280 Ackley punt en kruit keuse
Posted: Wed Dec 18, 2024 10:58 am
Dagsê! Hoop dit gaan goed.
Ek het vandag my .280 Ackley opgetel. Ek wil binnekort begin met ladingontwikkeling vir hom.
Geweer details: .280 Ackley (7mm), 28" loop, 1/8 twist. Die geweer gaan gebruik word vir beide jag en langafstand gong/baan skiet (waarskynlik 70% baan skiet, 30% jag).
In terme van die lading self het ek sover heelwat CCI BR2/CCI 200 primers en Peterson .280 Ackley doppe.
Ek is tans nie lekker seker watter punte en kruit om te gebruik nie alhoewel ek wel weet wat moontlik kan werk. Gegewe die 1/8 twist gaan ek swaarder punte moet skiet.
Ek het gedink aan 175gr ELDX punte maar is skrikkerig vir hoe dit gaan vaar op 'n bok se blad (ek weet skootplasing is alles maar ek sal minder vleis as meer wil mors). Dan het ek ook gedink om die Berger 184gr F-Open te probeer. Ek kan altyd twee ladings ontwikkel maar ek sal eerder een lading wil gebruik vir baan en jag.
In terme van kruit weet ek dat iets soos H4831SC, H1000, H4350 (dalk), N565 of N555 selfs kan werk.
Ek sal graag julle opinie/advies/leiding waardeer oor die punt en kruit keuse, asseblief.
Byvoorbaat dankie.