jakkals en rooikat in die dag
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
jakkals en rooikat in die dag
Goeie naand manne, wil vir intresantheid hoor hoe gereeld julle jakkalse en rooikatte in die dag sien? Hier by ons is regtig baie jakkalse en ek kan nie eers meer tel hoeveel ek in die dag op of langs die pad sien nie. Van sonop tot so 08H00 sien ek baie wat oor die pad hardloop asook langs die pad in die veld, en dan weer van so 17H00 af is hul weer volop. Het selfs al 13H30 een gekry oor die pad hardloop! Ek het vandag my tweede rooikat in die dag gesien, was net na 18H00 en was n monster wat oor die pad gedraf het! Maak my mal as ek die goed so sien rond hol en ek kan niks doen nie! Hoor graag van julle! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: jakkals en rooikat in die dag
Waar in die wereld is jy? Julle plek is deur die ongediertes oorgeneem.
Ek weet hoekom ek die' tyd van die oggend wakker is - ons het vandag 'n kransduifdag en moet 5 uur vertrek om betyds te wees. Wat is jou verskoning?
Ek weet hoekom ek die' tyd van die oggend wakker is - ons het vandag 'n kransduifdag en moet 5 uur vertrek om betyds te wees. Wat is jou verskoning?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: jakkals en rooikat in die dag
Vistok,
Waar is jy in die land...
Dalk moet ek bietjie kom kuier en uitdun
Waar is jy in die land...
Dalk moet ek bietjie kom kuier en uitdun
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: jakkals en rooikat in die dag
Hier tussen Wesselsbron en Makwasie, die mielie boere los die jakkalse, help darem die muise, rotte en tarentale beheer. Hier is ongelooflik baie jakkalse! Tripod, ek werk as n meulenaar, die forum is n lekker plek op nagskof! Geniet die skiet, wil self weer bietjie die duiwe gaan roer!!! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: jakkals en rooikat in die dag
My oorlede swaer se woorde kom by my op met jou noem van jou woonplek. Sy rympie was :-
Ons is die manne van Makwassie
Ons is vuil want ons wassie
Ek kan verstaan dat die forum jou nagte korter maak. Dankie vir die wense, ons het baie lekker geskiet. Son het ons gelooi en dit was baie warm. Voels het goed gevlieg maar soos gewoonlik nie so maklik om raak te skiet nie. So paar Germaanse bruisdrankies het darem die dehidrasie gekeer en ons het die skiet met 'n skaappotjie en pap en sous afgesluit.
Ons is die manne van Makwassie
Ons is vuil want ons wassie
Ek kan verstaan dat die forum jou nagte korter maak. Dankie vir die wense, ons het baie lekker geskiet. Son het ons gelooi en dit was baie warm. Voels het goed gevlieg maar soos gewoonlik nie so maklik om raak te skiet nie. So paar Germaanse bruisdrankies het darem die dehidrasie gekeer en ons het die skiet met 'n skaappotjie en pap en sous afgesluit.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: jakkals en rooikat in die dag
Tripod, klink of julle n baie lekker dag gehaat het! Eks alweer op nagskof so vannaand lees ek weer die forum plat! Ek bly darem nader aan Wesselsbron as Makwasie so ek bad darem! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
- LN (Louis)
- Full Member

- Posts: 206
- Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm
Re: jakkals en rooikat in die dag
Ek en my jagmaat was die naweek bevoorreg gewees om genooi te word om op 'n plaas buite Naboom plaagbeheer toe te pas op enige iets wat eindig op vark. VERNIET!!!! Daar is ook aan ons ges? as ons jakkalse en rooikatte sien moet ons loodgooi.
Die plaas is so 3000ha groot en is 'n gemengde boerdery met sitrus, perskes, koring (in die winter) mielies, beeste en skape. Het 6 vlakkies en 2 bosvarke geskiet maar wat my opgeval het was die hoeveelheid jakkalse wat ons gesien het.
Vrydagaand het ons tenminste 20 gesien waarvan ons so 8 laat bakkie ry het. Niks geroep nie aangesien ons agter die bosvarke aan was (net jammer ons het vergeet dit was volmaan). Saterdagoggend het ek op 'n verdere 4 (2 was deel van 'n paartjie en 2 wat enkellopend was) geskiet waarvan die laaste een na 10:00 was! Hy het ook maar besluit die wiel het gekom om te bly en opgeklim.
Verder het ons ook 'n groot rooikat gesien 8:45 net jammer die kat was so 400m ver en op volspoed.
Die eienaar s? egter dat hulle die jakkalse en rooikatte nie regtig skade aanrig nie?! Kan dit nie glo met die hoeveelheid wat ons gedurende 2 dae gesien het nie.
Blykbaar is dit nie raar om jakkalse en rooikatte helder oordag op die plaas te sien nie.
Is reeds weer genooi om volgende maand weer bietjie te kom skiet en die slag sal ons beter voorbereid wees.
Groete,

Last edited by LN (Louis) on Mon Mar 12, 2012 7:39 am, edited 1 time in total.
Louis.
22 Rem
7x57 Mod Mauser
260 REM
9mm Vektor
12Br x 3
16Br 9.3 x 74 Krupp Combo
22 Rem
7x57 Mod Mauser
260 REM
9mm Vektor
12Br x 3
16Br 9.3 x 74 Krupp Combo
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: jakkals en rooikat in die dag
LN, dis waar baie boere die vout maak, hulle dink as daar nie gevang word nie, is daar nie roofdiere nie en doen hulle geen beheer nie! Dis hoekom daar so baie ongediertes rondloop. Hier by die mielie boere is dit erg, meeste het glad nie skaap nie, maar wel vleisbeeste en wild, as daar probleme kom met die jakkalse is dit gewoonlik te laat omrede hier so baie is, skiet jy n paar trek die volgendes maar net weer in! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet