Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Hallo Almal, soek bietjie ammo vir my .223 lisensie aansoek asb.
Ek wil `n tabel he van ballistics asb as iemand kan help.
So 4 voorbeelde asb. My werk blok google navrae.
Geluk Gerhard. Ek weet Peet het sy aansoek vir 223 so 4 maande terug ingegee en het al klaar sy liksens gekry. PM hom dalk vir sy motivering. Hy is pvdw
Ek het by Zimbi Books & Guns `n CZ .223 gekoop en ek het betaal R 9 550.00, ek dink nie dis `n slegte prys nie.
Ek moet net weereens se dat die diens by daai winkel uitstekend is so ja, nou wag ek net vir SA JAgters om my endoresement vir my te stuur dan kan ek gaan aansoek doen vir my lisensie. Ek het reeds al my papierwerk gedoen en moet net die fotos gaan neem en dan kan ek gaan. Daai geweer is mooi, sal kyk of ek foto kan laai.
P.A. VAN DER WALT
ID NO.
BRAAM PRETORIUS STRAAT
MAGALIESKRUIN
0182
SEL :
SAJWV Lid nommer:
SAJWV Toegewyde jagters nr.:
MOTIVERING
Hiermee my persoonlike motivering ten opsigte van die verkryging van my vuurwapenlisensie vir die volgende wapen.
.223 Rem HOWA
NO:
Balistiese inligting
Die .223 Rem Howa het 'n 1:12 loopdraai wat die ideaal is vir die gebruik van 55gr. koe?ls. Volgens SONCHEM en uit ondervinding op die skietbaan waar trompsnelhede met my kronograaf gemeet is skiet die .223 Rem die 55gr. koe?ls teen 'n snelheid van 3000-3250ft/s afhangende van die lading en tipe slagdop wat gebriuk word.
Met bg. balistieke in aanmerking sal die trajek vir die spesifieke koe?l as volg lyk, volgens die tabelle voorsien deur PMP.
As daar na die trajek gekyk word is dit duidelik dat die .223 Rem 'n idiale kaliber is vir die skiet van probleem diere soos Rooijakkals, Rooikat en Dassies en selfs kleiner probleem diere sowel as kleinwild, tot op afstande van 250m.
Die ho? snelhede deur die hele vlug van die koe?l tot en met 300m maak dat die kaliber genoeg energie het om kleinwild spesie soos Duiker en Springbok te dood op 'n etiese en doeltreffende manier wat in lyn is met die etiese kode van die SAJWV Sien aanhegsel 1:ENDORSEMENT van SAJWV
Skyfskiet
Die .223 Rem is 'n uiters akurate kaliber en juis daaroor gaan die spesifieke wapen op die skietbaan aangewend word om my skiet vermoe? op datum te hou. Die kaliber se terugskop is ook van so aard dat my vrou wat reeds haar eie handwapen besit en gereeld daarmee skiet, maklik met die .223 Rem opgelei kan word om met die senterslag kaliber oor langer afstande te kan skiet.
Die gewildheid van die kaliber maak die .223 Rem baie bekostigbaar om te herlaai en herlaai komponente is vrylik beskikbaar. Doppe word vervaardig deur PMP, Norma, Winchester en Sako om net 'n paar te noem. Koe?ls in 'n wye reeks gewigte is egter ook beskikbaar en met die gebruik van SOMCHEM dryfmiddel is dit moontlik om vir alle skyfskiet disiplines akurate ladings te ontwikkel.
Die volgende skiet oefening word op gereelde basis by die SAJWV se skiet dae gehou en die .223 Rem is idiaal vir die volgende disiplienes a.g.v. die ho? trompsnelheid en plat trajek.
Vlakte Wild-Springbok tabel
In die disipliene word daar na Springbok teikens geskiet op afstande van 200-300m. Die doel van die oefening is om so klein moontlikke groep op die teiken bok te skiet. Dit simuleer egter skiet toestande in die veld aangesien die teiken op 200-300m geplaas word en die teiken dier is lewens groot. Dit is 'n baie realistiese nabootsing van die werklikheid en sodoende word jagters se skiet vermoe? op 'n bekostigbare manier opgeskerp. In die disipline is 'n teleskoop met verkieslik 10x of grooter vergrootting die norm.
