Wat se cal.???

Hunter xxx

Wat se cal.???

Post by Hunter xxx »

More

Wat se cal. word die meeste gebruik vir Jackals jag.
8)
Dankie
tafjak

Re: Wat se cal.???

Post by tafjak »

Hunter

Baie welkom op die forum en hoop dat ons nog heelwat van jou sal hoor.

Jong, jy kan so bietjie onder Vuurwapens/Gewere gaan kyk, daar is al baie gepraat oor die veskillende kalibers. 22-250 en die 243 is van die kalibers wat die meeste gebruik word. Daar is egter ander kalibers wat net so doeltreffend is.

Taffie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Louis102 »

tafjak wrote:
...daar is al baie gepraat oor die veskillende kalibers. 22-250 en die 243 is van die kalibers wat die meeste gebruik word. Daar is egter ander kalibers wat net so doeltreffend is...
Taffie

Ek hoop nie jy raak nou 'n diplomaat nie!  Kan nie glo dat ek uit jou mond/pen sou hoor dat daar nou kamtig 'n klomp kalibers is wat ewe doeltreffend is nie!  Hunter wil mos die waarheid hoor! :o ;)

So 6mm se groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Hunter xxx

Re: Wat se cal.???

Post by Hunter xxx »

Dankie julle ek luister graag.

Ek dink gewere is ook soos bakkies.

Taffie ek weet jy ry of loop baie met die Landy :)(Grap)

Ek wil weet waar mee skiet julle en hoekom met die spesifiek Kaliber.
tafjak

Re: Wat se cal.???

Post by tafjak »

Louis

Nee man! ek het dan 'n paar roere om te verkoop. :D Man enige roer is reg solank dit 'n 243 is. Ek het eenslag 'n skoonpa gehad wat my s? dat ek my huis enige kleur kan verf solank dit wit is.

Taffie
Last edited by tafjak on Wed Jul 08, 2009 12:38 pm, edited 1 time in total.
tafjak

Re: Wat se cal.???

Post by tafjak »

Hunter

Ek skiet 'n 243 omdat ek die ding in die hande gekry het toe ek begin het om jakkalse te jag en is so tevrede dat ek nie die nut sien om iets anders te kry nie, maar soos jy s? gewere is soos bakkies, elke ou het maar sy een waarmee hy reg kom.

Die 243 is die geweer met die grootste verskeidenheid koe?ls en dit alleen behoort vir jou iets te s? oor die kaliber. Wat dit nog meer gemaklik maak is die feit dat jy enige ander kaliber met die regte twist in die loop kan namaak. Spoed en trajek is irrelevant as jy in die 243 is.

Ek skiet 65gr - 75gr koe?ls in my geweer(1 in 12) van 3600 - 3900ft/s gemaklik en dit maak net dat ek die raaiwerk(ek het 'n rangefinder, maar het nie altyd die tyd om te meet nie, veral wanneer ek op die goed uitry) ) omseil as dit by afstand kom. Moet darem bys? dat ou Slingervel 'n Ackley is en al 'n paar lope opgevreet het.

Taffie
tafjak

Re: Wat se cal.???

Post by tafjak »

Hunter

Ek hoop jy't nou al 'n 243, anders gaan jy maar sukkel. Sien dat die 6mm's die manne platskiet in die veld. Hoe s? jy nou? Ek glo nie bonzai roertjies kan hier in die koue dit vat nie. Seker te windsensitief of iets anders, maar kan  net nie sien dat die goedjies kan werk nie.

6mm groete

Taffie
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Wat se cal.???

Post by Freek »

Taffie en Hunter, ek wil nou nie slim klink nie maar ek dink enige roer sal die werk kan doen solank die koel vinniger trek as wat die jakkals kan hardloop. Ek gebruik 'n 303 met truvelo loop, daai majoeba kettie se herlaai komponente is geredelik beskikbaar, Taffie dit is soos parte soek vir die landie of Toyota mens sukkel nie baja nie....:P Hy vreet ook nie die lope so erg nie, heel beskeie in daai opsig.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Dawie »

Taffie & 6mm dissipels

Hier by ons is 'n talentvolle seun wat met sy oupa se 303 jakkies flippen v?r (200m) in die nag roer.    ;)

Ek sien JF skiet met 'n "6.17mm Lazzeroni Spitfire"  8) ek kry nie vreeslik data oppie I-net oor daai d?ng nie. ??? 

