458 Express doppe?

Post Reply
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

458 Express doppe?

Post by Ds J »

Goeienaand, net twv interessantheid - waar kry 'n mens deesdae .458 Express doppe?

Ek weet dat PMP hulle op 'n stadium nog vervaardig het, maar ek het nie meer n kontakpersoon daar nie.

Sal 'n mens na pasmaakstelle moet kyk, soos Bertram of Ken Stewart?

Die doplengte is 76mm - 'n mens kan dus nie 375 of 378 uitblaas nie
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: 458 Express doppe?

Post by Johan van Wyk »

Laat weet gerus as jy 'n .378 se dop na .458 Express vervorm kry. Daar is net een ou wat sulke dinge kan regkry en hy bly in Witbank...
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1865
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: 458 Express doppe?

Post by Rudi Fischer »

Ek het so paar maande terug vir Norma gevra of hulle nie asb vir ons kan 3” Express doppe maak nie.
Die agente het my laat weet dat die boodskap is deur gestuur Swede toe.

Maar ek is seker as ins n paar 1000 bestel sal hulle meer bereid wees om ons te help.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Post Reply