Roger se Jagfotos

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Roger se Jagfotos

Post by Geno »

Manne,
Hier is Roger se fotos met stories:

Hier is n Gemsbok wat ek geloop en bekruip het tot 87m.
Sy was ook n RW van 41 1/8? Ek wag nog vir die sertifikaat.
Ek het haar ook geskiet met die .308 Musgrave, Lyttleton Bullbarrel en 150gr PMPs.
Hier is die snaakse ding? Terwyl ek en die PH staan en wag vir die bakkie, kom n stroppie springbokke verby gedraf so 40m weg.
Ek het die springbok geskiet in die draffie met dieselfde geweer
[img width=560 height=420]http://dl.dropbox.com/u/49750262/Hunting/Roger/Gems.jpg[/img]


Hier is n Blesbok wat ek geskiet het.
Ek staan saam my dogter, Rochelle.
Die Blesbok op 194m geskiet met dieselfde .308 Musgrave, Lyttleton Bullbarrel met 150gr PMPs.
As jy mooi kyk op die foto, net bo die geweer se scope, sien jy n knop op die bok. Dis waar die rondte amper deur gegaan het.
Daai bok is teen my muur en ek het nog die ge-mushroomde rondte.
[img width=560 height=420]http://dl.dropbox.com/u/49750262/Hunting/Roger/Bles.jpg[/img]


Hier is n SWB wat ek op 229m met n .308 Musgrave, Lyttleton Bullbarrel & 150gr PMP geskiet het.
Tot my verbasing was hy n RW.
[img width=560 height=420]http://dl.dropbox.com/u/49750262/Hunting/Roger/SWB.jpg[/img]
[img width=560 height=388]http://dl.dropbox.com/u/49750262/Huntin ... 20Sert.jpg[/img]


Hierdie is n waterbok koei wat ek op 131m kopskoot geskiet het met n .308 Musgrave, Lyttleton Bull barrel & 150gr PMPs.
Sy het uitgeslag 84kg.
[img width=560 height=420]http://dl.dropbox.com/u/49750262/Huntin ... terbok.JPG[/img]
Goed, beter, 6millimeter!
immelmanw

Re: Roger se Jagfotos

Post by immelmanw »

Baie mooi, het jy die waterbok vir vleis geskiet? Hoe het dit gesmaak?
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Roger se Jagfotos

Post by Jakkalsgat »

Roger

Almal mooi bokke, by wie het jy geskiet op Hennenman?

Willem

Waterbok moet maar net reg geslag word, hande wat vleis vat moet nie dieselfde hande wees wat vel hanteer nie, hare moet nie aan vleis raak nie en pasop vir kliere onder die vel dat hulle nie raakgesny word nie. Waterbok maak baie lekker wors.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Roger se Jagfotos

Post by Marc »

Mooi bokke en stories Roger.

Mag daar nog baie wees  ;)

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Roger se Jagfotos

Post by Roger »

immelmanw wrote: Baie mooi, het jy die waterbok vir vleis geskiet? Hoe het dit gesmaak?
Ja, geskiet vir vleis. Bobaas Biltong in Hennenman het dit verwerk.
Kaaswors, boerewors en sosaties. Dis baie baie lekker as die bok reg geslag word.

Roger!
Too many to mention ;-)
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Roger se Jagfotos

Post by Roger »

jakkalsgat wrote: Roger

Almal mooi bokke, by wie het jy geskiet op Hennenman?

Willem

Waterbok moet maar net reg geslag word, hande wat vleis vat moet nie dieselfde hande wees wat vel hanteer nie, hare moet nie aan vleis raak nie en pasop vir kliere onder die vel dat hulle nie raakgesny word nie. Waterbok maak baie lekker wors.

Groete
Jaco
Jaco,

ons het by Oranje wilds plaas gejag, Oom Klaas Goudriaan se plekkie (1200ha).
Maar ongelukkig jag hulle nie die jaar nie, gaan bokke vang en uitruil.

Roger!
Too many to mention ;-)
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Roger se Jagfotos

Post by Roger »

Marc wrote: Mooi bokke en stories Roger.

Mag daar nog baie wees  ;)

Groetnis
Marc
Baie dankie!

En dankie Eugene vir die oplaai!!
Too many to mention ;-)
Post Reply