Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Lourens »

Ponkie ou mater moet nie dat die magnums jou afsit nie, op daai klas van wild het jy hulle slaankrag nodig as jy langafstand skiet. Die gewone kalibers kan dit doen maar die magnums gee net so bietjie ekstra slaankrag met daai moeilike skoot. My eerste aanbeveling is die 338 win mag en almal op die forum weet hoe ek oor hom voel. Sy recoil kan egter n jagter baie vinnig afsit. Sy slaankrag an die anderkant is ongelooflik. Ekt vroeer die jaar n 220m skoot op n wildebeesbul geskiet hier in die bos (skoot was in n pad af) en ek moet se dat ek lanklaas iets n wildebees so hard sien pakgee het. Dieselfde met my groot eland bul 3 jaar gelede, dit lyk of die weerlig hom raakgeslaan het. Ander goeie keuses is die 300WSM, 300 Win Mag en ook die legendariese 8x68. Die 8x68 is eintlik vir my ideaal. Ekt die vooreg gehad om in suid namibie n hartbees en gemsbok met my oom sin te skiet. Skote was 290 en 335m onderskeidelik. Dis n lieflike geweer, recoil is verseker meer as n 30-06, maar dis glad nie so erg nie. Hy is vir my n top kandidaat. Net soos wat sy neef die 8x57 vir my n top kaliber vir bosjag is. Ek sal verseker in die toekoms beide hierdie kalibers tot my arsenaal byvoeg. Op die ou end van die dag moet jy n geweer en kaliber kies waarmee jyself gemaklik is en dis baie belangrik. Jy kan al hierdie lekker dinge met standaardkalibers ook regkry, jy sal net bietjie meer moeite aan jou kant van die geweer moet doen. Daai 308 is net so n dodelike geweer op kort en lang afstand as hy gelaai is met die regte klippe en die regte drywer agter hom staan... ;)

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Jaco Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Jaco Alberts »

More Alwyn,

Wouter sal kan help hier, hy ken die "kwikstawe" wat die manne in die klowe laat monteer, ( Wouts help bietjie asb ) ek ken die detail gladnie en hoor dat die ouens dit heelwat gebruik op gewere wat teveel terugskop na hul mening. Terugskop pla my gladnie, daarom dat ek dit nie ken nie.

Ek stem saam wat Rooijakkals se oor die 338WM, baie geskik vir die doel waarvoor jy in jou 1ste vraag gevra het. Ek jag nou 26 jaar met 'n 338WM, vir 11 jaar met 'n Sako en die afgelope 15 jaar met my Win Mod 70, met 'n 26" loop..... ek kyk nie terug nie !! Jy kan baie lekker speel met sy koeelgewigte, tussen 185gr ( wat vir my te lig is ) tot 300gr, dit begin by 185, 200, 215, 225, 230, 250, 275, 280, 300 gr's, almal nie vrylik beskikbaar vir herlaai doeleindes, maar ander wel in fabrieksvervaardige ammunisie.

Jy kan meer inligting bekom in die 338WM, jy sal nie teleurgesteld gewees nie.

Groete en sterkte met daai besluit

Jaco
Jaco Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Jaco Alberts »

Jammer Alwyn, die is vir Ponkie...

Ek stem saam wat Rooijakkals se oor die 338WM, baie geskik vir die doel waarvoor jy in jou 1ste vraag gevra het. Ek jag nou 26 jaar met 'n 338WM, vir 11 jaar met 'n Sako en die afgelope 15 jaar met my Win Mod 70, met 'n 26" loop..... ek kyk nie terug nie !! Jy kan baie lekker speel met sy koeelgewigte, tussen 185gr ( wat vir my te lig is ) tot 300gr, dit begin by 185, 200, 215, 225, 230, 250, 275, 280, 300 gr's, almal nie vrylik beskikbaar vir herlaai doeleindes, maar ander wel in fabrieksvervaardige ammunisie.

Jy kan meer inligting bekom in die 338WM, jy sal nie teleurgesteld gewees nie.

Groete en sterkte met daai besluit

Jaco

 
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by tripodmvr »

As mens in Amerika was is alle kalibers 'n moontlikheid en kan jy verskeie aangeskaf het.

In SA is 338 nie volop beskikbaar nie en ek sal vir 375 met ligter premium koeels gaan. Terugslag is dan minder en spoed is 2900 +. Voldoende vir lang skote en met nog baie trefkrag en penetrasie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Danie01 »

Ponkie

Ek het so rukkie terug ook met dieselfde vraag gesit, het op einde vir 7 x64mm gegaan. Ek jag ook in die karoo. Wag nogsteeds vir my lisensie so kan nog nie regtig terugvoer gee nie. Ek is baie lief vir my pa se 270 en daarom besluit op 7 x 64mm wat naby aan daardie kaliber is, wat soos jy se swaarder en meer verskeidenheid koeels kan skiet. Baie mens e het 300wm voorgestel, maar ek nie lief vir recoil nie en mens kan dan so bietjie goedkoper herlaai ook. 300wm sal wel groter bokke makliker huistoe bring, maar as jy jou 7 x 64 ken en weet waar om die skoot te gooi, sal jy netsovee bokke huistoe bring. 7 x 64mm het net by my vasgehak en ek daarop besluit en dit iets wat anders wat nie in my familie se kluise is nie.

Al ding wat sleg is van 7 x 64mm is dat dit nie in so wye verskeidenheid make voorkom nie, my keuse was basies tussen CZ550 of Tikka, ek goeie prys R11900 op Tikka hunter gekry en hom gevat.

Geniet jou soektog, is altyd lekker
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by pietjacobs »

Ponkie wrote: Piet

Seker omdat die manne sien ek is nie eintlik opsoek na iets groter as 'n 300 nie.

Kyk maar hoofsaaklik na die 270/30-06 of 7x64.

Groetnis
Ponkie
Ja recoil is maar erg en as jy nie recoil kan hanteer, dan gaan jy nie akuraat skiet en gaan op eindig met kwes bokke en dit wil ons nie he nie. Soos jy kan sien, back klomp die 338/375 ens, maar jy sal maar self moet besluit. Ons kan maar net se wat ons in jou geval sou doen.

Ek sal nie groter as 3006 gaan as jy bang is vir die recoil. Ek neem aan jy stel dan nie belang om 'n silencer, recoilpad, ens dalk op te sit nie.

Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Wouter Roets »

More Almal

Alwyn n kwikstaaf lyk soos n vet sigaar. Dit is n metaalbuis wat so 3/4 met kwik gevul is wat dan in jou kolf teen n sekere hoek geienstalleer word. Die terugskop word dan in die orde van 15-25% verminder. Die gewig tesame met die kwik wat weerstand bied teen die terugskop van die geweer is die rede dat dit werk. Tesame met die kwikstaaf sal ek n Pachmayer recoil pad aanbeveel wat ook baie help met die terugskop. Hy lyk soos n doodgewone recoil pad maar werk met lug kompartemente binne in. Sy werksverigting is omtrent in dieselfde klas as die kwikstaaf dalk net so bietjie minder. Die twee laaste opsies is n silencer, muzzele brake of porting. Met n langafstand geweer waar daar van die bakie af geskiet word of voorsitjag is n silenser nie n probleem nie en self nie as jy stap in oper gebiede nie.

Ponkie

Nou goed hier is my voorstel aan jou. Jy het mos nou baie tyd so jy kan mos nou bietjie eksperimenteer. Kyk bietjie na verskillende make en kry een wat vir jou liggaamsbou en skietstyl reg sit. Probeer bietjie met verskillendes skiet. Dit sal ook help dat hy mooi op die oog vertoon! ;D n Gewwer wat reg sit is al klaar die meeste van die stryd gewen as dit by recoil kom. Met betrekking tot kaliberkeuse sal ek vir so groot kaliber gaan wat jy akkuraad kan skiet. enige van die Magnum kalibers hierbo genoem kan baie aangenaam gemaak word om te skiet deur die prosedures wat ek aan Alwyn verduidelik het.

As jy nader aan my was moes jy kom kuier sodat ek vir jou eerstehans die goed kon verduidelik en dat jy self daarmee kon skiet.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by tripodmvr »

Al ding wat sleg is van 7 x 64mm is dat dit nie in so wye verskeidenheid make voorkom nie, my keuse was basies tussen CZ550 of Tikka, ek goeie prys R11900 op Tikka hunter gekry en hom gevat.

Het self die kaliber en in my geweer se geval is hy sag op die skouer en dodelik in die jagveld. Regtig my werksgeweer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by .::Alwyn-U::. »

Oom Wout

Ek het nou onlangs my 375H&H ontvang, en gaan hom oor so 2 weke huisto vat. Dis hoekom ek sommer vra oor hierdie goed, het dit nooit eers geweet dit bestaan nie. Net nog een vraag or die kwikistaaf, Wat prys hulle? EN hoe persies sit hulle dit in jou kolf in? Soos ek verstaan is hy dan nie sigbaar nie..

Groete
Alwyn
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Wouter Roets »

Hallo Alwyn

Ek skat die prys is in die orde van so R600 en vir die instelasiekostes is seker so R300. n Mens haal die recoilpad af boor n gat teen n sekere hoek in die kolf en dan gebruik mens n epoksie gom om hom in plek te hou. Hy moet ten minste vir so twee dae staan sodat hy goed heg en droog word voordat jy kan skiet. Maw jy sien glad nie die kwikstaaf nie. My aanbeveling is defnetief dat mens die kwikstaaf saam mer die Pachmayer Decelerator Pad opsit. Die 375 voel dan soos n 300WM.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by .::Alwyn-U::. »

Dit klink na 'n oulike toestel wat hulle daar het! Ek sal maar eers hom net so gebruik en dan besluit. Dit is 'n nuwe geweer so ek wil nie dadelik net begin verander aan hom nie, veral as hulle begin boor in die kolf. Ek sal bietjie navrae doen by Safari&Outdoor oor hierdie.

Is beslis iets om te oorweeg.

Dankie vir die hulp!

Groete
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Stefan764 »

Ponkelonks

Watse kaliber is die beste? 270 ; 764 ; 3006 ...

Watse golfbal is die beste? Titleist ; Callaway ; Taylormade ...

Watse bakkie is die beste? Ford ; Mazda ; Nissan ...

Jy verstaan wat ek probeer se?

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Jaco Swart »

Stefan764 wrote: Ponkelonks
Watse bakkie is die beste? Toyota
Jy verstaan wat ek se?
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Ponkie »

Stefaans

Ek is met jou, maar ook nie helemal nie...

Wat is die beste bakkie? 'n Toyota Land cruiser. punt! Haha!

Maar dankie vir die terugvoer manne. Dink ek het min of meer my hart op die 7x64 gesit.

Nou begin die soektog! ;)

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Lourens »

Ponkie koop 'n Tikka en koop klaar!!  ;D ;D

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Geno »

Hoekom 'n 7x64 as 'n 7mm Remmag of 7mmWSM dieselfde EN meer kan doen?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Lourens »

Ek sekondeer Geno, geen foute met 'n 7x64 nie maar die Big 7 sal ook mooi stap!!  ;D ;D

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Arnold »

Ek sou hou van 'n 7mmWSM. Jy kan hom mos aflaai tot jy eendag gewoond geraak het aan die recoil.
Philip

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Philip »

Wie van julle ken die 338 Sabie?Ek dink dit of n 9,3x62 sal goedgenoeg vir die groeter boksoorte wees.
Philip
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Arnold »

Philip, hierdie was al iewers op die forum bespreek. Basies is die 9.3 die beter keuse omdat doppe en dies meer beskikbaar is.

