Page 1 of 1

Meerkatte in pampoenveld

Posted: Mon Oct 26, 2026 2:58 pm
by LoopSoosStroop
Meerkaaje grawe en eet die sade van my skoonma se vars gesaaide pampoene. Nie 'n baie groot veld nie, seker so 100 x 100 m.

Ek en seun het hulle so bietjie probeer looi met 22 maar hulle is te skelm vir ons en ons kan nie heel dag of nag daar sit nie.

Enige raad?

Re: Meerkatte in pampoenveld

Posted: Mon Oct 26, 2026 6:15 pm
by Ds J
Hokke?

Re: Meerkatte in pampoenveld

Posted: Tue Oct 27, 2026 4:48 am
by BenJacobs
Ek het dit nog nie gedoen met meerkatte nie, maar met nagmuise. Kan nie sien hoekom dit nie sal werk nie. Kry hulle gate, sit pyp in een gat, so diep as moontlik en sit die ander kant aan motorfiets of bakkie se uitlaatpyp. Gooi die ander gate toe, behalwe dalk een. Die rook sal vinnig wys waar die gate is. Iemand wag dan by oop gat met haelgeweer of slaan ding. Dalk 'n bietjie wreed, maar hulle maak kwaai skade.
Groete

Posted: Tue Oct 27, 2026 7:50 am
by Capt. Yoda
LoopSoosStroop wrote: Mon Oct 26, 2026 2:58 pm Meerkaaje grawe en eet die sade van my skoonma se vars gesaaide pampoene. Nie 'n baie groot veld nie, seker so 100 x 100 m.

Ek en seun het hulle so bietjie probeer looi met 22 maar hulle is te skelm vir ons en ons kan nie heel dag of nag daar sit nie.

Enige raad?
Image

Re: Meerkatte in pampoenveld

Posted: Tue Oct 27, 2026 7:53 am
by LoopSoosStroop
BenJacobs wrote: Tue Oct 27, 2026 4:48 am Ek het dit nog nie gedoen met meerkatte nie, maar met nagmuise. Kan nie sien hoekom dit nie sal werk nie. Kry hulle gate, sit pyp in een gat, so diep as moontlik en sit die ander kant aan motorfiets of bakkie se uitlaatpyp. Gooi die ander gate toe, behalwe dalk een. Die rook sal vinnig wys waar die gate is. Iemand wag dan by oop gat met haelgeweer of slaan ding. Dalk 'n bietjie wreed, maar hulle maak kwaai skade.
Groete
Daardie klink na pret, kort net 'n haelgeweer :laugh:

Re: Meerkatte in pampoenveld

Posted: Tue Oct 27, 2026 7:54 am
by LoopSoosStroop
Capt. Yoda wrote: Tue Oct 27, 2026 7:50 am Image
Ja Cappie, ek benodig nou 'n senterslag 22 of 6 mm ding.

Re: Meerkatte in pampoenveld

Posted: Tue Oct 27, 2026 7:56 am
by Capt. Yoda
As jy weet waar hul gate is kan jy Phostoxin pille daar in gooi en hom toe maak, hy wikkel hulle

Ek het n 17HMR, 22250 en 6mm hier....