Arnold,
daar is baie ander kalibers ook wat ook dalk beter gaan doen as die 338WM om "grootter boksoorte" , maar glo my en Wouter het dit ook gese, die 338WM is 'n baie ideale kaliber vir wat die eerste vraag was "die geskikte kaliber vir die jag van 'groter'boksoorte "
Die manne skryf 338 Sabie, 9.3 x 62 in van die vroeere posts, maar as jy gereeld, elke jaar op lang afstande Gemsbokke, Eland , BWB ens jag, sou die 338WM, net omdat hy sy koeel vinniger by die teiken bring, beslis die beter opsie wees. Die Sabie en 9.3 kan in winderige omstandighede nie ideaal wees nie.
Jou redenasie tussen die .300 kal en 338 kal, is wat my aanbetref korrek, want soos jy se, is die 225, 230 gr's relatiewe platskietters in die 338WM, waar dit 'n swaar koeel is in die .300's
Ek merk jy praat van jou "gemsbok-geweer" waaraan jy wil werk, glo my maar, die gemmers hou nie van 'n 338WM nie !! In die bos, veral Namibie, jag ek hulle te voet met 300gr Woodleigh en in die oopte met 'n 250gr Rhino.
groete
Jaco
Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Jaco, my redes spesifiek vir die 338 Campfire is soos volg:
1) Hy sal net bietjie beter as die 338WM wees, al is dit net op papier
2) Dit sal sekerlik 'n custom geweer wees waarvoor ek die reamer sal bestel, om die rede is ek nie beperk tot dit wat beskikbaar is nie.
3) Dit is iets anders en lok belangstelling van mede skuts (Ek wil eintlik my 260 REM AI ook laat graveer as 6.5 Mystic
)
4) Die doppe lyk vir my beter as die WM se dop met die belt.
5) Ek hou van eksperimenteer en dink dit is 'n ideale geleentheid
6) Ek het 'n CZ550 aksie wat mooi getrue is en puik presteer wat ideaal sal wees vir die projek (dalk bietjie kort, maar ek gaan mos die reamer spec so ek sal dit in ag neem)
Soos ek noem is dit 'n langtermyn projek want die CZ550 het nou 'n 30 cal loop op wat eers uitgeskiet moet word
Ja, mens hoor maar eintlik min dat die manne met die 338 skiet. Kan jy dalk vir my 'n indikasie gee van jou loop lengte en spoed wat jy op die 300gr en 250gr kry?
Groete
Arnold

toe ek in 1985 begin jag het met myne ( Sako 338WM ) was dit 'n baie onbekende kaliber in ons omgewing en jaggeledere. Die getalle 338's in ons "dorp" het lank daarna eers begin optel in die kaliber.
Ek het 'n Sako gehad vir 11 jaar en verruil vir 'n Wincherster Mod 70, in 'n 26" loop, waarmee ek nou 15 jaar jag. In die begin jare het ek Sako en Winchester silwertips gebruik, later 275gr Speer, 300gr Woodleigh en 250 gr Rhino. Die 300gr @ 2400 f/s getoets, maar besluit op 2380 f/s vir die bos, te voet. S 365 60gr met 'n CCI 200 primer.
Die Rhino 250gr het ek nou maar paar jaar gelede begin gebruik, omdat ek soms gesukkel het met wind op langer skote met die stadige 300gr. Maar ek het baie gemsbokke, koedoes op afstande geskiet tussen 200 en 250 meter met die lang 300gr koeel, bitter akkuraat !
Die 250gr Rhino's @ 2670 f/s gelaai, kan vinniger skiet, het ek nou die laaste paar jaar net op daai lang skote gebruik 300m , werk baie mooi. S365 64,5gr.
Geniet die eksperiment met die 338 Campfire

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Hallo Almal
Arnold kyk as daar nou iemand wat passievol is oor die 338 dan is dit Jaco! Ons het altyd gestry oor die verskillende kalibers, ek die groot 375 man en hy agter die 338. Kyk nou wie het toe maar uiteindelik vir hom ook n 338 aangeskaf!
Persoonlik sal ek vir die 338-375 Ruger gaan. Het nie geweet sy naampie is Campfire nie. Simpel naam as jy my vra! Die rede daarvoor is dat daar balisties bitter min tussen hom en die 330 Dekota is. Doppe gaan verseker makliker en goedkoper bekombaar wees en die grootdte rede gaan wees dat jy nie hoef in te boet net magesynkapasiteit nie. Die boltface hoef ook nie so baie aan gewerk te word nie. So bye the by ek dink QL is so bietjie optemisties oor die dopkapasiteit.
Groetnis
Oom Wout

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Ek is darem bly om te sien dat ander ook so goed voel oor die 338. Ek het al vroeg in die post die 338 voorgestel 
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
-
Philip
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Ek besit ongelukiig nie enige 338 kaliber nie,maar wat se verskil sal daar wees tussen n 338 en 375 met n 300gr kwaliteit koeel.Die penetrasie met die 338 behoort fenominaal te wees,ek weet nie watter ape besluit het dat jy nie n buffel met hom mag skiet nie.
Philip
Philip
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??
Middag Philip,
ja baie al gesels oor die een.... penetrasie tussen die twee se 300gr's. Bloot skiet die 375 net die 300gr vinniger as die 338 en maak dit 'n verskil, diameter ook, maar met die SD van die 338 se 300gr, "score" hy weer "lekker punte". Hercules Louw het jare gelede geskryf in die SA Jagter tydskrif, dat die 300gr 338 geensins terugstaan vir die 300gr in 375 wat penetrasie aanbetref. Ek het nogal nie gedink hy oordryf nie.....
Maar ek en 'n medejagter het vir 10 jaar lank saam gejag in Namibie, hy met sy 375 ( 286gr Expander, 300 Barnes X en later 250gr Rhino ) en ek met 300gr Woodleighs op die 338, daar het ek gesien dat die 375 beter doen wat penetrasie aanbetref, nie baie nie, maar wel, veral met die Barnes X's. ( Die Expanders van PMP het net so goed gedoen )
Persoonlik dink ek nie die 338 se 300 gr @ 2400 f/s hoef veel terug te staan nie, maar onthou dis nie almal se 338's wat met die 300gr koeels stabiliseer nie. Destyds toe my berig in die Man Magnum geplaas was ivm my suksesse met die 300gr in die 338, het ek baie oproepe ontvang en die meeste ouens kon nie naby 2400 f/s uitkom, so ook was groepering 'n groot probleem by van die ouens se gewere.
Stem saam met jou, ek sal met vandag se premium koeels tog 'n buffel aanvat, maar gelukkig is ek lief vir gewere en daarom is daar 'n 416 Rem Mag / 458 WM in die kluis vir die doel.