Page 1 of 1

Watse verf vir kolf?

Posted: Mon Jul 21, 2025 9:53 am
by Pvdw
Manne ek is besig om 'n haelgeweer kolf te red waarvan die 1ste projek effe skeef geloop het.

Ek het nou basies alles weer reg en prakties aan die skiet. Ek sit nou met die houtkolf met 'n stukkie aluminium inlegsel om die cheek riser te akomodeer.

Ek beplan om nou die finale afwerking te doen en hier en daar op te vul en mooi glad te skuur. Die hele kolf wil ek 'n matt swart all weather voorkoms gee.

Watse verf sal geskik wees om so projek af te rond? Ek het aan epoxy gedink maar ken dit nie goed genoeg nie. Het gelees van poli urithane en dit lyk dalk ma 'n opsie. Enige ander opsies wat ek vir so iets kan gebruik sal wardeer word.

Re: Watse verf vir kolf?

Posted: Mon Jul 21, 2025 10:38 am
by tripodmvr

Re: Watse verf vir kolf?

Posted: Mon Jul 21, 2025 10:44 am
by Capt. Yoda
Ek sou die kolf swart gestain het en dan met n oli of sealer bedek

Re: Watse verf vir kolf?

Posted: Mon Jul 21, 2025 12:26 pm
by alecjohnson
Ek is nou nie die skerpste met dit nie, en weet nie wat hout gaan maak nie, dit neem mos vog op en gee af en weet nie wat gebeur as dit geseël word nie, Ek dink Duram 88 Stonechip sal mooi werk en vertoon.

Re: Watse verf vir kolf?

Posted: Mon Jul 21, 2025 1:30 pm
by Jurie Vermaak
alecjohnson wrote: Mon Jul 21, 2025 12:26 pm Ek is nou nie die skerpste met dit nie, en weet nie wat hout gaan maak nie, dit neem mos vog op en gee af en weet nie wat gebeur as dit geseël word nie, Ek dink Duram 88 Stonechip sal mooi werk en vertoon.
Ek het ook al n paar kolwe met Duram gedoen. Omdat als swart is wys dit enige merkies baie vinnig

Re: Watse verf vir kolf?

Posted: Mon Jul 21, 2025 7:29 pm
by Pvdw
Capt. Yoda wrote: Mon Jul 21, 2025 10:44 am Ek sou die kolf swart gestain het en dan met n oli of sealer bedek
Die hout en aluminium moet beide swart wees. Ek gaan ook klein bietjie vuller gebruik en die moet ook swart.

Re: Watse verf vir kolf?

Posted: Mon Jul 21, 2025 7:44 pm
by Pvdw
alecjohnson wrote: Mon Jul 21, 2025 12:26 pm Ek is nou nie die skerpste met dit nie, en weet nie wat hout gaan maak nie, dit neem mos vog op en gee af en weet nie wat gebeur as dit geseël word nie, Ek dink Duram 88 Stonechip sal mooi werk en vertoon.
Gee die Duram 88 nie 'n growwe afwerking nie? Ek dink die tipe "rubber" materiaal kan goed werk ;)

Re: Watse verf vir kolf?

Posted: Mon Jul 21, 2025 8:48 pm
by Albertdwk
Rust-Oleum se camo paint. Kry dit in swart wat elk geval ‘n matt finish is. Het dit al self op aluminium, hout en plastic gebruik met baie goeie resultate.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Watse verf vir kolf?

Posted: Tue Jul 22, 2025 3:27 pm
by LJS
Google Raptor bed liner. Is dit die tekstuur wat jy na verwys? Hy kan ook fyner (lees gladder) as jy speel met druk van die spray gun. Sal definitief moet goeie prep werk en primer moet doen. Opsie is ook “ textured bumper paint van HB wat jy kan kry by Adendorf. As jy wil gladder dan moet jy kyk na n 2K/ epoxy of goedkoper polyurethane. As die glans te veel is na die tyd skuur jy hom eenvoudig met 2000-2500 en seepwater wat hom so satyn afwerking sal gee. Of pudo vir my en ek paint hom vir jou. Raptor of 2K.
Groete
Lenro
082 nege nul21 trip 7