Vektor H5 .223

Post Reply
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Vektor H5 .223

Post by C.J. »

Goeie dag manne,

Kan iemand my dalk se wat die twist rate en loop lengte op 'n Vektor H5 is, ek kry niks op die net nie.

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Vektor H5 .223

Post by Geno »

CJ,
Hoor by Jacques Botha, ek dink hy het een.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Vektor H5 .223

Post by C.J. »

Thanks Geno,

Ek het nou 1:12 iewers raak gelees, ek het een geerf, nou wil ek bietjie uitvind oor die geweer, sal seker lekkerder jakkies skiet as die 30-06. En met 1:12 twist gaan 'n 50gr V max mooi loop.

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Vektor H5 .223

Post by Francois Marais »

CJ

Hierdie is Mnr Laubsher se voorkeur jakkalsroer, dalk kan hy jou meer vertel.......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Vektor H5 .223

Post by Geno »

JACQUES BOTHA wrote: VK
HET JY AL MET DIE H5 GESKIET?
EK HET EEN GEKOOP DESTYDS  VIR DIE KAPASITEIT VAN MAGASYN EN GEDINK HY SOU IDEAAL WEES VIR OES.. EN PRYS VAN DIE AMMO.
EK HET N KEER OF WAT GEOES MET HOM MAAR NIE IDEAAL NIE.
VIR JAKKALSE DEFNITIEF NO - NO - NO .
VIR SPEEL  HEERLIK VERAL AS HY N KNALDEMPER OP HET.
VIR JAG KNA HY OOK GEBNRUIK WORD OP SPRINGBOK EN RIBBOK EN ANDER KLEIN WILD..
HY WERK LEKKER OP PROBLEEM YSTERVARKE WAT JY SOMMER SO IN DIE HARDLOOP KAN KLITS EN JY GEE NIE OM OM 10 SKOTE SO VINNIG VINNIG DEUR TE DRUK NIE.
JY MOET HOM REG VASHOU ANDERS GAAN JY SUKKEL MET AKKURAATHEID, DIS NIE DIE AKKURAATSTE GEWEER WAT OOIT GEBOU IS NIE HY SAL N DUIM OP 100METER GEE  .
DIE ENIGSTE PLEK WAAR JY N TELESKOOP KAN MOUNT IS OP DIE ROMPDEKSEL.. EN DIS NIE N STEWIG GENOEG PLATFORM OM EEN GAT GROEPE TE SKIET NIE.
MOET HOM NIE AAN DIE VOORSTE HANDGREEP VASHOU AS JY SKIET NIE, WANT DIS AMPER DIREK OP DIE LOOP EN JY PLAAS ELKE KEER VERSKILLENDE DRUK TO OP DIE VOORHAND EN DAAROM SKIET JY NIE PRESIES WAAR JY MIK NIE, MAAR JY SAL OOK NIE BV N KOPSKOOT MIS OP 100 METER NIE..MAAR EK SAL NIE SOMMER N KOPASKOOT PROBEER OP 200METER EN VERDER NIE.  (EK HET AL, MAAR HET OOK AL N BEKSKOOT OF DRIE GEHAD WAAR EK GEWEET HET DIS NIE MY FOUT NIE..)
JY MAG DALK N BOK MIS AS JY MOET OORHAAL AS JY HOM SIEN,,(JY KAN N RONDTE IN DIE KAMER SIT EN DIE SAFE  KNOPIE AANSIT, MAAR EK DOEN DIT NOOIT , NOOIT NIE PERSOONLIKE KEUSE EN NIKS DAARTEEN AS ANDER DIT WIL DOEN NIE VIR MY VERTROU EK NIE N VEILIGHEIDSKNIP NIE)
EK VOEL SOOS DAAN TIKMASJIEN, GESELS GERUS AS EK TE MIN RAAD GEGEE HET.
GROETE
JACQUES BOTHA
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Vektor H5 .223

Post by C.J. »

Manne,

Ek het met daardie geweer al BAIE Vlakvarke, Bosvarke en Ystervarke geskiet, ons het egter nog nooit bietjie lading ontwikkeling gedoen nie, almal sal weet hoekom nie, dit is een van die voordele van 'n .223. Maar ek wil kyk wat ek met hom regkry, dit is 'n geweer waaraan 'n mens moet gewoond raak, en as ek 1" groep kan kry is ek tevrede. Ek erf hom so hy sal nou moet werk. En ek het defnetief werk vir hom!

Ek sal terugvoering gee soos dinge vorder.

C.J,
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Vektor H5 .223

Post by wlm »

C.J.
Dit lyk my jy skiet nie 'n 223 Remington nie. Jy skiet 'n 223 P.W. Magnus. ;D
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Vektor H5 .223

Post by Arno Pienaar »

Ek het gekyk op die internet na n R15 remington 223 hy lyk netjies en sy magesein is nou nie so lank soos n R4 sin nie maar hy vat nog steeds 13 koele dit lyk vir my na n angename roer daardie
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Vektor H5 .223

Post by Geno »

Pienaar,
Jy kry magasyne vir die R15 wat tot 40 rondtes vat. Enige AR/M16/M4 magasyn sal pas op hom.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: Vektor H5 .223

Post by James Wright »

Ek het 'n H5,

hy kom met 2 loop lengtes,'n 18 en 22" as ek reg onthou.twist rate is 1:12.

ek het nooit moeite gedoen om te laai vir hom nie aangesien hy geneig is om doppe te byt.hy knak hulle soms as jy nie vinnig genoeg oorlaai nie.

Sy akkuraatheid is darm golf bal groot op 100 meter met weermag ammo en so rapsie beter met PMP ammo.

oorspronklik wou ek ook die geweer gebruik vir nagskiet en oes maar die ding is lomp en is 'n frustrasie om oor te haal as jy op jou maag le of selfs as jy wil sit en skiet.Hy raas en soos ek se hy byt soms die doppe vas met die oorhaal.Net vir af en toe skiet of jag sal hy perfek werk.
Post Reply