Page 1 of 1
Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 1:35 pm
by sako 30-06
Ek wil die jaar baie graag n mooi Eland jag, verkieslik n bul maar as dit nie n uitwerk nie sal n koei ook doen vir die vleis.
Wat prys elande nou?
Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 1:42 pm
by Ds J
R45/kg hier naby ons. Twee weke terug se prys op n toegespande wildplaas wat heeljaar kan jag.
Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 1:53 pm
by sako 30-06
Ds J wrote: Wed Jan 31, 2024 1:42 pm
R45/kg hier naby ons. Twee weke terug se prys op n toegespande wildplaas wat heeljaar kan jag.
Dit is glad nie n slegte prys nie.
Maak gereed, jy gaan nou n klompie PM's kry vir meer besonderhede

Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 2:03 pm
by tripodmvr
Soek jy so een?
Eland 1.jpg
Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 2:12 pm
by Capt. Yoda
Teen R45 n kg is ek ook in vir Eland bul jag die jaar
Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 3:06 pm
by sako 30-06
tripodmvr wrote: Wed Jan 31, 2024 2:03 pm
Soek jy so een?
Eland 1.jpg
Jissie Oom, ek sal my linker en regter bal gee vir so Eland.
Almal smous net deesdae goed op Jaracal, te min geselsies oor jag.
Die wat wil moet asb hulle eland fotos sommer op die draad plaas sodat ons kan begin lus raak vir jag.
Daai Eland wat Geno gejag het in die Drakensberge is verseker iets vir die bucket list.
Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 3:36 pm
by Ds J
Mense, stadig asb! Ek het niks gesê van trofeebulle nie. Dit is n prys wat ek via-via vir jong bulle en koeie gekry het.
Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 4:05 pm
by sako 30-06
Ds J wrote: Wed Jan 31, 2024 3:36 pm
Mense, stadig asb! Ek het niks gesê van trofeebulle nie. Dit is n prys wat ek via-via vir jong bulle en koeie gekry het.
Vir n vleisbul of koei is dit n baie goeie prys.
Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 4:08 pm
by Riaan Kriel
Ds J wrote: Wed Jan 31, 2024 3:36 pm
Mense, stadig asb! Ek het niks gesê van trofeebulle nie. Dit is n prys wat ek via-via vir jong bulle en koeie gekry het.

Ds die post van jou laat my dink aan so 'n tong-in-die-kies boodskap wat ek so tyd terug gekry het... Dit gaan ongeveer as volg as dit reg onthou :
"Ons gaan die naweek van die 18de Mei, JAG in Limpopo, Alldays distrik. Ons gaan verskeidenheid wild uitskiet onder andere Elande, Sables en veral Koedoe bulle, asook n hele paar bokke op die huis skiet vir onsself . Drank en kos en verblyf is op die huis.
As julle vry is en dink dis 'n goeie idee, moet julle ook vir julle so kontak kry.
Groete "
Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 4:34 pm
by Riaan Kriel
sako 30-06 wrote: Wed Jan 31, 2024 3:06 pm
Die wat wil moet asb hulle eland fotos sommer op die draad plaas sodat ons kan begin lus raak vir jag.
'n Jong elandbul wat ek gedurende 2021 geskiet het. Het toe al R40/kg betaal
Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 5:08 pm
by Martiens Bekker
Laas jaar die jong elandbul geskiet buite Kathu. R45/kg betaal.
Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 6:28 pm
by toxicsox
So, teen R45.00 ‘n kilo. VAT ingesluit/uitgesluit, slagkoste, wat werk ‘n gemiddelde karkas wat hang in die koelkamer uit?
Karkas R45.00 x 250kg = R 11250.00 excl?
Klink dit omtrent reg?
Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 6:53 pm
by Ds J
Goeienaand mense, ek het nou van die eienaar gehoor. Hy het reeds die bokke verkoop. Nou moet ek ook ander skietplek soek

Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 7:28 pm
by tripodmvr
Droom nou maar van daardie blou bul wat ek geplaas het.
Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 7:45 pm
by Glocked
tripodmvr wrote: Wed Jan 31, 2024 7:28 pm
Droom nou maar van daardie blou bul wat ek geplaas het.
Daai ding gaan vir my nagmerries gee !
Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 8:07 pm
by Martiens Bekker
toxicsox wrote: Wed Jan 31, 2024 6:28 pm
So, teen R45.00 ‘n kilo. VAT ingesluit/uitgesluit, slagkoste, wat werk ‘n gemiddelde karkas wat hang in die koelkamer uit?
Karkas R45.00 x 250kg = R 11250.00 excl?
Klink dit omtrent reg?
Daardie bul was 214kg kaal karkas. Dus R9630 btw ingesluit.
Re: Eland Jag
Posted: Wed Jan 31, 2024 10:25 pm
by Eduard Venter
sako 30-06 wrote:Ek wil die jaar baie graag n mooi Eland jag, verkieslik n bul maar as dit nie n uitwerk nie sal n koei ook doen vir die vleis.
Wat prys elande nou?
Naandsê Tienie. Ek het eland koeie vir R8500 die jaar. Ek is wel voorlopig vol (besig om 'n baie groot jag te onderhandel van +-70 bokke) maar as dit dalk deur die mat val dan het ek ek weer heelwat plek oop. Gee my maar 'n lui oor so 2 of 3 weke dan kyk ons of ons iets kan reël as jy belangstel. Sal lekker wees om julle manne weer te sien.
Net so vir interessantheid, ek het al my trofee eland bulle laat skiet laasjaar vir 30-35k. Wild is maar duur op die oomblik
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Eland Jag
Posted: Thu Feb 01, 2024 7:18 am
by sako 30-06
Eduard Venter wrote: Wed Jan 31, 2024 10:25 pm
sako 30-06 wrote:Ek wil die jaar baie graag n mooi Eland jag, verkieslik n bul maar as dit nie n uitwerk nie sal n koei ook doen vir die vleis.
Wat prys elande nou?
Naandsê Tienie. Ek het eland koeie vir R8500 die jaar. Ek is wel voorlopig vol (besig om 'n baie groot jag te onderhandel van +-70 bokke) maar as dit dalk deur die mat val dan het ek ek weer heelwat plek oop. Gee my maar 'n lui oor so 2 of 3 weke dan kyk ons of ons iets kan reël as jy belangstel. Sal lekker wees om julle manne weer te sien.
Net so vir interessantheid, ek het al my trofee eland bulle laat skiet laasjaar vir 30-35k. Wild is maar duur op die oomblik
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Hallo Eduard
Baie dankie, ek waardeer dit.
Ek maak solank kontak.
Re: Eland Jag
Posted: Thu Feb 01, 2024 7:50 am
by toelie
Ek het die bul in die Magalies area gejag.
Hy het 287 kg uit geslag.
Re: Eland Jag
Posted: Thu Feb 01, 2024 9:15 am
by heywillie
Eland bul gejag in Musina in 2011.
Karkas gewig was 400kg en horings het 33" en 35" gemeet.
Geskiet met 30-06 en 180gr Nosler Partitions
Eland Musina.jpg
Re: Eland Jag
Posted: Thu Feb 01, 2024 9:48 am
by Toxxyc
Riaan Kriel wrote: Wed Jan 31, 2024 4:08 pm
Ds J wrote: Wed Jan 31, 2024 3:36 pm
Mense, stadig asb! Ek het niks gesê van trofeebulle nie. Dit is n prys wat ek via-via vir jong bulle en koeie gekry het.

Ds die post van jou laat my dink aan so 'n tong-in-die-kies boodskap wat ek so tyd terug gekry het... Dit gaan ongeveer as volg as dit reg onthou :
"Ons gaan die naweek van die 18de Mei, JAG in Limpopo, Alldays distrik. Ons gaan verskeidenheid wild uitskiet onder andere Elande, Sables en veral Koedoe bulle, asook n hele paar bokke op die huis skiet vir onsself . Drank en kos en verblyf is op die huis.
As julle vry is en dink dis 'n goeie idee, moet julle ook vir julle so kontak kry.
Groete "
Laat my nou dink aan een van my gunstelik jaggrappies ook. Piet wil gaan jag maar al sy vriende is besig. So hy plaas toe maar 'n advertensie in die Landbou Weekblad om 'n jag-maat te kry en plaas die volgende:
"Jagmaat gesoek. Moet goed kan skiet, lekker kan gesels en sy drank kan vat."
Met die uitgawe wat uitgaan kry hy toe 'n oproep van Koos. Koos praat aan die ander kant met 'n sterk lisp in sy stem en Piet sukkel maar om die ou te hoor. Koos seg egter hy skakel in verband met die advertensie.
Piet: "Ja die plek is nog oop. Kan jy goed skiet?"
Koos: "Nee ek glo nie in gewere nie, die goed maak net dood."
Piet: "OK dis nie te ernstig nie, ek kan altyd maar self skiet, solank jy net lekker kan gesels?"
Koos: "Nee met my lisp sukkel mense om my te hoor, so ek gesels ook nou nie juis nie."
Piet: "Nie die ergste nie, solank jy net jou drank kan hou sodat ek darem nou nie alleen kuier om die vuur deur die aand nie?"
Koos: "Nee ek raak nie aan alkohol nie, dit het al baie lewens en huewlike vernietig!"
Piet is effens uit die veld geslaan en vra nou maar toe "nou Koos, vir wat bel jy dan?" waarop Koos antwoord "ek wil maar net laat weet ek kan ongelukkig nie saamgaan nie."
Re: Eland Jag
Posted: Thu Feb 01, 2024 10:49 am
by sako 30-06
Kyk, nou is ek eers lus vir n lekker Eland jag, dankie vir almal se fotos.
Ek proe al die Eland steak.
Re: Eland Jag
Posted: Thu Feb 01, 2024 3:00 pm
by OupaZA
My droom Eland so paar jaar terug, in bots.
Nou nie meer geld nie

Re: Eland Jag
Posted: Thu Feb 01, 2024 5:47 pm
by tripodmvr
Blou bul se Moses. Hoeveel het hy uitgeslag? Ek is bang om die prys te vra.
Re: Eland Jag
Posted: Fri Feb 02, 2024 7:27 am
by OupaZA
tripodmvr wrote: Thu Feb 01, 2024 5:47 pm
Blou bul se Moses. Hoeveel het hy uitgeslag? Ek is bang om die prys te vra.
More Oom, Kan nie presies die gewig onthou nie, gaan jok. Prys was R17 000.00 (Jinne sien ook nou, dit was 2016

). Dit was op 'n groot plaas, 10 000 hektar.
Gaan seker nou ook 30k of 40k kos vir so 'n Bul.
Oom het my nog daai tyd gehelp met die ladings, was met die 308 en 130gr TTSX.