Dawie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Louis102 »

Dawie wrote: ...Hier by ons is 'n talentvolle seun wat met sy oupa se 303 jakkies flippen v?r (200m) in die nag roer...
Dawie

Met reg kan jy hom "talentvol" noem, as hy suksesvol daarmee is.  "Dom" sal 'n goeie beskrywing (in my beskeie opinie) wees as hy daardie kaliber bo 'n oordentelike 6mm verkies.

Groetnis
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Wat se cal.???

Post by Freek »

Oom Louis, ek dink hier is dit 'n geval van gebruik wat jy het... dis nie my beste nie, dis my enigste. As die oom nou verstaan wat ek probeer kwytraak. ;)

As ek eendag genoeg stoele gebou en verkoop het sal ek da ma graag vir my 'n T3 Varminter in 243 kaliber aanskaf. Dis da maar 'n mooi roertjie daai my oom.

Kan ons nie oom Takuza se opinie en raad hier in roep nie, hy is baie stil deesdae... ???
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Louis102 »

Freek wrote: Oom Louis, ek dink hier is dit 'n geval van gebruik wat jy het... dis nie my beste nie, dis my enigste. As die oom nou verstaan wat ek probeer kwytraak...
Freek

Dit is mos 'n heel ander saak.  En ek s? nie dat daar n?rens plek vir 'n 303 is nie.  Ek het 'n hele paar koedoes in my lewe met Oupa se 303 met 'n oop visier geskiet.  Ek sal bietjie met Oom Tekoeza gesels as ek hom weer sien, maar ek kan jou amper waarborg dat sy antwoord iets in hierdie trant sal wees:  Die vernuf van die skut is baie belangriker as die kaliber waarmee hy skiet.

Groetnis
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Dawie »

Louis

Die arme seun se 243 liksens wil nie uitdop nie, :'(  dis maar uit nood uit. Dit sou andersins in my o? ook dom wees.  Die laaitie skiet nie net goed nie hy het nog absolute passie vir roep, net jammer hy sit nou in Amerika. 

Dawie

Ps. In my beskeie opinie moet jy ALLE veranderlikes probeer uitskakel wat teen jou kan werk bv. trajek.  Dis hoekom ek 22-250 met 40gr V-max @ 4250 fps skiet ;D  Murphy is 'n ou black-sam >:(  Ek self is nie so 'n "natural" skut soos daai seun nie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Louis102 »

Dawie wrote: ... Dis hoekom ek 22-250 met 40gr V-max @ 4250 fps skiet ...
Dawie

Goeie tweede opsie daai.  Hoe maak hy in die wind?  Seker te vinnig vir die wind om enige effek te h??

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Dawie »

Louis

Tot op 200m geen probleem sover in wind nie,  het een aand teef op nes geskiet innie kop 174m in 'n MUUUSE sterk dwarswind het langs oog aan windkant gevat,  skoot was net aan binnekant van ander oog.  Ek vra omverskoning,  ek weet mens skiet nie na oog nie maar ek kon nie die lyf sien nie. :-[

Hy sal seker sy lopie vreet,  maar ek gebruik hom soos medisyne,  net vir RK/RJ skiet,  selfs foulers is op teiken so amper elke skoot maak doep.

Dawie
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Dawie »

Louis102 wrote: Dawie

Goeie tweede opsie daai. 
GRRMMMF!!      >:(        ;D

Dawie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Wat se cal.???

Post by JACQUES BOTHA »

Dawie
Klink my daai roer gooi n kookwater hou....hoeveel kruit(dryfmiddel) gebruik jy ek weet meeste ouens gebruik 335 en ek skat jy sal seker so in die omgewing van 36grein indruk, maar net vir die interresantheid ,gee maar jou ladig as jy nie omgee nie.
soos Taffie se ons met die bonzai 243's skiet nie so ver nie en skiet net die klein jakkalsies in die koP..of skiet net die gekweste jakkalsies dood met n kruppel2 50 (sit ek nou woorde in taffie se mond???? is nie aspris nie..taffie ek het so bietjie altzheimers en bvergeet presies wat jy gese het,maar dit maak mossie eitnlik saak nie...)
WATTER kaliber. Die antwoord is ....die een wat jy het....daar gaan altyd n kalber wees wat jy graga nog wil bou, gaan lat bou  of so iets...Die naweek weer bietjie geuister oor die 6.5 06  klink my daai mannetjie kan ver gooi......
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Louis102 »

