Wel dis nou agter my en ek hoop hierdie nuwe plan van my gaan werk. Ek het so paar goetertjies uit die rommel kas gehaal, die draaibank aan die gang gekry en die montering gebou.
Lig is verstelbaar na link, regs, op en af. Alles sluit ook mooi positief en behoort na dit in plek gesluit is nie weer te beweeg nie. Die lig klamp aan die scope vas met 'n Weaver basis wat onderstebo aan die scope vas is.
Al wat ek nie oor seker is nie is dat die lig so 5-6cm. ho?r as die LF is wat gemaak is vir 'n teleskoop. Sal dit nog werk op die effe ho?r posisie of moet ek plan maak om hom te sak?
Ek behoort meestal onder 150m te skiet. Op watter afstand moet ek die scope en lig laat saamval vir maklikke gebruik?
Hier is so paar foto's.
Die montering op die scope
[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_0403.jpg[/img]
Lig op scope reg vir aksie
[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_0407.jpg[/img]
Maklik om af te haal en net so weg te sit
[img width=360 height=480]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_0408.jpg[/img]
Peet


