Quick Load Help met 243 GMX 80gr

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Quick Load Help met 243 GMX 80gr

Post by Johan Reyneke »

Is daar dalk enige iemand wat al GMX vir 243 gelaai het

My wapen is 22" loop met 1 x 9 twist.
QL gee my nodes @1.127, 43gr en spoed van 3169fps dopvulling 94.1%.
Die volgende node @ 1.013, 46gr en spoed 3397fps en dopvulling 100.7%.
AOL is 67.
H20 = 55gr
Dop Lengte = 51mm
Ek het begin op  42gr opgewerk in 0.5gr tot 46gr.
By 44,5gr kon ek hoor hoe die punt die kruit begin "crush" of druk.

Die applikasie gaan vlakte skiet wees so ek wil graag vir spoed van 3100 to 3300fps gaan

Om hierby aan te sluit, kan ek oorslaan S355 wat minder kruit gaan gebruik, dopvulling wissel tussen 88% op maar kom nie naby 100% nie.

Ek het nog nie hierdie lading geskiet nie omdat ek maar versigtig is met die 100%+ vulling.

Enige hulp sal waardeer word.

Johan
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Quick Load Help met 243 GMX 80gr

Post by Francois Briedenhann »

Ek het nie geweet jy kan n dop 100% vul nie!Klink na n gevaarlike storie.Het ook gehoor jy moet nooit oor 45gr laai nie?

Groete FB
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Quick Load Help met 243 GMX 80gr

Post by Dippies »

Francois Briedenhann wrote: Ek het nie geweet jy kan n dop 100% vul nie!

Groete FB
Dit sal darem maklik gaan as n man so kan laai.Skep sommer dop vol kruit druk die punt en meet die TPL. Ronte 1 is klaar da.

n man sal darem vinnig so kan laai ;D ;D ;D

Dippies
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2472
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Quick Load Help met 243 GMX 80gr

Post by Nico Harris »

Waneer quickload praat van 100% vulling verwys dit na die oortollige spaie in die dop na die koel geseat is. Dit beteken nie die dop is vol tot bo nie maar dat die kruit tot presies onder die koeel se gat sal gaan.

Ek sal gaan vir die 1.127 node/ die laer een van die twee. Jy verloor min spoed so maar die druk is heelwat laer so jou doppe ens sal langer hou!

groete

Nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Quick Load Help met 243 GMX 80gr

Post by James Wilson »

die eerste lading wat ek op die forum gekry het op n 300H&H mag was 101% dopvulling, dit was op 53000psi as ek reg onthou en ek kan gaan tot net so oor die 60 000psi gaan. daardie lading het met die eerste probeerslag n groep gegee van 22mm met n spoed van 3110f/s op n 180grn Nosler.  toe ek dit kry was ek n "believer" in Q/load.

Harris se verduideliking is dalk meer gepas as myne
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Quick Load Help met 243 GMX 80gr

Post by Wouter Roets »

Hallo Johan

100-105% dopfulling is daar niks meer fout nie en eintlik verkieslik. Solank jou koeel nie uitgedruk word nadat jy dit geseat het nie is daar geen probleem. Toets alby nodes en kyk watter een gee die beste groepering en kleinste extream spread. Kies dan daarvolgens. Met jou huidige koeel is te hoe spoed geen probleem en jy kan gemaklik vir die hoer node gaan.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
ablm468

Re: Quick Load Help met 243 GMX 80gr

Post by ablm468 »

Ek sit met diesekfde dilemma, op my 308, gebruik 43gr S335 150 gr GMX en kan ook hoor hoe die punt die kruit druk, ek neem aan die dop is na aan 100% vol, het nog nie getoets nie maar is nogal versigtig.

Sal iemand so gaaf wees om dalk vir my die lading op Ql te toets.

