ;D ;D

Wout

Darem nou lekker gelag. Iemand moet jou seker maar trk op die 300 en 375 topic ons weet mos hoe jy oor dit voel.  ;)

En soos jy se sal darem lekker wees om n paar skote saam Sharon te skiet. Nog nooit gedink aan of rondtes manlik of vroulik is nie sal n topic daaroor opgooi dan hoor ons wat se die manne. Dis nogal een wat n man kan laat dink aangesien jy met jou gun trou.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Opsoek na nog 'n veelsydige kaliber (Het reeds nulkwes)?

Post by Dawid »

Met n Kleilat wat mooi sporting gemaak is is daar beslis niks fout nie, dis n maklike en goedkoop wapen wat vir niks terugstaan nie. :laugh: :laugh:
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Post Reply