Page 1 of 1

Nuwe lid

Posted: Sat Nov 22, 2025 12:08 pm
by walkabout
Middag almal

Ek het die forum se naam op 'n ander forum raakgelees, opgesoek en die laaste paar weke lekker gelees en die "gevoel" van die (duidelik goed bestuurde) forum gekry en die stap geneem om aan te sluit. Dis lekker om skaamteloos net "jag" en verwante "topics" te lees, dis soos 'n goeie jag-kampvuur gesprek!

Dankie vir die "mods" vir die gladde aansluitproses en aanvaarding.

Ek jag met 'n Musgrave 30-06 met Vortex Strike Eagle scope, het ook 'n .303 en besig met my lisensie aansoek vir 'n 6.5 creedmoor. My 1e bok op 17 geskiet met dieselfde 30-06, en my 2e op 55 en sederdien het die gogga my weer behoorlik gebyt, so baie om op te vang. Ek bly in Durban so die jagte die laaste 5 jaar was alles in KZN, hoop om volgende jaar ook in die Karoo te gaan jag (clue 6.5cm ;).

Ek het ook onlangs begin herlaai saam met 'n pel, ek't baie om te leer nog en wil ook mettertyd 'n 2e handse basiese set-up kry.

Dankie boys.

Re: Nuwe lid

Posted: Sat Nov 22, 2025 12:51 pm
by tripodmvr
Baie welkom. Ek is in Durban gebore, maar woon al vir 50 jaar in die "Transvaal". Die jaggeleenthede het al baie vermeerder in Natal, maar 'n Karoojag het sy eie betowering. Geniet die saamkuier en praat gerus oor herlaai.

Re: Nuwe lid

Posted: Sat Nov 22, 2025 2:20 pm
by Glocked
Baie welkom hier op die forum !

Re: Nuwe lid

Posted: Tue Dec 02, 2025 2:22 pm
by walkabout
Baie dankie tripodmvr en Glocked. tripodmvr, ek is nou so 21 jaar in KZN en ja, 'n "maklike" provinsie om in the bly, veral as jy van sport & buitelewe hou.

Sal gesels oor die herlaai, moet vireers net my eie toerusting kry, soek 2nd hands, so hopelik loop ek erens iets raak.

Re: Nuwe lid

Posted: Tue Dec 02, 2025 5:36 pm
by Ratel
Baie welkom hier

Re: Nuwe lid

Posted: Wed Dec 03, 2025 2:18 pm
by walkabout
Dankie Ratel.

Re: Nuwe lid

Posted: Tue Jan 06, 2026 6:36 pm
by Jcvdb
Welkom walkabout, ek het redelik gereedskap wat nie meer gebruik word as jy sou belang stel


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nuwe lid

Posted: Thu Jan 15, 2026 9:24 pm
by walkabout
Dankie Jcvdb, jammer vir die laat terugkom na jou. Ek soek nog ja, laat weet asb. wat jy het.

My "probleem" is ek ken die herlaai goed (make) te sleg, so moet eers my herlaai-pelle vra; "wat dink jy"!

Re: Nuwe lid

Posted: Fri Jan 16, 2026 11:05 am
by James Wilson
Binne gerus in en maak jou tuis

Re: Nuwe lid

Posted: Fri Jan 16, 2026 1:18 pm
by walkabout
James Wilson wrote: Fri Jan 16, 2026 11:05 am Binne gerus in en maak jou tuis
Dankie James.