Page 1 of 1
Watte vir opvul van doppe
Posted: Mon Feb 20, 2012 6:34 pm
by ablm468
Manne ek sukkel nog bietjie, ek het 'n klomp 32 g wads wat ek wil 28 gr laai. dit veroorsaak dat die dop oop trek as jy hom krimp aangesien daar nie genoeg hael in die dop is om hom toe te hou nie, dan val van die hael uit. Kan mens die spasie met watte/toiletpapier opvul om te verhoed dat daar 'n spasie is en sodoende 'n beter krimp te kry?
Hulp sal waardeer word
Hansman
Re: Watte vir opvul van doppe
Posted: Mon Feb 20, 2012 6:38 pm
by Beretta
Hansman
Jy kan maar dit gaan jou baie trane en tyd vat.Laai liewers 32 gr dit is minder moeite net n groter bushing
Beretta
Re: Watte vir opvul van doppe
Posted: Mon Feb 20, 2012 6:45 pm
by ablm468
Beretta
Gemors is met my Lee pressie is dit nie 'n plesier om ladings te ruil nie, jy moet die hele ding leegmaak, 'n moerse job.
Sodra my skip kom koop ek 'n ander press, die ding maak my gatvol.
Dankie vir die raad. Ek het dit in my agterkop geweet maar wou 'n kortpad probeer.
Groetnis
Hansman
Re: Watte vir opvul van doppe
Posted: Mon Feb 20, 2012 6:53 pm
by ablm468
Beretta
Is daar enige nagevolge waarvan ek bewus moet wees?
Re: Watte vir opvul van doppe
Posted: Mon Mar 05, 2012 8:31 am
by 404Jeff
More,ek vul die spasie met polistreen skyfies wat ek uitsny met speedokabel se agterkant wat in speedoboks indruk, dit is regte size en gewone poli bakkies werk.
Re: Watte vir opvul van doppe
Posted: Mon Mar 05, 2012 9:10 am
by ablm468
Dankie, ek het ook die watte getoets, werk goed, sal die polistireen ook probeer.
Hansman
Re: Watte vir opvul van doppe
Posted: Mon Mar 05, 2012 4:41 pm
by 243Songdaug
Hansman, draf sommer by die plaaslik Naald in 'n Hooimied in en dan koop jy vir jou 'n stuk DEKRON - dis die materiaal wat gebruik word om windbrekers mee te line of uit te voer.
Hy is si 20mm dik en dan knip jy vir jou blokkies van so 25 x 25 x20mm wat jy dan gebruik vir 'n vuller. Ek het dit sommer altyd ingeduk in die dop in met 'n dun ramrod en dit so liggies vasgedruk.
Re: Watte vir opvul van doppe
Posted: Mon Mar 05, 2012 4:49 pm
by blaser
dekron of watta verander jou patten
die beste is daardie borde wat die eiendoms agente voor die huise sit dit is n plastiese karton
slaan vir jou die regte groote met n hol punch uit en sit dit onder die hael in die wad werk baie goed
Re: Watte vir opvul van doppe
Posted: Mon Mar 05, 2012 7:23 pm
by Marc
Naands?
Baie interesant, dankie vir al die raad manne
Groetnis
Marc