Effek van verskillende kruite

Post Reply
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Effek van verskillende kruite

Post by Forester »

Ek is besig met 'n nuwe lading vir my 375H&H en wil graag 300gr Norma Oryx skiet.

Sover het ek nog net VV N540 gebruik, maar die teiken wys nie potensiaal nie. Die lading was bietjie stadig teen 2470vps uit 'n 25" loop, dit lyk of ek dit moet op druk na 2500-2530vps.

Hoe groot verskil sal 'n ander kruit maak, bv. Norma 203-B?

Die geweer is akkuraat, ek het 'n lading met Peregrines wat baie mooi skiet. Ek het ook gesukkel met Hornady se DGX en DGS, maar het net N540 met daardie koeëls probeer.
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Effek van verskillende kruite

Post by tripodmvr »

Sonder die geweer se presiese data wil dit lyk of jy reg is en dat 2530vps dalk beter kan werk. Laai 2gr hoër en kyk wat gebeur.

203B kan so 50vps byvoeg met effe laer druk teen dieselfde node.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: Effek van verskillende kruite

Post by Forester »

Dankie Oom Marius!

My vraag is eintlik meer algemeen, of ‘n verandering in kruit met ongeveer dieselfde brandsnelheid ‘n wesenlike invloed kan hê op akkuraatheid?

Ek moes nog nooit kruite verander nie, ek kon slegs die lading verander en het die regte resultaat gekry.

Die beste is dalk net om dit te probeer…
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Effek van verskillende kruite

Post by Hein22 »

Ek het dit al ondervind met 'n 223 van my. Wou glad nie groep nie, toe verander ek kruit en dadelik skiet hy beter. Het alles probeer met s321 en het toe oor gegaan S335 toe.

Jy sal maar moet probeer, dit is nie 'n exact science nie. Het dit nog nooit so drasties met my ander gewere gesien nie. Net die een....

Sent from my SM-A546E using Tapatalk

Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Effek van verskillende kruite

Post by tripodmvr »

@Hein 22 - teen watter spoed skiet jy 55gr koeëls met die S335? My Howa het niks van S335 gehou nie, maar S321 is sy kos.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply