Jag in Duitsland 2016

Post Reply
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Jag in Duitsland 2016

Post by Koos Barnard »

In 2016 het ek die geleentheid gekry om in Duitsland te jag op uitnodiging van Swarovski. Nadat ons eers twee dae in Wetzlar deurgebring het, het ons na die dorpie Oettingen, die tuiste van prins Franz Albrecht Oettingen-Spielberg, die man wat die varke so moor. Dié prins was ons gasheer en die jag het op hulle familiegrond plaasgevind. Ons het in die ou familiekasteel gebly (eintlik in 'n aangrensende deel daarvan waar die personeel in die ou tyd hulle kwartiere gehad het). Die varkskiet-prins bly ook nog in die dorpie maar in 'n moderne "kasteel". Die jag het hand aan hand geloop met die persbekendstelling van nuwe Swarovski-teleskope en ons het bedags lesings daaroor ontvang in een deel van die kasteel - daar is baie sale en kamers wat duidelik voorheen perdestalle was (waar ons hoofsaaklik die lesings gekry het). Ons is soggens reeds voor vyfuur veld toe en het dan gejag tot so by 10 of elfuur se kant. Dan was dit lesingtyd en vryetyd tot die namiddag so rondom vieruur waarna ons weer veld toe is. Dan het ons gejag tot amper tienuur die aand (dit word baie laat donker daar). Na die namiddag/aandjag is ons terug kasteel toe waar die jagters dan met hulle bokke gespog het soos jagters maar maak. Aandete is teen so elfuur bedien. Ons het te voet gejag, die normale stap-en-bekruip. Daar is egter ook skietstellasies op verskeie plekke in die bos wat uitkyk oor oop stukke veld waaruit daar geskiet kan word. Ek het vier reebokke in totaal geskiet, twee ooie en twee ramme. Die twee ooie is altwee geskiet nadat ons hulle gesien en toe bekruip het. Die een ram (die grootste een) het ons in 'n stuk oop veld gesien waar daar 'n skietstellasie was. Ons het toe versigtig nader bekruip, ongesiens in die stellasie opgeklim en vanuit die stellasie die skoot geneem. Die laaste ram was 'n jong ene wat kruppel was en vol bosluise. Ons het in 'n stellasie opgeklim en bloot sit en wag om te kyk of ons iets sien. Na seker so 'n halfuur het die jong bokkie die oop veld binnegekom en die gids het my gevra om hom te skiet aangesien dit van die tipe bokke is wat hulle verwyder wil hê.

Ek het 'n Steyr "Maanligter" gebruik in .308 want dis waarmee ons voorsien is. As ek reg onthou was die ammo van RWS en die koeëls165gr. Ek sit 'n paar posts op met foto's. Die eerste foto's wys die kasteel en die plek waar ons die gewere ingeskiet het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Jag in Duitsland 2016

Post by Koos Barnard »

So het die jagterrein meestal gelyk. DIe een foto is vanuit die hochsitz (skietstellasie) geneem vanwaar ek die ram grootste ram geskiet het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Jag in Duitsland 2016

Post by Methos »

Awesome Oom Koos! Ek sal dit enige tyd wil probeer!

Sent from my 21091116UG using Tapatalk

Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Jag in Duitsland 2016

Post by Koos Barnard »

Die eerste ram
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Jag in Duitsland 2016

Post by Koos Barnard »

Nog 'n foto van die ram.
Na die jag is ons na die stad Ulm na die Müller Schiesszentrum Ulm, waar Franz Albrecht vir ons opleiding gegee het hoe om hardlopende wild te skiet. Ek moes darem 'n foto saam met die beroemde man laat neem. Ons het elke dag saam met hom gekuier in die kasteel en saans geëet. 'n Baie aangename persoon wat soos julle al gehoor het, uitstekende Engels praat
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Jag in Duitsland 2016

Post by Koos Barnard »

Die jong rammetjie en die hochsitz waaruit ek geskiet het
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Jag in Duitsland 2016

Post by Koos Barnard »

Die skietsentrum is Ulm. Daar is 'n 300m-binnenshuise baan met al die regte elektroniese goodies vir lekker speel
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Jag in Duitsland 2016

Post by Lategan1 »

Fantasties en wonderlike ervaring Koos.

Interessantheid, waar het Frantz gesê moet jy mik op ‘n dwars hardlopende dier? So 30/40/50m afstand.

Alles netjies en silwerskoon!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Post Reply