43gr s335
150gr gmx
H2O kapasiteit 54,78gr
Looplengte 63,5cm
ken nie die twist nie (308 musgrave plankgeweer)
aol 72,15mm

Groetnis

Byvoorbaat dankie

Hansman
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Quick Load Help met 243 GMX 80gr

Post by Johan Reyneke »

Hi Hansman

Ek het in QL gevoer. Volgens my berekening is die lading oor maksimum druk(68900psi tenoor normaal maks 60100psi). Jou dopvulling is meer as 100%. As ek reg is sal jy nie meer as 40,5gr kan gaan nie want dan is jy reeds naby aan die 60000psi maks druk. 39.3 gee 'n node met spoed van 2719. Jy kan eerder by 36.5gr begin en met 0.5gr opgaan.  Ander manne wat langer as ek QL gebruik kan dalk beter help.
As jy die ladings gebruik is dit op eie risiko, want dit kan nie gewaarborg word nie. Begin eerder laag en werk op. Kyk altyd vir druk aanduidings na elke skoot.

Hier is detail van QL

Cartridge          : .308 Win.
Bullet            : .308, 150, Hornady GMX 30370
Useable Case Capaci: 45.179 grain H2O = 2.933 cm?
Cartridge O.A.L. L6: 2.835 inch = 72.00 mm
Barrel Length      : 25.0 inch = 635.0 mm
Powder            : Somchem S335 ?

Predicted data by increasing and decreasing the given charge,
incremented in steps of 1.0% of nominal charge.
CAUTION: Figures exceed maximum and minimum recommended loads !

Step    Fill. Charge  Vel.  Energy  Pmax  Pmuz  Prop.Burnt B_Time
%      %    Grains  fps  ft.lbs    psi    psi      %        ms

-10.0  87    35.37  2485    2057  39130  5479    98.5    1.369
-09.0  88    35.76  2509    2096  40304  5526    98.7    1.350
-08.0  89    36.16  2533    2136  41513  5571    98.9    1.333
-07.0  90    36.55  2556    2177  42756  5615    99.1    1.315
-06.0  91    36.94  2580    2217  44035  5656    99.3    1.298
-05.0  92    37.34  2603    2258  45351  5696    99.4    1.281
-04.0  93    37.73  2627    2298  46705  5733    99.6    1.265
-03.0  94    38.12  2650    2339  48099  5769    99.7    1.249
-02.0  95    38.51  2673    2381  49534  5803    99.8    1.233
-01.0  96    38.91  2697    2422  51011  5835    99.9    1.217
+00.0  96    39.30  2719    2463  52531  5864    99.9    1.202  ! Near Maximum !
+01.0  97    39.69  2742    2505  54097  5892    100.0    1.187  ! Near Maximum !
+02.0  98    40.09  2765    2547  55709  5917    100.0    1.172  ! Near Maximum !
Last edited by Johan Reyneke on Wed Mar 21, 2012 8:54 pm, edited 1 time in total.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
ablm468

Re: Quick Load Help met 243 GMX 80gr

Post by ablm468 »

Johan

Baie dankie man ek waardeer die moeite, ek eht dit vermoed, ek gaan hulle moet trek en oor laai.

Ek waardeer die forum baie, hulp soos die is baie werd, dit is n great klomp ouens hier bymekaar.

Manne ek moet geld bymekaar maak om ook QL aan te skaf, wat kos die program?

Groetnis

Hansman
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Quick Load Help met 243 GMX 80gr

Post by Johan Reyneke »

Hi Hansman

Groot plesier. Ons help mos mekaar.  Ek het myne van Safari en Outdoor bestel. Ek sien hy is nou R1500, maar is steeds goedkoper as om jou geweer te beskadig, of jouself seer te maak. Hier is die url http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... 3.6.2  Ek leer ook nog die program, maar met al die hulp en posts hier word mens bietjie wyser.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Quick Load Help met 243 GMX 80gr

Post by Marc »

Johanrey

Ek LAAAAAIIK jou avatar  ;)

Dankie vir die terug voer. Ek gaan ook binnekort die program aanskaf  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply