Ystervark probleme

Post Reply
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Ystervark probleme

Post by Problem Animal Control »

Manne
Ek het n goeie vriend waar ek mag skiet wanneer ek wil. Ek het nou so n week terug in die land ingeloop en my mond het oopgehang,die ystervarke het sulke kolle van omtrent 5m alles platgemaak en al die koppe gevreet. Dis so 10m van die rand van die land af. My probleem is as volg;ek ry en soek my gat af dan kry ek miskien een perongeluk raak gery,kannie in die nag loop en skiet nie want die rye is te na aan mekaar geplant. Nou hoe nou gemaak? Is daar dalk iets waarmee ek hulle kan voer of dalk n ander plan om die goed te kan uitoorle? Ek wag angstig op julle kommentaar en raad. Dankie
PAC
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Rasmus »

PAC

Is dit nie bosvarke wat die mielies plat maak nie?

Kyk hoe lyk my swaar se een land....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Problem Animal Control »

Rasmus
Die spore is net ystervark en vlakvark. Die miellies wat die meeste gevreet is lyk soos n mens wat dit van die stronk afgevreet het en die ander waar vlakvarke vreet is die koppe sommer happe uit. Ek het nog nie bosvarke gewaar hier nie,Noord-Wes (Klerksdorp)
PAC
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Rasmus »

Gaaf. Ek vermoed die varke maak die mielies plat dan vreet die ystervarke te lekker.

Hulle is maar boggers om beheer. Ek weet van n boer wat die ystervark gate met sy TLB oop grou en dan die ystervarke so beheer.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Evert »

Hi PAC
Ystervarke pla my ok baie met bosvark jag ekt nou al so paar op die manier geskiet. Kyk waar is hulle padjie waar hulle in en uit kom by die land. Loop in die mielies en tel so streep sak half gevreete mielies op en so paar varses. Gooi die mielies waar hulle padjies in die land in gaan. Jy sal verbaas wees hoe vinnig ontdek hulle dit. Sit daar naby en roer hulle. Jy kan bosvark voer ok gebruik maar dit kan duur raak.
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Problem Animal Control »

Baie dankie E-Bird,sal dit gaan probeer.
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Ystervark probleme

Post by vlakvark1 »

Ek vang ystervarke met vanghokke rondom die land .Vang so 2-3 varke elke week met mielie en koring aanplantings.
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Kalahari »

PAC

Ek weet dit is lekker om te jag, maar as die pennavark groot probleem raak, gooi fostoksien pille met plastiekpyp in die gate en maak toe. Seker nie die etieste manier nie, maar dit werk. En dan is man nog die ou rugvelletjie ook kwyt :-\. Hy eet tog te lekker.

Sterkte
Kalahari
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Problem Animal Control »

Gelukkig was ek nog nooit so honger nie
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Spanner »

Kalahari, vertel meer oor die rugvel ding asb.  Hoe maak jy die ystervark skoon en wat moet jy doen om uiteindelik met die rugvel in die hand te sit ?  Ek het al gehoor die manne praat daarvan, maar niemand kon my s? hoe om dit te doen nie, en hoe om die rugvel gaar te maak nie.  Ek het al paar keer ystervarke gelos net omdat ek geweet het hoe om te maak nie.  Ek wil hulle nie net skiet en los om te vrot nie, hier by my doen hulle nie regtig skade nie, hier is nie gesaaides naby nie.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Kalahari »

Spanner

Die een wat die lekkerste eet is die jonger varke (maar soos die ander wild ook), die ouer varke het so bietjie meer tyd en marinade nodig, maar as ek hom kry dan braai hy.
Trek alle penne uit, dan slag jy die vel al in die rondte net langs die "gate" van die uitgetrekte penne. Die vel met vleis kan partykeer so halfduim na duim dik wees. Nou is dit maar baie tlc, skerp mes, skeermes, spirits en branddingintjie en dan skroei jy die meeste growwe hare af en haal die vlieserigheid aan die binnekant af tot jy mooi skoon vleis het.

