165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by LoopSoosStroop »

Ek het vanoggend die vrotste groep geskiet wat ek nog ooit met enige geweer geskiet het. 295 mm groep vir 6 skote (10+ MOA). Haelgeweer kon dalk beter doen.

Ek het eers gedink daar is kort met die geweer of teleskoop en amper iets oorgekom, maar het gelukkig 'n ou lading met ander 165 gr koeel (Quest RBT) byderhand en skiet toe 'n kontrole groep wat +-1.5 MOA meet vir 5 skote (dis omtrend wat die geweer doen en heel aanvaarbaar vir my jag afstande).

.30-06
48 gr S365 (dis 'n baie ou blik wat ek by 'n omie gekry het en sticker lees 026 0402, het nog nooit uit die blik gelaai nie)
165 gr Interlock BTSP
82 mm COL
Fiocci LRP
S&B doppe
Spoed 2510 fps avg.

Kruit lading is onder Somchem minimum, maar spoed bo Somchem minimum (geweer het 22" loop).

Geen hoeveelheid TPL stel en nodes soek gaan hierdie gemors verklaar nie. Weet iemand dalk wat aangaan?

20260406_144814.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by Capt. Yoda »

Jy seker daai Omie het nie daai 365 met iets gemix nie, jyt dalk S375 da
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by LoopSoosStroop »

Capt. Yoda wrote: Mon Apr 06, 2026 3:18 pm Jy seker daai Omie het nie daai 365 met iets gemix nie, jyt dalk S375 da
Man, nie onmoontlik nie, maar ek het self die blik seeltjie uitgedruk, vir wat dit werd is. Hy is effe warm vergeleke met die nuwer batches as ek spoed kyk, maar nie uitermatig so nie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by tripodmvr »

QL met data soos hierbo en BRF verstekwaarde van .44 gee 2330vps. GRT gee 2310. Met aangepaste BRF en 51.4gr bereken spoed as 2670vps en druk van 46K psi - Node 6. As jy lus het om te speel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by LoopSoosStroop »

Dankie oom Tripod, maar daar is iets groters hier fout as weg van 'n node wees, gehoop iemand het dalk al soortgelyke ervarijg gehad.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by tripodmvr »

Jy met knaldemper geskiet?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by LoopSoosStroop »

tripodmvr wrote: Mon Apr 06, 2026 7:28 pm Jy met knaldemper geskiet?
Yes, beide groepe
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by tripodmvr »

Is hierdie jou poging om 'n verminderde lading te gebruik? Indien wel is S365 gevaarlik vir die' doel. S335 of soortgelyk is waarna jy moet kyk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by LoopSoosStroop »

tripodmvr wrote: Tue Apr 07, 2026 11:12 am Is hierdie jou poging om 'n verminderde lading te gebruik? Indien wel is S365 gevaarlik vir die' doel. S335 of soortgelyk is waarna jy moet kyk.
Verduidelik bietjie die logika daaragter?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by tripodmvr »

S365 is 'n stadig brandende dryfmiddel. Indien daar baie min dryfmiddel in die dop is, is die teorie dat dit begin brand en tesame met die slagdop se gas dit die koeël in die lande in dryf waar is vassit. Die ontbranding neem dan vinnig toe en weens die weerstand bou die druk baie vinnig op en die kamer ontplof. Kamers wat ontplof het is sovêr meestal met lae ladings stadige dryfmiddel verbind.

Dryfmiddels (stokkies) wat vinniger brand ontsteek makliker. Laer ladings moet verkieslik met dopvuller opgevul word. Pistooldryfmiddel brand ultra vinnig en daarom ontbrand hulle ook maklik, al is die dop half leeg.

Lee se eerste herlaai boek bevat 'n artikel oor aflaai van ladings. Die vinniger ontbrandende stokkies dryfmiddels in die medium klas word aanbeveel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by LoopSoosStroop »

Dis baie interessant, waardeer
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by Wouter Roets »

More Pieter

Het jy al vantevore met die spesifieke batch koeels geskiet?

Groetnis
Wouter
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by Toxxyc »

LoopSoosStroop wrote: Tue Apr 07, 2026 7:51 am
tripodmvr wrote: Mon Apr 06, 2026 7:28 pm Jy met knaldemper geskiet?
Yes, beide groepe
Was jou oë oop?

(jammer, ek moes net)
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by LoopSoosStroop »

Wouter Roets wrote: Thu Apr 09, 2026 9:56 am More Pieter

Het jy al vantevore met die spesifieke batch koeels geskiet?

Groetnis
Wouter
Nee nog nie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by LoopSoosStroop »

Toxxyc wrote: Thu Apr 09, 2026 10:25 am
LoopSoosStroop wrote: Tue Apr 07, 2026 7:51 am
tripodmvr wrote: Mon Apr 06, 2026 7:28 pm Jy met knaldemper geskiet?
Yes, beide groepe
Was jou oë oop?

(jammer, ek moes net)
Man indien nie is hulle nou oop, nog nie so iets gesien nie. Lekker geskrik.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by tripodmvr »

My vraag oor die knaldemper. Soms draai die goed los en dan raak die koeëls daaraan. Dit is dan wanneer jy sulke groepe kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by Wouter Roets »

LoopSoosStroop wrote: Thu Apr 09, 2026 4:02 pm
Wouter Roets wrote: Thu Apr 09, 2026 9:56 am More Pieter

Het jy al vantevore met die spesifieke batch koeels geskiet?

