Goeie naand julle,
Ek gebruik deesdae meerendeels GRT en nie meer QL nie. Maar vir wat ek nou wil doen is Qk verseker beter as GRT. Sal een van julle ysters asb kan help?
Ek heg my screenshot uit GRT uit hierby aan.
Ek het geskiet met Winchester doppe, H2O kapasiteit 55.56gr, Hornady 100gr Interlock, Vihtavuori N540, My max TPL wat ek kan gaan in 68.8mm en ek was op 67mm, lading was gekalibreer
Ek het die volgende landings geskiet:
37.0gr - 2922, 2867, 2894 sd 27.4 groep 38mm
37.3gr - nie gemeet nie, GRT was adamant dat dit die regte lading is wou eintlik ky wat hy maak - groep 23.3mm
37.6gr - 2918, 2916, 2919, sd 1.9 groep 51mm
37.9gr - 2978, 2967, 2959, sd 9.5 28mm
38.2gr - 3026, 3017, 3040 sd - 11.6 groep 34mm
Lading akuraatheid was ek mees opgewonde oor die 37.9gr lading. My probleem is om nou die TPL te bepaal sonder om `n massa patrone te skiet om daar te kom. Toe ek weer `n simulasie hardloop op GRT was die aanbeveling 37.8gr.
Sal julle asb dalk kan help met die berekende TPL hier asb?
Groete
Johann
243 Win Lading - Amper daar
-
Johann Marais
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 Win Lading - Amper daar
Weet jy wat die groefdraai van die geweer is? Ek kort nog die gemete looplengte.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
