Vleislus

Post Reply
tafjak

Vleislus

Post by tafjak »

Hier is 'n man wat nie ore gehad het nie, my en die bure gryshare gegee het. Seker 'n arsenaal patrone gekos om die ou tot ander insigte te bring. Vreet by die buurman 14 boklammers binne 8 dae op, binne 1 hektaar lusernlandjie met wildheining (jakkalsproef).

Hy't ons seker vir 'n goeie deel van 4 jaar getreiter. Net jammer ek het nie 'n foto van sy maaginhoud nie. Woolies kon darie mince op die gesondheidsrakke gehad het.

Image

Groete en waar's die sitbokmanne?

Taffie
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Vleislus

Post by johan »

Taffie

Mooi man dit sal hom leer!
Wanneer gaan ons weer saam met Pierrie-hulle modderbokke jag?

johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
tafjak

Re: Vleislus

Post by tafjak »

Johan

Laat weet, dan kan jy sommer Terminator saamnooi. Lyk die ou het die skietding met die regte glase vir daai modderbokke.

Jong hier het 'n ou somewhere op die blad gevra of gese dat darie koeels van ou Swartekater bietjie lig is vir vossie en kietsie. Jong ek weet darem nie en ek onthou nou eers dat ek Swartekater eennag moes baasraak terwyl ou Slingervel in die hospitaal was. Darie is 'n roer!

Groete

Taffie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Vleislus

Post by JACQUES BOTHA »

TAFJAK
EK HOOP NIE DIE BOBBIE HET DIE HAMER GEBRUIK OM OF DIE HEK SE SLOT OOP TE MUR NIE OF OM DIE LAMMER DOOD TE SLAAN NIE..
DIE DING KON JOU AANRAND MET DAAI HAMER...
EK SOU VOORSTEL JY MOES HOM EERS IN DIE REGTER ARM SKIET OM DIE HAMER TE LOS EN DAN  DIE DOODKOOT GEE..
IS DAAI HONJIE VAN JOU STRAIGHT DIT LYK DAN NOU VIR MY OF HY DAAI BOBBEJAAN WIL DEK,,,,,
Shoot straight and tell the truth!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Vleislus

Post by Freek »

Mooi Taffie!

Gee daai burgers gas ou maat, smaak my ou BOB is meer geskoold daai kant van die VAAL rivier - maak al gebruik van tools(hamers etc.) om die job te doen. Wonder of hy van Mugabe se wereld afkomstig is... ;D

Manne soos ek vroer gese het modderbok, mieliebek, bosvark jag noem dit wat jy wil - dis my kos daai. Julle moet net skree!
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
tafjak

Re: Vleislus

Post by tafjak »

Meso en Term

Jong, die ou was nogal pikant as dit by veevreet gekom het, nooit het hy geskrou nie. Darie werk het hy vir die 2 ander manne wat redelik jonger was gelos wat saam rondgeloop het. Hulle kon jy ook gereeld skiet. Hier by ons op 'n veepos het hy boklammers naderhand in die kraal gevang omtrent 80 meter van die jong se huis af. Teen die tyd dat die jong iemand kon kry met 'n roer, was die ou al ver. Die jong kom hom naderhand nie meer afskrik nie, maar as die ou 'n bakkie sien is dit weg.

Ek kry die ou toe op sy laaste dag alleen agter in ons veld. Die dag was ek besig om draadlyne te loop toe die jong die ou naby die water sien, maar nie 'n geweer by my nie. Wat nogal snaaks was, was dat hy die dag geskrou het. Ry toe al die pad huis toe om een te gaan haal en moet by hom verby ry (150 meter of so) en sien die hoog en droog onder 'n perboonboom sit. Ek maak maar of ook niks gebeur het nie en ry aan.

Oppad terug ry ek weer by die ou verby, sien niks en gaan maar aan asof niks gebeur het nie. Later skrou die ou weer en daar is hy weer langs die water. Ry nader en tot my verbasing sien ek die ou net loop met geen haas aan hom nie. Kom toe omtrent so 150 meter van hom af, maar die ou bly wegloop van my af, maar toe pak ek darie gat van hom vol V-max'e.

Toe breek die 1000jarige vrede aan.

Ek kom al hoe meer agter dat om hierie ouens te jag moet jy so normaal as moontlik aangaan. Moenie jaag, hardloop(ek kan nie meer)en moenie begin mal raak en op alles en almal skree nie. Maar ek is seker daar is manne wat ons mooi kan leer in die verband.

Darie hond van my was die beste wat hierie plaas al ooit gesien het. Aggresief, gehoorsaam en baie besig.  Op my bed geslaap en was die blyste op die werf as ek na ruk weer by die huis kom. My ou groot maat. Die ou is nou indie hemel, het hom so 2 maande gelede laat uitsit, het die rype ouderdom van 16 jaar gehaal. Jong, laat ek ophou, netnou raak ek bewoe.

Groetnis

Taffie
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Vleislus

Post by Freek »

Taffie dis 'n mooi storie daai, baie geluk dat jy die vabond uiteindelik gekry het! Hoop net hy het nie te veel nuwe troepe kon oply nie  :)  Die burgers van die berge/vlaktes leer ook vinnig van hoe om gevaar te vermy ens. Elke keer as ek op so 'n naweek jagtrip uitgaan en ek loop in hulle vas sal ek gelukig wees as ek meer as een vir die hele naweek plat trek. Jy skiet een skoot en dan pak die res van die trop op, en vertrek so 6 plase verder totdat die gevaar verby is.

Daai hond van jou lyk vir my na langbeen jackrussel of foksterier. Ek het self ene, regte klein petrol enjin, hou all die groot honde wakker en op hul tone.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: Vleislus

Post by Mountainman »

Taffie, dit is 'n mooi mannietjie daai. Vier jaar is lank om te soek, maar dit is nou wat jy kry van toe oorgeit - 'n lood pil.

Hier is 'n mielie bek wat Freek geskiet het op so 225 tree met 'n 308 Hornady A-max.
Let op hoe dik staan haar kieste van die mielies.

Image

Image

Hier het ek 'n blou aap met die voorlaaier geskiet - 'n 400gr loodpunt met 80gr swartkruit mors nogal so aap.

Image
Last edited by Mountainman on Tue Jan 20, 2009 4:53 pm, edited 1 time in total.
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Vleislus

Post by Freek »

Daai een wat so smile het omtrent 'n mielie kop in elke kies gehad plus 'n geplukte mielie kop onder elke arm dus 4 mielie koppe vir die BOB. Die trop was so om en by 30 bobbies dus elke keer as hulle kom vreet is dit 4 mielie koppe x 30 bobbies  = 120 mielie koppe net vir die een trop. Hulle vreet ten minste 2 keer per dag in die land, dus 120 mielie koppe x 2 keers se vreet per dag = 240 mielie koppe per dag net vir een trop. Die oppasser met sy sweep langs die land beweer daar is drie troppe burgers wat daagliks kom wei in die lande, dus 240 mielie koppe per trop per dag x 3 troppe bobbies = 720 mielie koppe per dag wat deur die burgers van die berge verorber word - nou vra ek julle, watter boer voel dit nie aan sy sak nie?  :'(
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Rieme

Raad vir die sitbokke

Post by Rieme »

>:(

Die bobejane eet nouwel nie ons lammers nie, maar doen baie skade aan die aartappels en mielies. Selfs die uie loop ook deur. Ek dink ook die uie lei die ergste daaronder. Het al alles probeer om hulle te skiet ens. maar dit is pn groot gesukkel. Ons het nou die resep gekry. HOKKE!!!!
Dit werk.
Het nou 12 gevang in 3 weke.
As iemand nog raad het laat weet.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Vleislus

Post by MEERKAT »

So maak goete wanneer hulle nie beheer word nie.

Moet darem by se as hulle so maak met die verkeerde man op die verkeerde plek op die verkeerde tyd sal die blou hel onder hulle losbars.

Knou goggas af
MEERKAT
[img]http://[/img]Image
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Vleislus

Post by Louis102 »

Meerkat

Kan nie help wonder of jy na die bobbejane binne of buite die voertuig verwys nie.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Vleislus

Post by Ambessa »

Hallo Meerkat
MEERKAT wrote:...So maak goete wanneer hulle nie beheer word nie.
...beslis ook nie die eerste of laaste keer wat die perre die truuk uithaal nie...

Dit gaan net al erger raak...

Ambessa
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Vleislus

Post by JACQUES BOTHA »

ek beplan om n karwas in daai omgewing te begin..
met daai manne ....as low maintanance arbeiders,,
gee elke bobbie n lap en sit kanne met water en seep daar neer...
laat hulle speel speel n kar was....
ek gaan net n tolhek installeer so 40 tree verder en dan my geld collect vir die karwas....
..

JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
JopieFourie
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm

Re: Vleislus

Post by JopieFourie »

Dag ek pos maar `n foto van die aleenloper. Nogals `n geluk kop skoot so in die hardloop.

Image
Image
Last edited by JopieFourie on Wed Feb 17, 2010 1:51 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Vleislus

Post by Nico Harris »

met wat jy geskiet japie?(geweer punt ect) en hoe ver was hy?

my vriend het die een uit my badkamer venster geskiet- was 211m met n 7x57 gelaai met 154gr hornady teen 2450.

Image
Image


groete

nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
JopieFourie
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm

Re: Vleislus

Post by JopieFourie »

Dag Nico

.303, 150gr Speer met 41gr S335. Het hom nog nie gemeet nie maar ek skat hom so hier by 2650vps. Die bojaan was seker so 80m weg, die dat ek hom darem in die hardloop kon klop.

NS:

Mooi trofee daai!!!
Post Reply