Page 1 of 1
Ystervark probleme
Posted: Fri Mar 23, 2012 1:18 pm
by Problem Animal Control
Manne
Ek het n goeie vriend waar ek mag skiet wanneer ek wil. Ek het nou so n week terug in die land ingeloop en my mond het oopgehang,die ystervarke het sulke kolle van omtrent 5m alles platgemaak en al die koppe gevreet. Dis so 10m van die rand van die land af. My probleem is as volg;ek ry en soek my gat af dan kry ek miskien een perongeluk raak gery,kannie in die nag loop en skiet nie want die rye is te na aan mekaar geplant. Nou hoe nou gemaak? Is daar dalk iets waarmee ek hulle kan voer of dalk n ander plan om die goed te kan uitoorle? Ek wag angstig op julle kommentaar en raad. Dankie
PAC
Re: Ystervark probleme
Posted: Fri Mar 23, 2012 2:02 pm
by Rasmus
PAC
Is dit nie bosvarke wat die mielies plat maak nie?
Kyk hoe lyk my swaar se een land....
Re: Ystervark probleme
Posted: Fri Mar 23, 2012 2:10 pm
by Problem Animal Control
Rasmus
Die spore is net ystervark en vlakvark. Die miellies wat die meeste gevreet is lyk soos n mens wat dit van die stronk afgevreet het en die ander waar vlakvarke vreet is die koppe sommer happe uit. Ek het nog nie bosvarke gewaar hier nie,Noord-Wes (Klerksdorp)
PAC
Re: Ystervark probleme
Posted: Fri Mar 23, 2012 2:26 pm
by Rasmus
Gaaf. Ek vermoed die varke maak die mielies plat dan vreet die ystervarke te lekker.
Hulle is maar boggers om beheer. Ek weet van n boer wat die ystervark gate met sy TLB oop grou en dan die ystervarke so beheer.
Re: Ystervark probleme
Posted: Wed Apr 11, 2012 7:35 pm
by Evert
Hi PAC
Ystervarke pla my ok baie met bosvark jag ekt nou al so paar op die manier geskiet. Kyk waar is hulle padjie waar hulle in en uit kom by die land. Loop in die mielies en tel so streep sak half gevreete mielies op en so paar varses. Gooi die mielies waar hulle padjies in die land in gaan. Jy sal verbaas wees hoe vinnig ontdek hulle dit. Sit daar naby en roer hulle. Jy kan bosvark voer ok gebruik maar dit kan duur raak.
Re: Ystervark probleme
Posted: Wed Apr 11, 2012 8:08 pm
by Problem Animal Control
Baie dankie E-Bird,sal dit gaan probeer.
Re: Ystervark probleme
Posted: Wed Apr 11, 2012 8:09 pm
by vlakvark1
Ek vang ystervarke met vanghokke rondom die land .Vang so 2-3 varke elke week met mielie en koring aanplantings.
Re: Ystervark probleme
Posted: Wed Apr 11, 2012 8:13 pm
by Kalahari
PAC
Ek weet dit is lekker om te jag, maar as die pennavark groot probleem raak, gooi fostoksien pille met plastiekpyp in die gate en maak toe. Seker nie die etieste manier nie, maar dit werk. En dan is man nog die ou rugvelletjie ook kwyt

. Hy eet tog te lekker.
Sterkte
Kalahari
Re: Ystervark probleme
Posted: Wed Apr 11, 2012 8:23 pm
by Problem Animal Control
Gelukkig was ek nog nooit so honger nie
Re: Ystervark probleme
Posted: Wed Apr 11, 2012 8:28 pm
by Spanner
Kalahari, vertel meer oor die rugvel ding asb. Hoe maak jy die ystervark skoon en wat moet jy doen om uiteindelik met die rugvel in die hand te sit ? Ek het al gehoor die manne praat daarvan, maar niemand kon my s? hoe om dit te doen nie, en hoe om die rugvel gaar te maak nie. Ek het al paar keer ystervarke gelos net omdat ek geweet het hoe om te maak nie. Ek wil hulle nie net skiet en los om te vrot nie, hier by my doen hulle nie regtig skade nie, hier is nie gesaaides naby nie.
Re: Ystervark probleme
Posted: Wed Apr 11, 2012 8:40 pm
by Kalahari
Spanner
Die een wat die lekkerste eet is die jonger varke (maar soos die ander wild ook), die ouer varke het so bietjie meer tyd en marinade nodig, maar as ek hom kry dan braai hy.
Trek alle penne uit, dan slag jy die vel al in die rondte net langs die "gate" van die uitgetrekte penne. Die vel met vleis kan partykeer so halfduim na duim dik wees. Nou is dit maar baie tlc, skerp mes, skeermes, spirits en branddingintjie en dan skroei jy die meeste growwe hare af en haal die vlieserigheid aan die binnekant af tot jy mooi skoon vleis het.
Daarna is daar verskillende maniere om die sakie te behandel, iewers op die forum is al redelik resepte op 'n stadium uitgedeel. Ek laat le myne so dag lank in lekker asyn en marinade mengsel afhangende van die vark groote en dan word hy stadig oor matige kole gebraai, oppas hy raak gou droog en dan eet man lekker "mielie" soos dit hier in my omgewing bekend is.
Man nou raak ek sommer lus, maar ek kry hulle nie in die hande nie, gras te lank, dink ek moet weer die hokke nader trek.
Kalahari
Re: Ystervark probleme
Posted: Thu Apr 12, 2012 7:31 am
by Spanner
Nou ja toe, dankie. Ek sal dit moet probeer volgende keer as ek een raakloop. Ek sal ook gaan soek na die resepte.
Re: Ystervark probleme
Posted: Thu Apr 12, 2012 8:38 am
by Francois B
More manne
Ons sukkel net so met die ystervarke ,maar as daar n draad aan die kant van jou land is en jy kry die deurkruip plekke vang jy hom baie gou in n fake! ( Dit is basies maar n tregter gemaak met sifdraad as hy ingaan kan hy nie agteruit nie want penne steek vas)
Hoop dit help lekker dag
Francois
Re: Ystervark probleme
Posted: Thu Apr 12, 2012 8:44 am
by BLOK
FB
DIT IS SEKER EEN VAN DIE BESTE PLANNE VIR YSTERVARK WAT EK NOG GEHOOR HET.
Re: Ystervark probleme
Posted: Thu Apr 12, 2012 9:39 am
by Flip Nel
As jy vanghokke het word hy ook redelik gevang, ek het altyd uie of artappels ingegooi en dit het baie goed gewerk. My swaer het Lusern lande waar hulle baie geskoffel het, baie so gevang hulle is baie lief vir pepajas, loop nie verby nie. Ongelukkig kry jy partymaal hase wat ook inkom en die trap aftrap. Ek was gelukkig om 1 slag 'n haas te vang en het om toe weer losgelaat, het nie iets by my gehaat om in trap te sit nie maar het hom gestel gedink ek sal later weer kom en iets insit, kon eers volgende oggend daar uitkom en raai wat, toe sit daar 'n rooikat binne in die hok ek kan net dink dit is oor die haas se reuk want die hok is nog nooit gebruik vir iets anders nie so daar was geen ander reuke soos vleis in nie.
Re: Ystervark probleme
Posted: Thu Apr 12, 2012 10:45 am
by Spanner
Ek vermoed daai haas het sy blaas leeg gemaak daar in die hok, en dit was onweerstaanbaar vir die rooikat. Vat maar daai gelukkie as hy na jou kant toe kom , maat!
Re: Ystervark probleme
Posted: Thu Apr 12, 2012 11:48 am
by HCVWYK
Wat Kalahari seker vergeet het om te se, is nadat die penne uit getrek is, die nerf af geskraap moet word.
Maak water warm soos vir vark slag, gooi dit oor die ystervark dan kom die penne en die nerf baie makliker af. Die meeste van die fyn haarties wat hy dan afskroei is dan reed afgeskraap.
Ek verkies dan ook as ek hom braai om die vleiskant n blokkies patroon in te sny soos n rib. Dit verseker dat as dit n vet vark is, meer vet uit drip en ook dat die marinade beter intrek.
Re: Ystervark probleme
Posted: Thu Apr 12, 2012 2:12 pm
by Problem Animal Control
Hoe groot moet die fake van sifdraad wees?
Re: Ystervark probleme
Posted: Fri Jul 06, 2012 9:28 am
by FHM
Hier is n paar goeie idees vir daai 'mielie' (rugvel)
http://jaracal.com/index.php/topic,4524.0.html
Al self n paar gaar gemaak manne - probeer dit gerus - 90 % van julle wat dit nog nie ge eet het nie sal heerlik verbaas word hoor

Re: Ystervark probleme
Posted: Sat Mar 30, 2013 7:51 pm
by Ratel
Indien hulle regtig onbeheerbaar raak is 'n opsie om hulle met gas of petrol te skiet. Dit moet egter baie versigtig gedoen word aangesien dit brande en beserings kan veroorsaak. Verkieslik nie in die winter nie.
Re: Ystervark probleme
Posted: Sat Mar 30, 2013 8:14 pm
by Lamtjop
Trek net die penne uit so gou moontlik, as vark eers koud is kom hul moeiliker uit.