Page 1 of 1
Mes - Koos Barnard ontwerp
Posted: Fri Aug 23, 2024 10:05 pm
by tripodmvr
Krap vanaand in my kas en word toe verras met die' mes. Jare begin my inhaal, synde ek al van hom vergeet het. Wie het ook so een gekoop en het jy hom al gebruik?
Mes Koos Barnard Klein.jpg
Re: Mes - Koos Barnard ontwerp
Posted: Sat Aug 24, 2024 8:08 pm
by Jacquesb
Ek het ook een.
Maar hy is nog min gebruik.
Myne het nie sy oorspronklike skede nie, want toe ek hom koop kon hulle dit nerens kry nie en bied my n ander swart skede aan wat soos n handskoen pas.
Re: Mes - Koos Barnard ontwerp
Posted: Sat Aug 24, 2024 9:38 pm
by Ds J
Twv interessantheid: watter tipe staal is dit?
Re: Mes - Koos Barnard ontwerp
Posted: Sun Aug 25, 2024 11:27 am
by Koos Barnard
Die eerste batch wat ons laat maak het se staal was 440. Na die eerste 1000 is nog 'n duisend gemaak en later nog (hoeveel weet ek nie want ek het die patentreg afgeteken en was nie meer betrokke nie) dus weet ek nie wat se staal in die latere messe gebruk is nie.
Mooi loop
Re: Mes - Koos Barnard ontwerp
Posted: Sun Aug 25, 2024 12:41 pm
by Jaco Bezuidenhout
Baie lekker slag mes. Ek geniet myne en hy is elke jagtog saam.
Re: Mes - Koos Barnard ontwerp
Posted: Sun Aug 25, 2024 5:20 pm
by Ds J
Koos Barnard wrote: Sun Aug 25, 2024 11:27 am
Die eerste batch wat ons laat maak het se staal was 440. Na die eerste 1000 is nog 'n duisend gemaak en later nog (hoeveel weet ek nie want ek het die patentreg afgeteken en was nie meer betrokke nie) dus weet ek nie wat se staal in die latere messe gebruk is nie.
Mooi loop
Baie dankie Oom! Dan behoort hy goed te werk.
Re: Mes - Koos Barnard ontwerp
Posted: Mon Aug 26, 2024 7:32 am
by Arnold
Ek het self so een (van die later vervaardiges), sal bietjie kyk of daar iets op die lem staan maar ek is ook onder die indruk dat dit 440C staal is.