Page 1 of 1

Watse Media Separator metode/toerusting

Posted: Tue Jan 14, 2025 11:26 am
by Arnold
Ek het altyd die paar doppies sommer so met die hand uitgesoek maar dit vat nou teveel tyd.

Watse Media Separator metode/toerusting gebruik jy die doppe droog getumble is?

Re: Watse Media Separator metode/toerusting

Posted: Tue Jan 14, 2025 12:06 pm
by Jacques1988
Frankfort Arsenal se media seperator werk soos n bom, was ook redelik geprys - so ver baie frustrasie gespaar.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Watse Media Separator metode/toerusting

Posted: Tue Jan 14, 2025 2:58 pm
by HeinM
Dit gaan nou dalk nie van nut wees nie, maar my Lyman se deksel het gaatjies in wat as 'n sif gebruik kan word om die doppe en media te skei.

Mens kan seker ook baie maklik vir jouself so 'n media sif maak met 'n grid...

Re: Watse Media Separator metode/toerusting

Posted: Tue Jan 14, 2025 4:39 pm
by Arnold
HeinM wrote: Tue Jan 14, 2025 2:58 pm Dit gaan nou dalk nie van nut wees nie, maar my Lyman se deksel het gaatjies in wat as 'n sif gebruik kan word om die doppe en media te skei.

Mens kan seker ook baie maklik vir jouself so 'n media sif maak met 'n grid...
Dit is iets wat ek gebruik maar dit werk nie so lekker vir my as ek baie doppe skoonmaak nie. Daar gebeur altyd iets dat die media weer saam met die doppe beland.

Re: Watse Media Separator metode/toerusting

Posted: Tue Jan 14, 2025 5:29 pm
by tripodmvr
As jy nie soiets soos hieronder wil koop nie kan selfs 'n skottelgoed droograk ook moontlik werk. Die doelgerigte soorte sal natuurlik nie maklik mors nie en jy het die draai aksie wat die materiaal uit die doppe sal skud.
Media seperator.jpeg

Re: Watse Media Separator metode/toerusting

Posted: Tue Jan 14, 2025 7:08 pm
by Glocked
Ek gebruik 'n sif wat ek by die china winkel gekoop het, een van daai wat hulle gebruik om chips of iets in olie te "deep fry". En 'n leƫ 8kg HTH blik. As die doppe klaar is, hak ek die sif in op die blik, gooi die Lyman uit deur die sif, en skud hom 'n paar keer rond tot die media uit is, werk baie goed.