Groetnis
Wouter
Nee nog nie.
More Pieter

Doen jouself die guns en meet hulle n bietjie. Die feit dat jou geweer konstante groepe geskiet het met jou ou ammunisie wys dat daar iets fout is met jou nuwe komponente. So nie n stelsel probleem nie. As dit die poeier of probleem met jou primers was dat sou jou spoed of beter gestel jou ES dit vir jou gewys het. So al wat oorbly is jou koeels en doppe. Koeels is gewoonlik die sondebok wat sulke groot akkuraadheid dispersie veroorsaak. Doppe kan dit ook doen en sal die volgende ding wees wat n mens moet nagaan.

Groetnis
Wouter
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by Toxxyc »

Ek het 'n boksie koele hier wat .312 meet, in 'n .308 boksie, verkeedelik gepak van die winkel af, so ja ek hoor wat Wouter sê.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by LoopSoosStroop »

Wouter Roets wrote: Fri Apr 10, 2026 8:02 am More Pieter

Doen jouself die guns en meet hulle n bietjie. Die feit dat jou geweer konstante groepe geskiet het met jou ou ammunisie wys dat daar iets fout is met jou nuwe komponente. So nie n stelsel probleem nie. As dit die poeier of probleem met jou primers was dat sou jou spoed of beter gestel jou ES dit vir jou gewys het. So al wat oorbly is jou koeels en doppe. Koeels is gewoonlik die sondebok wat sulke groot akkuraadheid dispersie veroorsaak. Doppe kan dit ook doen en sal die volgende ding wees wat n mens moet nagaan.

Groetnis
Wouter
Dankie Wouter, dis die eerste ding wat ek gedoen het toe ek by die huis kom na die skiet. Hulle "mic" reg op .3078, selfde as my ander 30 cal koele.

Dis ook seker een van die gewildste koele in die wereld, mens kan nie dink dat my geweer hulle nie sal skiet nie.

Sal hopelik vanmiddag nog 'n paar ladings gaan skiet en kyk.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by Wouter Roets »

Pieter

As daar verskille in die deursnee is sal jou spoed dit ook vir jou wys. Meet die lengte en as jy kan lengte van ogive tot basis en dan natuurlik die gewig. Jy het ook nie genoem wat jou proses met dopvoorbereiding was nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by tripodmvr »

Kyk na die QL berekening hieronder.

1. Dopvulling is laag asook die druk.
2. Gaan geweer data na - looplengte, dopvolume en TPL.
3. Brandtempo is op vanaf .44 na .503 - wat is die sprong na die lande?
4. Watter spoed wil jy bereik?
LSS 30-06 S365 lading.png
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by LoopSoosStroop »

Wouter Roets wrote: Fri Apr 10, 2026 9:07 am Pieter

As daar verskille in die deursnee is sal jou spoed dit ook vir jou wys. Meet die lengte en as jy kan lengte van ogive tot basis en dan natuurlik die gewig. Jy het ook nie genoem wat jou proses met dopvoorbereiding was nie.

Groetnis
Wouter
Sal biejtie lengtes van die koeels meet. Niks snaaks of anders as vantevore met dop voorbereiding nie. Uitgloei, skoonmaak en 90% neck size met 'n full length die, bump nie die skouers nie. Ek moet wel dalk bietjie die lengtes van die doppe check.

Weereens, ek verwag nie verskriklike akkuraatheid van die geweer nie, beste wat hy al gedoen het met enige van my gelaaide ammo is omtrend so 30 mm vir 5 skote. Dun loop ligte Ruger American, hy roer jou as ladings warm is en is nie lekker om te skiet van 'n rus af nie. Ek skiet 90% van my skote van stokke of uit die vuis uit, ek check net zero van die skietrus af, ek skiet nie eindelose groepe nie.

Wat geweer wel redelik konstant gedoen het tot nou is dat verskillende ladings en koeels naby aan die algemene POA land en in 'n vorm van 'n groep. Zero verstellings is gewoonlik baie klein. Hierdie is heel iets anders.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by LoopSoosStroop »

tripodmvr wrote: Fri Apr 10, 2026 9:19 am Kyk na die QL berekening hieronder.

1. Dopvulling is laag asook die druk.
2. Gaan geweer data na - looplengte, dopvolume en TPL.
3. Brandtempo is op vanaf .44 na .503 - wat is die sprong na die lande?
4. Watter spoed wil jy bereik?

LSS 30-06 S365 lading.png
Ek gaan hopelik vanmiddag 'n paar skote skiet met 'n nuwe blik S335 en 'n ander blik S365 - sal dan beter data kan gee, saam met die ander afmetings.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by Wouter Roets »

Pieter

In al my jare van laai met n magdom van kalibers het hierdie nog net een keer met my gebeur en dit was in my 458 Lott met 500gr Rhino's. Ek het 4 duim groepe op 100m gekry in my geweer wat selde meer as n duim en n half groeppe gee gedurende lading ontwikkeling. Toe ek die koeels meet was daar tot 2mm verskille in lengte. Gewig was wel redelik konstand en daar was nie n probleem met die deursnee nie. So dus hoekom ek gese het om hierdie eerste te meet. Doppe kan ook dit doen maar dan moet jy redelik droog maak met die voorbereiding of daar moet iets dergliks fout wees met die dop se samestelling.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 165 gr Interlock BTSP met S365 - kopkrapper

Post by Capt. Yoda »

Base to ogive consistency is Hornady se killer
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply