Lightforce vs Night stalker

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Lightforce vs Night stalker

Post by Danie01 »

Ek is jammer as ek n ''topic'' begin waaroor daar heelwaarskynlik reeds oor gepraat was. Ek wil vir my n beter en ligter soeklig kry, want my huidige een is net te swaar, lomp en ook nie so helder nie. Ek wil graag hoor watter grootte en watter soort lig beveel jul aan vir n soeklig (hand held). As ek na die pryse kyk, is Night Stalker so klein bietjie goedkoper as Lightforce, maar of die kwaliteit dieselfde is, weet ek nou nie. Sal dit dan beter wees om die 240 Night Stalker te koop i.p.v. 'n 170 Lightforce, of moet mens eerder gaan vir die 240 Lightforce.

Het iemand al met die Night Stalker gejag? Hoe is die helderheid of afstand verskil tussen die twee?

Weereens dankie vir die manne wat n mens so graag help en hul inligting deel!

Danie
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Gerhard »

Ek ken nie die Night Stalker nie....

Maar ek kan wel vir jou s? die 170 Light Force is die helderste en sterkste spot light wat ek nog gebruik het.

Vir my is elke sent wat jy meer betaal vir die light force beslis die moeite werd.

Ek het met bietjie met die 240 model gespeel maar hy is vir my te groot en onprakties. Alles wat die 240 doen doen die 170 vir my net so goed...

Hoop dit help.

Wat is die pryse deesdae vir die 170 Light Force?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by JACQUES BOTHA »

GERAD
Nie altyd waar nie, Nighstalker het net so bietjie herstelwerk en raad wat ek op forum gekry het nodig, Sny sy groefdraad so 5mm af en jy sine n nuwe lig.. Ek kan nei bevestig dat hy so lank hou soos die nightforce /lightforce ligte nie, nog nie. Hy is nie so lig soos n nightforce nie feit.
Bloemfontein jaggeweer het einde van laas jaar n skiet gehad in die nag. hulle het nighstalker gebruik, toe hulle kla is haal ek my modefied noghtstalker uit en almal het gedink dis n ander tipe lig en selfs n opmerking gehoor sien julle die verskil tussen die nightforce en goedkoop ligte...
So prys gewys en sterkte van die lig mmm koop ek eerder 2 stalkers voor ek lioghtforce.nightforce koop AS EK PER GELEENTHEID JAG OF OES...
As jy dit prof. doen wel dan maak die lightforce sin omdat jy dan kan koop wat jy wil.
ns (ek het 2 stalkers ---maar 5 lightforce ligte...) 
hoop dit maak sin.
mooi loop
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Danie01 »

Gerhard en Jacques

Dankie ve die raad. Ek het nog nie met die 240 lightforce model gewerk nie, maar wel met 170. As die 170 dieselfde werk as 240 doen, wat swaarder en lomper is, dan het ek my keuse daar gemaak, bly maar by my 170. Ek sal nog n bietjie meer oor die stalkers uitvind en kyk hoe groot die prys verskil is. Ek weet die stalkers se prys is ook nie meer so goedkoop soos altyd nie!

Ek nie regtig seker oor wat die prys nou vir n 170 lightforce is nie, maar as ek moet raai is dit so tussen R1200 en R1500.

Dankie
Danie
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Rooies »

Jacques
Se my sny jy aan die skerm of die hand gedeelte van die lig. ek het myne nou afgedraai en net agter die gloeilamp sit daar lyk soos popriwits maar die skerm het genoeg om weg te sny.

dankie
rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Tomcat »

Rooies

Om te verduidelik noem ek die handgedeelte met die rivets n bout en die skerm gedeelte wat opdraai die moer. Sny die moer so 5mm af(met ander woorde die moer kan nou dieper indraai) So kan jy in meeste gevalle n beter kol verkry. Hoop dit maak sin.

Danie01

Hoekom wil jy n beter lig kry? Largo se jakkalse hol jou dan amper bo van die bakkie af ;D

Night Stalker is goeie ligte en kan nie oor myne se helderheid iets sleg se nie. Ongelukkig begin die kontakpunte waar die gloeilamp indruk later moeilikheid gee. Daar is klein veertjies binne in die keramiek gedeelte en ek dink hulle raak pap van die hitte. Dan druk die kontakpunte nie meer styf op mekaar nie en die lig wil nie aanskakel nie.

Groete
T
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Francois Marais »

Almal

Deel gou met julle n geheimpie......wel, dan is dit mos nou nie meer een nie.....

