Manne ek gaan bietjie vir die kids kuier in die Kaap einde Desember.
Met die gaan slag vat ek die pad van Pretoria na Orania, Prieska, Williston, Middelpos deur die Tankwa en Wellington.
Met die terugkom slag wil ek weer bietjie van die teerpad/N1 af kom en die unike landskap van die Karoo met so paar km se grondpad bekyk. Ek beplan om uit die Kaap te ry tot op Sutherland na Fraserburg, Loxton en dan weer Victoria Wes.
Ek weet dis teer tot op Sutherland en weer teer vanaf Loxton tot Vic Wes. Die grondpad vanaf Sutherland tot Loxton is so rondom 200km. Is hier enige iemad wat my kan help met die algemene pad toestand? Ek ry met my bakkie so die sal darm algemene grond mooi hanteer as ek die bande bietjie af blaas.
Enige info sal welkom wees.
Dankie.
Pad inligting asb??
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2944
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Pad inligting asb??
Pw, voorstel pad na Kaap.
Tankwa… deur Ceres… deur Mitchellpas met historiese klippad doer onder… wonderwerk… draai links rigting Worcester… regs Bainskloofpas - jy kan eet of heerlike Savignon Blanc wyn proe by [] Bergsig - oppad na Wellington.
Wyndrink alvorens jy die pragtige en een van die oudste en onlangs restoureerde pas aandurf, met sy skerp teerpad kronkeldraaie, is dalk riskant! Tog.
Google map roete, nie baie ompad nie. Net bietjie stadiger. Stop bo-op berg by uitkykpunte Kaapse rigting.
Beste.

Last edited by Lategan1 on Sun Dec 07, 2025 9:48 am, edited 2 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Pad inligting asb??
Dankie Lategan, dis juis ons beplaning om daai pad te ry. Het nog nooit Bainskloof gery nie.
Ek draai op Kimberley reeds van die N12 af weg en ry kleiner/alternatiewe/grond paaie tot in die Kaap.
Terug het ek bietjie minder tyd en gaan net die Sutherland/Fraserburg/Vic Wes stuk afdwaal van die snelweg af.
Dankie vir die bevestiging dat ek op die regte pad is vanaf Ceres.

-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Pad inligting asb??
Ek ry gereeld vanaf Vryburg oor Hartswater, Warrenton, Kimberley en Hopetown tot in Orania. Die pad is goed, dit vat my vier tot vier-en-n-half ure; daar is meer vragmotors op die pad ná Kimberley. Oor naweke is dit effe besiger.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2944
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Pad inligting asb??
Weet nie waar my kop was nie, ek ken die kelder baie goed.Pvdw wrote: Fri Nov 21, 2025 6:36 pm Dankie Lategan, dis juis ons beplaning om daai pad te ry. Het nog nooit Bainskloof gery nie.
Ek draai op Kimberley reeds van die N12 af weg en ry kleiner/alternatiewe/grond paaie tot in die Kaap.
Terug het ek bietjie minder tyd en gaan net die Sutherland/Fraserburg/Vic Wes stuk afdwaal van die snelweg af.
Dankie vir die bevestiging dat ek op die regte pad is vanaf Ceres.
Moet wees Bergsig!
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 