Daarna is daar verskillende maniere om die sakie te behandel, iewers op die forum is al redelik resepte op 'n stadium uitgedeel. Ek laat le myne so dag lank in lekker asyn en marinade mengsel afhangende van die vark groote en dan word hy stadig oor matige kole gebraai, oppas hy raak gou droog en dan eet man lekker "mielie" soos dit hier in my omgewing bekend is. :P

Man nou raak ek sommer lus, maar ek kry hulle nie in die hande nie, gras te lank, dink ek moet weer die hokke nader trek.

Kalahari
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Spanner »

Nou ja toe, dankie.  Ek sal dit moet probeer volgende keer as ek een raakloop.  Ek sal ook gaan soek na die resepte.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Francois B
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am

Re: Ystervark probleme

Post by Francois B »

More manne

Ons sukkel net so met die ystervarke ,maar as daar n draad aan die kant van jou land is en jy kry die deurkruip plekke vang jy hom baie gou in n fake! ( Dit is basies maar n tregter gemaak met sifdraad as hy ingaan kan hy nie agteruit nie want penne steek vas)

Hoop dit help lekker dag
Francois
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Ystervark probleme

Post by BLOK »

FB

DIT IS SEKER EEN VAN DIE BESTE PLANNE VIR YSTERVARK WAT EK NOG GEHOOR HET.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Flip Nel »

As jy vanghokke het word hy ook redelik gevang, ek het altyd uie of artappels ingegooi en dit het baie goed gewerk. My swaer het Lusern lande waar hulle baie geskoffel het, baie so gevang hulle is baie lief vir pepajas, loop nie verby nie.  Ongelukkig kry jy partymaal hase wat ook inkom en die trap aftrap. Ek was gelukkig om 1 slag 'n haas te vang en het om toe weer losgelaat, het nie iets by my gehaat om in trap te sit nie maar het hom gestel gedink ek sal later weer kom en iets insit, kon eers volgende oggend daar uitkom en raai wat, toe sit daar 'n rooikat binne in die hok ek kan net dink dit is oor die haas se reuk want die hok is nog nooit gebruik vir iets anders nie so daar was geen ander reuke soos vleis in nie.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Spanner »

Ek vermoed daai haas het sy blaas leeg gemaak daar in die hok, en dit was onweerstaanbaar vir die rooikat. Vat maar daai gelukkie as hy na jou kant toe kom , maat!
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
HCVWYK
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Sep 27, 2010 10:24 am

Re: Ystervark probleme

Post by HCVWYK »

Wat Kalahari seker vergeet het om te se, is nadat die penne uit getrek is, die nerf af geskraap moet word.
Maak water warm soos vir vark slag, gooi dit oor die ystervark dan kom die penne en die nerf baie makliker af. Die meeste van die fyn haarties wat hy dan afskroei is dan reed afgeskraap.

Ek verkies dan ook as ek hom braai om die vleiskant n blokkies patroon in te sny soos n rib. Dit verseker dat as dit n vet vark is, meer vet uit drip en ook dat die marinade beter intrek.
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Problem Animal Control »

Hoe groot moet die fake van sifdraad wees?
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Ystervark probleme

Post by FHM »

Hier is n paar goeie idees vir daai 'mielie' (rugvel)
http://jaracal.com/index.php/topic,4524.0.html
Al self n paar gaar gemaak manne - probeer dit gerus - 90 % van julle wat dit nog nie ge eet het nie sal heerlik verbaas word hoor ;)
Last edited by FHM on Fri Jul 06, 2012 9:29 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1880
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Ratel »

Indien hulle regtig onbeheerbaar raak is 'n opsie om hulle met gas of petrol te skiet. Dit moet egter baie versigtig gedoen word aangesien dit brande en beserings kan veroorsaak. Verkieslik nie in die winter nie.
Maak 'n verskil
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Ystervark probleme

Post by Lamtjop »

Trek net die penne uit so gou moontlik, as vark eers koud is kom hul moeiliker uit.
Post Reply