Die STALKERS se reflectors is nie 240mm soos hier inni post verwys word na nie, dis eintlik 220mm. As jy n helderder lig wil he as n 170mm L/Force, koop vi jou n STALKER, en switch net die twee reflectors, nadat die STALKER s'n gemodify is soos Tomma hierbo verduidelik. Die 220mm reflector pas nog op jou scope op die L/Force bracket, as jy nog verder wil skiet, dan bly n TOMMA BRACKET en n 240 L/Force you enigste opsie.

Lekker VEEERRRRRR skiet manne, julle kan mos, vra ma vi OU Rieme.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Danie01 »

Tomcat

Haha, nou weet ek ook onder watter naam jy skuil. Ek hoor julle (Jy en Pieter) ry eerder die jakkalse dood! Daar is nog die grootte oor by Largo wat nog nie wil inkom nie, maar ek gaan vanand en more aand Britstown toe, as dit nie te kwaai reen nie. Ek kom so min op ons plaas, jy moet sommer inry as hy daar uit Largo uit skree. Ek reeds hier net na nuwejaar weer 4 jonges bo-op die plato gekry, maar moet eintlik in die rivier gaan roep, weet nie wat daar vang nie, maar daar nou al 11 lammers weg vanaf nuwejaar.

Dankie, sal kyk na die stalker, lyk my hier is wel n paar ouens wat dit gebruik.

Hoop ons ontmoet volgende keer!
Danie
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Rooies »

Danie
Ek hoop jy kry daai rowers(2of4been) wat so skade maak by julle. Sal jou sien op die campbell kursus.
groete
carel
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
Danie Lombard .243

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Danie Lombard .243 »

Light Force. Good stuff.  ;)
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Danie01 »

Rooies

Hoe het die kursus toe afgeloop? Ek het al die pad karoo toe verniet gery. Ons het daar aangekom toe het dit begin reen en die volgende aand kon ons nie oral ry nie, ons sou vassit, en die wind het ook later kwaai begin pla. Sal maar daai skelms gaan uithaal as die maan weer reg is! Ek sal n plan moet maak om by daardie kursus uit te kom, ekt klaar een gemis.

Groete
Danie
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Rooies »

DANIE
Dit was n groot sukses gewees en defnetief n besliste moet. Drie jakkies het gesneuwel op die koop toe en dit het die oe laat oopgaan dat dagroep werk.
Die verniet ry is sleg maar die reen is darm n bonus. bel vir tielman hy gaan net n beperkte getal ouens vat.

rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by tau »

Kerels waar koop julle die Lightforce 170 rmsm??

Ek probeer in die VSA opspoor, want een van my pa se kantoor personeel is tot 7 maart daar op vakansie en hy kan dan mail order na sy adress en dan saambring vir my. Ek kry net die gewone handvashou stelle op www. En die ouens wat rsms het is uitverkoop. Hier in die kaap het Safari & Outdoor van die kits teen R1800.00 terwyl hulle vir 1160 in vsa gaan.

Waar koop julle in RSA.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by MEERKAT »

Almal

Wie van julle het 'n plan met die reflectors van die spotlights wat na tydjie geel word en daarna al swakker lig. (Nuwe reflector kos omtrent dieselfde as nuwe lamp)

Beide my lightforce lampe is noual geel en die goed lig al slegter.
Wie het 'n plan.
Knou goggas af
MEERKAT
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Mac »

Tau,

Ons koop meesal by Allan Truter in PE, pm hom, sy skuilnaam op die forum is Allan T, Die Skietwinkel in Middleburg (Kaap) (Hy is ook op die forum, maar ek kan nie nou op sy skuilnaam kom nie) hou ook vooraad, en hulle pryse is ook heel OK. Glo nie jy gaan in die ou landjie van ons VSA pryse kry nie, ons overhede se heffings is heelwat hoer as daardie kant.

Voorspoed,

Mac
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Francois Marais »

Tau

Ek weet nie waar jy is nie, maar probeer jou landbou ko-op vir die beste pryse, toe ek nog gereeld da by julle rondgeloop het, Upington KLK, of Prieska GWK, altwee het baie goeie pryse gehad, hulle kon ook altyd vinnig kry van wat hulle nie voorraad het nie.

Soek US dealers hier

http://www.lightforce.net.au/dealer-locator

Meerkat

Ek het nog NOOIT n reflector gehad wat geel word nie, as hy so rooi beginne lig, sit ma net n nuwe gloeilampie in, my remotes krap die lense lank voor hulle kan geel word, so vaal dat ek hulle moet replace.

Die verkoopsmanne het ook ma die verkoops foefie om te vertel die lens is net so duur soos die lig. Nuwe 240 hier by ons is so 1800-2000, en n 240 reflector 800. So dring aan op n quote en force hom om net die reflector vi jou te bestel, gister wee een amper n klap gegee, wil vi my vertel wat ek moet doen in plaas van om te hoor wat ek wil he en dan so te maak.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
SNIPER
Full Member
Full Member
Posts: 240
Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by SNIPER »

More manne

Ek skiet nou al 6 jaar met die selfde 2 lightforce 170 - een op die geweer en een van die hand model

ligte en het my nog nie een aand in die steek gelaat nie,Tewis dimmers sommer op al twee laat monteer

en werk soos n bom hier naby jou hand.

Tewis sit n sterker gloeilampie in wat maak dat die 170 net so sterk soos die 240 lig en n smeltdraad wat

jou lig beskerm.

Al twee my ligte by hom gekoop.

Hoop julle kom reg en onthou as jy nie mooi kan sien nie kan jy nie skiet nie.

Lekker naweek verder lekker jag..........self oppad veld toe vannaand.

*****SNIPER*****

Tewis se nommer:0836309419
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Francois Marais »

Sniper

Jy het lekker laat gele vanmore ;) ;) :D        (15:20=more)

Ja, jy kan ma daai 170 n 100W bullb insit, sal niks oorkom nie, moet dit net nie met n 140 doen nie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Mac »

Francois,

This may be a dumb question, but as I understand lights, without delving into refraction etc, surely it is the size of the reflector that increases the intensity, I would, correct me please if I am wrong, see better & further with a 240 & 90w bulb, that with a 170 and 100w bulb, or am I totally off the mark?

Mac.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Francois Marais »

Mac

I am 100% with you on this, the bigger the reflector the better the light intensity. That is the way I understand it as well.

Keep well
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by JACQUES BOTHA »

Manne en maninne wie gaan die een vir ons toets????


NOW AVAILABLE IN SOUTH AFRICA

HARD CASE TACTICAL HELMET LIGHT

Enhance your nightvision capability

Introductory offer ? R323(VAT incl)



White light(70 lumins), blue light, infrared(880 nanometer) & IFF strobe

 

o    Two visible LEDs ? high intensity white and blue

o    8 separate intensity configurations

o    Integrated IR and IFF with lockout switch

o    Omni-directional beacon

o    Rotates 360? in 18? increments to desired position and locks in place

o    Includes mounts for helmet and MOLLE

o    Mounts on either side of helmet

o    Does not protrude below rim of helmet when attached

o    Advanced polymer construction

o    Waterproof



Military & Security Equipment

144 Cantonments rd., Selborne Centre 2A

Lyttleton Manor, 0157

South Africa

Tel: +27(0)12 6644850

Fax: +27(0)12 6648783

Email: msequipment@lantic.net

Web site: www.msequipment.co.za
???????
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Gerhard »

Hulle is net om die draai van my...

Die ding is net dat ek net met 'n helmet jakkals jag nie...  ;D ;D

Ek het by VLT draai gemaak en die 170 Light Force Striker is R1800 :o
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
GREYHOUND

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by GREYHOUND »

Kan iemand dalk vir my se of daar dalk n sterker spotlight is as die lightforce 240 is, en of daar dalk iets beters kom?

Groete Greyhound
User avatar
Wiehan111
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Sun Sep 12, 2010 6:26 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Wiehan111 »

Ek jag self ook met die night stalker 180mm en 220mm en dit is 'n baie goeie koop. Lightforce word ingevoer vanaf die aussies af, dis al hoekom hy so duur is.

Groete
25-06 Savage Tactical
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Lightforce vs Night stalker

Post by Pvdw »

Het laas week gaan kyk na LF en NS in dieselfde winkel. Beide was die 170mm.

Ek weet nie wat die verslik is nie. ALS lyk dieselfde, tot die nate op die plastiek is dieselfde ??? ???
Al verskil was die rivet wat die ligfitting vashou aan die plastiek handsvatsel. Tot die patroon op die aluninium rondom/agter die gloeilamd is identies.

Wat is die kaans dat die nuwe LF en die NS nou uit selfde fabriek kom soos so baie ander produkte deesdae.

Peet
Work to live, don"t live to work
Post Reply