Watse soort hond ??

Post Reply
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Watse soort hond ??

Post by Kallie404 »

More manne

Ek wil graag raad inwin oor n geskikte soort hond . Laat ek verduidelik, hier by my pla die blou-ape vreeslik in die groente lande en ek het land op-passers maar wat gemaak as mens bv. 3 of 4 lande het teen die minimum  huidige arbeids loon ? Soos die meeste manne weet is groente saad peper duur en die maak van plantjies ook.Dit raak net te duur. Ek looi die ape met my .222 maar hulle is nou net teslim en dit is ruig hier by my. Watse ras hond sal julle aan-beveel om ape mee te jag ? By ape jag bedoel ek dat die hond hulle in n boom moet opjaag waar ek hulle met die 12BR kan roer. Enige raad sal welkom wees.
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Watse soort hond ??

Post by Gerhard »

Ek weet van n boer wat die blou ape met hokke gevang het langs die lande waar hulle sy klein mielies uit trek.

Is dalk n meer effektiewe manier?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
oom sarel
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Wed Mar 09, 2011 8:39 am

Re: Watse soort hond ??

Post by oom sarel »

dis baie maklik om ape te skiet met jou ,222. Neem vroegoggend so 200m van hulle stelling in aan die kant van die bos waar hulledie land inkom. Jy moet stilsit en nie beweeg nie. klap die aap wat die hoogste sit eerste. hulle verdwyn maar kom weer gou terug. jy sal die trop seermaak op die manier.  Hulle moet jou net nie sien nie!

as jy die plekke het, waar jy hulle gedurende die dag sien, kan jy die plan herhaal.
Rambo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Wed Jul 20, 2011 12:38 pm

Re: Watse soort hond ??

Post by Rambo »

Die geskikste hond in 'n opgeleide hond... Dit is 'n twee jaar initiele belegging in ordentelike disipline... en jy gaan daarna nog baie insit! 'n Hond is nie 'n vinnege oplossing nie!

As jy sommer enige hond wil he wat hulle moet opjaag in die bome in, is dit presies dit... sommer enige hond met 'n wil om die goetjies te jaag. Nie 'n klein hondjie wat gaan deurloop onder die trop nie! Dus sou meer honde die beste wees... jy is ook mos meer aggresief as jou tjommie saam met jou bier drink... alleen lyk jy kwaai maar kry jy pakslae by die meneer wat sy maats saamgebring het...

Die ape sal ook nie sommer sit en wag nie... en as hulle doen sal hulle nie weer die fout maak nie...

All in All is 'n hond 'n langtermyn belegging in die jagveld, wat meer teruggee as wat jy insit... ek glo net daar is manne wat nie besef wat regtig daarin steek on 'n jaghond reg op te lei nie... en te vinneg resultate soek!
303 Lee Ennfield
270 BRNO De Lux
22 BRNO
12 BR BRNO
12 BR Miroku
Mathews Switchback
Visstokke
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Watse soort hond ??

Post by Jakkalsgat »

Vang 'n aap verf hom wit trek vir hom klere aan en los hom weer, hulle dink dit si 'n mens en hardloop weg, hy hardloop weg van die mense en na sy trop en sodoende bly hulle hardloop en jou probleem is opgelos tot die nuwe trop opdaag, herhaal maar net weer. ;D ;D ;D
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Watse soort hond ??

Post by Marc »

jakkalsgat wrote: Vang 'n aap verf hom wit trek vir hom klere aan en los hom weer, hulle dink dit si 'n mens en hardloop weg, hy hardloop weg van die mense en na sy trop en sodoende bly hulle hardloop en jou probleem is opgelos tot die nuwe trop opdaag, herhaal maar net weer. ;D ;D ;D
Jaco jou ou grap gat, welkom terug  ;D ;D ;D ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Watse soort hond ??

Post by Jakkalsgat »

Marc

Dankie mater, nie regtig weg nie net bietjie besig. Hierdie week gesien hoe manne wat kan so 900 bokke oes.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Rot
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Mon Nov 14, 2011 8:16 am

Re: Watse soort hond ??

Post by Rot »

Kry 'n bull terier jy los nie goed wat pla nie. Maak nie saak of dit 'n blou aap of 'n swart aap is nie ;D
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Watse soort hond ??

Post by Beretta »

Rot
;D ;D ;D of hy nou boom klim of bicycle ry
User avatar
Gerhard Smith
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sat Feb 18, 2012 4:46 pm

Re: Watse soort hond ??

Post by Gerhard Smith »

Ek het twee bullterriers en hulle is moeilik met n ding met lang stert wat op die muur hardloop. Hulle sal beslis jou ape aanvat die enigste probleem met n bullie is hy sien nie so goed nie so as hy nie die ape gesien kry nie sal dit maar neuk. Maar as hy eers n aap of enige ander ding leer vang het nl katte is dit verby met hulle. Laat weet as jy ernstig oor n bullie is ek ken n klomp teelers wat mooi en ordentelike honde teel.
.308 Musgrave "Suddenly"
.22 Norinco (Wag nog)
Post Reply