Ek bewonder die 330 Dakota op die stadium, of soortgelyk die 338 Campfire  ;D
Dit is nou regtig iets anders in my o?. Met die outjie kan jy 'n ligte monometaal, soos die 200gr GSC HV, teen 3000 fps stoot uit 'n 24" loop  :o
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by SV MAD (Henk) »

Ek het maar gegaan vir die 375 Ruger. Kan hom met 200gr tot 350 gr skiet, as die recoil te erg is kan mens die lading altyd verminder en dan stelselmatig opwerk.
ek soek nog wapens...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Wouter Roets »

Hallo Arnold

Ek het ook al baie gekyk na 330 Dakota. Ek hou van die ontwerp en dink dit is die beter geballenseerde 338 maar daar is nie n noemenswaardige verbetering in verrigting as n mens al die ekstra kostes en shlep in ag neem van die kaliber teenoor die 338 Win Mag nie.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Arnold »

Hallo Wouter

Die 338 Campfire is 'n 375 Ruger dop wat net afgenek word na 338 kaliber toe. Ek het nognie eintlik die met die 338WM vergelyk nie maar die bietjie wat ek met die 338WM op QL gespeel het het dit altyd gelyk of die dop kapasiteit net effens te beperk was.
Hierdie wil ek my langertermyn projek maak ... my gemsbok geweer  ;D

Met die 330 Dakota is jy biejite beperk met Norma doppe en ek glo nie die 375 Ruger sal sommer gou wegkwyn nie?

Groete
Arnold
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Wouter Roets »

Hallo Arnold

Ek stem volkome saam met jou dat die 338 Win Mag kan doen met n fraksie meer dopkapasiteit. S365 het net nie genoeg pakplek om hom heeltemal te benut nie en met die twee bogenoemde kalibers is dit nie n probleem nie. Maar die feit bly staan dat die 338 Win Mag baie effektief is met die spasie tot sy beskikking. Ek se altyd hy is die 308 se grootboet. Hy is basies maar net n opgeskaalde 308 en in die akkuraadheid departement is hy uiters goed. In my lading soeke met hom gaan hy nie sommer oor n duim en half groepering nie en dit se baie van die kaliber!

Ek is mal oor die 338 kaliber en dink n mens gaan ver soek vir beter kaliber vir die aanwending.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Die geskikte kaliber vir jag van 'Groter' boksoorte??

Post by Arnold »

Oom Wouter  ;)

Ek het al baie gedink oor die saak en alhoewel baie manne die 375 voorskryf as 'n goeie allrounder vir algemene gebruik kan ek nie sien dat mens 'n 375 nodig het vir wild tot en met Eland nie. Baie manne skiet Eland met hul 308s en as die geleentheid my kant toe kom is ek seker dat my 308 die werk sal kan doen, maar dit is nie wat ek wil doen nie.

Omdat ek maar min gewere het en ook besluit het dat ek slegs gewere in my kluis gaan h? wat ek werklik gebruik, het ek sonder enige spyt van my gewere al verkoop. Dit het ek ook gedoen met die gedagte dat indien ek hulle sou vervang dat ek dit sal doen met die wete dat ek dan meer ingelig sal wees oor kaliber en wapen keuse. Met hierdie in my agterkop weet ek dat ek 'n groter kaliber kort.

'n 375 is sekerlik nie nodig nie?, so die keuse vir my l? tussen 'n .338 en .300 magnum. Die .30 cal is net meer beperk interme van koeel keuse. Waar vir die .338 kan mens kies vanaf 'n 180gr tot 'n 300gr koeel. So nou l? 'n 225gr koeel mooi in die middel van die spektrum waar dit vir die 300 'n swaar koeel is.

Maar nou ja, dit sou lekker wees om dit by die vuur te bespreek  ;D

PS. dit is nou, as jy in ag neem dat ek ook 'n wonderlike 260 REM AI het
Post Reply