Dawie wrote: ..Tot op 200m geen probleem sover in wind nie,  het een aand teef op nes geskiet innie kop 174m in 'n MUUUSE sterk dwarswind het langs oog aan windkant gevat...
Dawie

Die rede hoekom ek vra is dat ek opgemerk het met 'n springbok oesery hier by my, het die manne met die 222 50's begin sukkel toe die wind optel.  Kon dit toeval gewees het?  Ek het 'n paar springbokke met 'n vriend se 222 50 geskiet (in windstil toestande) - nie te sleg nie.

Mooi loop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Dawie »

Jaak

Oppie kop 40gr S355,  Die eerste groepering wat ek met daai lading geskiet het almal gesny, toe kon ek nie ophou nie,  toe skiet ek 10 skoot groep wat met R2 stuk heeltemal toe maak.  Ek het al klein rooikatjies op meer as een geleentheid oor 200 innie kop gedress een slag +220m.  'n Dwars flatbox hardloop skoot op jakkie ook daai afstand oppie lyf gevat en hom net-net voor die stert getref.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Dawie »

Louis
Teorie is...Kort tyd in lug minder tyd vir wind om te affekteer. 

Ek het gelees in Lymans 48th waar hulle 'n 30-06 met 180gr en 22-250 met 55gr in sterk wind getoets het.  Die 22-250 het wel meer "gedrift" maar dit was 'n minamale verskil.  Daar's vreeslik baie mites en stories wanneer dit by gunne kom.  Ou moet altyd eers jou huiswerk goed doen voor ou koop en teleurgestel word. 

Dawie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Louis102 »

Dawie wrote: Daar's vreeslik baie mites en stories wanneer dit by gunne kom.  Ou moet altyd eers jou huiswerk goed doen voor ou koop en teleurgestel word. 
Dawie, jy is reg.  Ek wonder egter steeds hoekom die 222 50 springbok-oes manne so na hulle 270's en 25-06'se gryp as die wind begin waai?  En waarom die 243 manne slegs met een roer rondry?  Wonder of my waarneming aan toeval toegeskryf moet word?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Janjak »

Wind bly maar n lelike ding al gooi jy met n groot goed.
As die wind waai gaan my 243 geweersak toe.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Dawie »

Louis

Armoede,  kwaai vrouens?? ;D

As ek moes springbok oes en nog jak/kat jag,  en net een vir altwee gebruik,  sou ek ook net 'n gewone .243 gebruik.  Volgens my is die warm gelaaide 22-250 uit en uit gemaak vir ongediertes.  En nou gaan ek seker pak kry :'(  maar hoekom sal 'n ou 'n 270 of 25-06 mee skiet as jy dieselfde met 'n 30-06,  trajekgewys kan doen?  Dieselfde storie met die duur moewiese 30 kal magnums??? 

Als met die nodige respek ges? natuurlik  :)

D
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Francois Marais »

Louis

Vertel jou maar net my ondervinding: Ek oes baie keer Sprb en Gemsb/Kudu saam op een trip. Hang af watter roer skiet oppi oomblik en vir watter ene ek koeels het. As my 243 reg is, is dit al gun wat nodig is, as nie en die 22-250 gaan saam virri Sprb, dan gaan die 25-06 saam virri grootwild. Ja ek weet ek het ook al BAIE grootwild met my 22-250 geskiet......

So, sou die wind nou beginne pla is die groot geweer mos kla inni kar, en hoekom moet n man nou onnodig sukkel.......

Mooi loop
Francois

Daar moet nog n lekkerder Springbok oes-geweer gemaak word as n 22-250 Remington. Ek weet, ek het n 223 al twee keer op geskiet en .............

My 2c
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat se cal.???

Post by Louis102 »

Dawie wrote: Armoede,  kwaai vrouens?? ;D
Dawie

Natuurlik, ek het nooit daaraan gedink nie!  Miskien moet ek maar 'n 222 50 oorweeg voor die manne dink my vrou sit op my kop  ;D ;D ;D  Wie het nou weer ges? jy kry nie 'n kwaai vrou nie, net 'n bang man?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply