9.3x62 Vir Buffel Bul
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: 9.3x62 Vir Buffel Bul
Die jag was in die Matetse gebied so 60 klm suid van die Falle die hitte was 41 grde en ons het op die voet gejag,die omgewing was klip koppies,oop bosveld.Ek het nie geweet ek kan so moeg raak nie,toe loop ons in n trop wilde leeus vas wat ook onder die wind vir die Buffels le en wag het,Hulle het nie daarvan gehou nie.Die PHs es het nie eers gewere nie.Ons het twee, twee saam gejag om mekaar te back.Ek het my Buffel in die kop geskiet,sal nog n foto plaas,die ander manne het nie een minder as 4 skote geskiet nie en al die eerste skote was in die hart.Daar is nie een plaas huis wat nog staan nie,geen van die infrastruktuur bestaan meer nie,geen koelkamers of lyn drade nie.ek het volgende jaar se jag klaar bespreek.Ek dink dit was soos die cololials gejag het 80 jaar gelede.Daar is mense wat alles doen,van ys maak tot regpak,aandra,elke dag se klere word gewas tot n kok wat voorgereg,hoofgereg en na gereg maak.Hy was 71 jaar oud.Hierdie was die ondervinding wat ek net oor gedroom het.het in totaal +-R50,000 gekos.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo

