Jakkals teef en kleintjies

Post Reply
Arno

Jakkals teef en kleintjies

Post by Arno »

Hallo manne.My eerste post.Ma skrikkerug tussen julle groot manne.
My werkers op die plaas gan elke maandag en donderdag veld deur met perde.Hul het toe 'n klein jakkals opgejaag en hy is toe so 500m da van af in die gat in.Het toe dieselfde dag uitgegan en wou da naby die gat roep.Oppad na die gat toedie aand ry ek in die jakkie vas en klop hom toe,was naby die gat.Ry toe so eintjie verby en ry toe binne die speelgroepie in vas van nog 4 en hul so dom skiet hul langs mekaar dood.Besluit toe ek gan die ouers proebeer roep.Wag lank doodstil en gan deur die hele proses en doen als reg ma hul wil niks weet nie.Die volgende oggend sien ek dat die jakkals teef op en af op my bakkie se spore geloop het,'n hele paar keer.Kan dit wees dat sy hul geruik het op my bakkie se spoor?Het toe die aand na ek die kleintjies geskiet het naby die pad gaan sit om te kyk of sy nie weer verby kom nie ma die maan was bietjie teen my.Het ha toe met 'n ander verrassing gekry.Het so week voor ek die kleintjies geskiet het amper op dieselfde plek die reen geskiet met 'n haas.Ma hy het alleen ingekom.Die veld is nou vol jongetjies.As jy hul gekry het,hoe bring ek die ma in het met klein jakkals 1 geroep.
Last edited by Arno on Tue Jan 13, 2009 10:53 pm, edited 1 time in total.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Jakkals teef en kleintjies

Post by JACQUES BOTHA »

mooi man ..sien jys dan al kla n deurwinterde jagter man. En die beste man op n plaas wat die grond ken die spore sien en weet waar word gevang..
dis baie moeilik vir ons wat roep as n boer net se begin in daai kamp en eindig daar.. jakob sal jou wys  en daa gaan slaap die baas ...en jy moet sien en kom kla,....
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jakkals teef en kleintjies

Post by jaracal »

Arno
Hierdie tyd is 'n ongemaklike tyd want los jy die jonges kan hulle en die grotes wegkom. Ek skiet hulle en probeer dan met die kleinjakkals distress, jakkals roepe, kat jakkals baklei, jakkals baklei 1 en 4 die ma en pa inroep. Dit is goed om vas te stel of die grotes naby is met die jakkals roepe. Indien hulle glad nie reageer nie kom weer vroeg oggend teen 3uur terug en probeer weer. Ek het redelik sukses met die terugkom slag gehad. Of anders wag maar die hele nag waar jy die jongspul opgespoor het en roep sporadies

My langste wag was 7 ure maar dit het gewerk.

Lekker jag
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
tafjak

Re: Jakkals teef en kleintjies

Post by tafjak »

Arno

Ek wil nou nie klink of ek meer weet nie, maar kan jou verseker dat Hein my leermeester is en dat wanneer hy se dis ongemaklik nou kan jy dit glo. Ek het toevallig die 2 aande die spannetjies gekry en elke keer was dit moeilik om die ma en pa te skiet.

Die 1ste aand het ek net die teef geskiet en gister kon ek altwee skiet, maar die reun het eers met 'n vreeslike stoeiery ingekom na omtrent 45 minute met presies dieselfde resep as wat Hein nou aan jou voorgestel het.

Die raad wat ek wil voorstel is om nie op te pak en die gebied te verlaat as daar net 2 of so kleintjies/jonges by die ouers geskiet is nie. Ek het nadat ek die teef opgetel het gesien sy begin al na die ouerkant toe staan en en toe skuif ek so km op 'n slag en nog 2 staanplekke verder loop ek nog so 2 van die kinders raak.

Ek sal wil hoor wat se Hein hiervan en of dit maar die algemene reel is.

Lekker jag

Taffie

N.S. Hein ek het darem die landy s'n, nou kort nog myne.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Jakkals teef en kleintjies

Post by JACQUES BOTHA »

TAFJAK
EK DOEN OOK DIESELFDE, MAAR AS EK NIE SUKSESVOL IS NIE, DOEN EK DIE BACKTRACK DING NET OM WEER SEKER TE MAAK, AL IS DIT DIE VOLGENDE AAND...AS DIE LIG MY VANG...
EK glo nogal aan die backtrack ding veral as die plaas nie te groot is nie en  tyd en omgewing dit toelaat om terug te gaan op jou spoor en 2de keer te probeer, die keer baie minder roep  en lang tyd stilte tussen in...
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply