Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Manne ek luister so na die geselsery op die forum en as ek by 'n kurus uitval.
Meeste manne praat van jak werpsels van so 5-7. Ek het nou so klompie kere in die Witbank area gaan skiet. Nou dit kan dalk wees dat ek nie al die kleintjies opspoor en skiet nie maar in daai area lyk dit my die werpsels is so 3-4.
As dit wel so is wat sal dit veroorsaak? Is dit dalk oor bevolking. Grootter kaans op oorlewing, of wat anders veroorsaak dit.
Wil graag weet want ek moet tog seker maak ek kry die hele spannetjie an die hnde en gee almal 'n geleentheid op die bakkie
Peet
Al wat ek kan dink is dat daar nog bitter baie jakke is en noggie druk op hul populasie gesit word om meer kleintjies te kry nie.Dalk sit ek die pot heel mis.
Groete
Sakkie van Heerden