Rooijakkals tabel
Hierdie disipliene is egter onwerp vir die probleemdier jagter wat sy vernuf op lang afstande wil verfyn. Die jakkals teiken word met 'n tipiese probleemdier kalibber soos die .223 Rem geskiet. Die jakkals teiken is egter baie kleiner as die Springbok en hier word die skut se vernuf om goed te skiet op die proef gestel.
Onlagse jagte.
Hierdie jaar se jagte sluit reeds die volgende in.
Ek met Blesbok geskiet op Mnr. Pretorius se plaas. Sien aanhegsel 2:Brief Mnr Pretorius
My seun met sy Blesbok onder my toesig gejag. Sien aanhegsel 2:Brief Mnr Pretorius
My seun met Rooijakkals geskiet onder my toesig.Sien aanhegsel 3:Brief Mnr De Vos
Klubs en afiliasies.
Ek is reeds lid van Montana pistool klub vanaf Mei 2009 en het in 2010 die klub 17 keer besoek vir skiet aktiwitiete. Buite jagseisoen besoek ek gereeld die skietbaan soos hierbo vermeld en spandeer dan tyd om ladings te ontwikkel en te verfyn. Tyd word ook gereeld afgestaan aan opleiding van nuwe lede.
Sien aanhegsel 4:Brief Montana Pistool Klub Mnr. Grobelaar.
Ek is lid by die SAJWV waar ek my toegewyde jagters status reeds bekom het.
Wapen hanterings ondervinding.
Ek is reeds van voor skool deur my Pa geleer en opgelei om wapens korek en veilig te hanteer.
Ek het op 'n plaas groot geword en het reeds op die ouderdom van 6 my eerste windbuks(.177cal.) gekry om daarmee te leer om 'n wapen korek te hanteer.
Ek het in 'n huis groot geword waar my Pa as jaggids vir jagters opgetree het en waar my Pa my onder sy toesig geleer het van wapens en jag.
Ek het reeds op laerskool begin met die skiet van hoofsaaklik probleem vlakvarke in boere se mielielande en dan ook die skiet van rooibokke op aanvraag.
Ek is vertroud met die hantering en werking van die volgende vuurwapens waarmee ek al baie geskiet het.
Ek het reeds 'n voorgeskrewe kluis (waarvan ek die sleutels dra )wat reeds gemonteer is, en my wapen word ten alle tye daarin gestoor as dit nie gebruik word nie.
Sien aanhegsel 5:Foto van kluis
Ek vertrou my aansoek sal gunstig oorweeg word.
Baie dankie.
_______________
Peet van der Walt
082 920 3978
PM wou nie werk nie so toe plaas ek hom hier.
Dis net om jou 'n idee te gee waar om te begin. Vat weg en sit by soos jou omstandighede is.
Peet
Last edited by Pvdw on Fri Nov 04, 2011 6:06 pm, edited 1 time in total.
black-sam hulle met n klomp inligting, wat hulle nie verstaan nie, en hulle kan (behoort) nie te weier nie.
Baie goeie motiveering Peet.
Alle kante is gedek. Ek is seker daar sal n stroom soortgelyke motiveerings aangestuur word.
Is dit die moeite werd om fotos van jagte/culls, ens saam te stuur?
Groete
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
Dankie aan almal, ek het `n goeie motivering via e-pos by Byers ook gekry, moet se my aansoek vir hierdie geweer is lekker duk. Ek het `n hele paar fotos aangeheg van hierdie jaar se Springbok jag en Blesbok Jag en Jakkalse en so aan so ek maak die pap lekker duk aan. Ek gaan hierdie motivering van Peet ook bysit - hulle gaan so moeg word vir lees dat hulle net die ding gaan goedkeur . Gaan hierdie lisensie aansoek time, my korste aansoek was 10 maande so kom ons hou duim vas die een is vinniger - will graag die geweer by Zimbi gaan haal en lekker met hom ook begin skiet. Groete
Ek dink nou daaraan, al my vorige gewere het privaat gekoop, ek het dan `n storingspermit by die polisie gekry en dan het ek die geweer in my kluis gehou. Dink julle nie dit sou lekker gewees het as ons dit so met gewere by `n winkle ook kon gedoen het nie?