Eland Jag

Adverteer jagte hier gratis/ Advertise hunts here for free
Post Reply
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Eland Jag

Post by sako 30-06 »

Ek wil die jaar baie graag n mooi Eland jag, verkieslik n bul maar as dit nie n uitwerk nie sal n koei ook doen vir die vleis.
Wat prys elande nou?
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Eland Jag

Post by Ds J »

R45/kg hier naby ons. Twee weke terug se prys op n toegespande wildplaas wat heeljaar kan jag.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Eland Jag

Post by sako 30-06 »

Ds J wrote: Wed Jan 31, 2024 1:42 pm R45/kg hier naby ons. Twee weke terug se prys op n toegespande wildplaas wat heeljaar kan jag.
Dit is glad nie n slegte prys nie.
Maak gereed, jy gaan nou n klompie PM's kry vir meer besonderhede ;D
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Eland Jag

Post by tripodmvr »

Soek jy so een?
Eland 1.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Eland Jag

Post by Capt. Yoda »

Teen R45 n kg is ek ook in vir Eland bul jag die jaar
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Eland Jag

Post by sako 30-06 »

tripodmvr wrote: Wed Jan 31, 2024 2:03 pm Soek jy so een?

Eland 1.jpg
Jissie Oom, ek sal my linker en regter bal gee vir so Eland.

Almal smous net deesdae goed op Jaracal, te min geselsies oor jag.
Die wat wil moet asb hulle eland fotos sommer op die draad plaas sodat ons kan begin lus raak vir jag.

Daai Eland wat Geno gejag het in die Drakensberge is verseker iets vir die bucket list.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Eland Jag

Post by Ds J »

Mense, stadig asb! Ek het niks gesê van trofeebulle nie. Dit is n prys wat ek via-via vir jong bulle en koeie gekry het.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Eland Jag

Post by sako 30-06 »

Ds J wrote: Wed Jan 31, 2024 3:36 pm Mense, stadig asb! Ek het niks gesê van trofeebulle nie. Dit is n prys wat ek via-via vir jong bulle en koeie gekry het.
Vir n vleisbul of koei is dit n baie goeie prys.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Eland Jag

Post by Riaan Kriel »

Ds J wrote: Wed Jan 31, 2024 3:36 pm Mense, stadig asb! Ek het niks gesê van trofeebulle nie. Dit is n prys wat ek via-via vir jong bulle en koeie gekry het.
++>: Ds die post van jou laat my dink aan so 'n tong-in-die-kies boodskap wat ek so tyd terug gekry het... Dit gaan ongeveer as volg as dit reg onthou :
"Ons gaan die naweek van die 18de Mei, JAG in Limpopo, Alldays distrik. Ons gaan verskeidenheid wild uitskiet onder andere Elande, Sables en veral Koedoe bulle, asook n hele paar bokke op die huis skiet vir onsself . Drank en kos en verblyf is op die huis.
As julle vry is en dink dis 'n goeie idee, moet julle ook vir julle so kontak kry.
Groete "
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Eland Jag

Post by Riaan Kriel »

sako 30-06 wrote: Wed Jan 31, 2024 3:06 pm
Die wat wil moet asb hulle eland fotos sommer op die draad plaas sodat ons kan begin lus raak vir jag.
Image

'n Jong elandbul wat ek gedurende 2021 geskiet het. Het toe al R40/kg betaal
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Martiens Bekker
Full Member
Full Member
Posts: 198
Joined: Wed Aug 10, 2022 4:37 pm

Re: Eland Jag

Post by Martiens Bekker »

Laas jaar die jong elandbul geskiet buite Kathu. R45/kg betaal.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 350
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Eland Jag

Post by toxicsox »

So, teen R45.00 ‘n kilo. VAT ingesluit/uitgesluit, slagkoste, wat werk ‘n gemiddelde karkas wat hang in die koelkamer uit?

Karkas R45.00 x 250kg = R 11250.00 excl?

Klink dit omtrent reg?
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Eland Jag

Post by Ds J »

Goeienaand mense, ek het nou van die eienaar gehoor. Hy het reeds die bokke verkoop. Nou moet ek ook ander skietplek soek :( :-\
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Eland Jag

Post by tripodmvr »

Droom nou maar van daardie blou bul wat ek geplaas het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Eland Jag

Post by Glocked »

tripodmvr wrote: Wed Jan 31, 2024 7:28 pm Droom nou maar van daardie blou bul wat ek geplaas het.
Daai ding gaan vir my nagmerries gee !
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Martiens Bekker
Full Member
Full Member
Posts: 198
Joined: Wed Aug 10, 2022 4:37 pm

Re: Eland Jag

Post by Martiens Bekker »

toxicsox wrote: Wed Jan 31, 2024 6:28 pm So, teen R45.00 ‘n kilo. VAT ingesluit/uitgesluit, slagkoste, wat werk ‘n gemiddelde karkas wat hang in die koelkamer uit?

Karkas R45.00 x 250kg = R 11250.00 excl?

Klink dit omtrent reg?
Daardie bul was 214kg kaal karkas. Dus R9630 btw ingesluit.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Eland Jag

Post by Eduard Venter »

sako 30-06 wrote:Ek wil die jaar baie graag n mooi Eland jag, verkieslik n bul maar as dit nie n uitwerk nie sal n koei ook doen vir die vleis.
Wat prys elande nou?
Naandsê Tienie. Ek het eland koeie vir R8500 die jaar. Ek is wel voorlopig vol (besig om 'n baie groot jag te onderhandel van +-70 bokke) maar as dit dalk deur die mat val dan het ek ek weer heelwat plek oop. Gee my maar 'n lui oor so 2 of 3 weke dan kyk ons of ons iets kan reël as jy belangstel. Sal lekker wees om julle manne weer te sien.

Net so vir interessantheid, ek het al my trofee eland bulle laat skiet laasjaar vir 30-35k. Wild is maar duur op die oomblik

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Eland Jag

Post by sako 30-06 »

Eduard Venter wrote: Wed Jan 31, 2024 10:25 pm

Hallo Eduard
Baie dankie, ek waardeer dit.
Ek maak solank kontak.
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Eland Jag

Post by toelie »

Ek het die bul in die Magalies area gejag.

Hy het 287 kg uit geslag.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1184
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Eland Jag

Post by heywillie »

Eland bul gejag in Musina in 2011.
Karkas gewig was 400kg en horings het 33" en 35" gemeet.
Geskiet met 30-06 en 180gr Nosler Partitions
Eland Musina.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Eland Jag

Post by Toxxyc »

Riaan Kriel wrote: Wed Jan 31, 2024 4:08 pm
Ds J wrote: Wed Jan 31, 2024 3:36 pm Mense, stadig asb! Ek het niks gesê van trofeebulle nie. Dit is n prys wat ek via-via vir jong bulle en koeie gekry het.
++>: Ds die post van jou laat my dink aan so 'n tong-in-die-kies boodskap wat ek so tyd terug gekry het... Dit gaan ongeveer as volg as dit reg onthou :
"Ons gaan die naweek van die 18de Mei, JAG in Limpopo, Alldays distrik. Ons gaan verskeidenheid wild uitskiet onder andere Elande, Sables en veral Koedoe bulle, asook n hele paar bokke op die huis skiet vir onsself . Drank en kos en verblyf is op die huis.
As julle vry is en dink dis 'n goeie idee, moet julle ook vir julle so kontak kry.
Groete "
Laat my nou dink aan een van my gunstelik jaggrappies ook. Piet wil gaan jag maar al sy vriende is besig. So hy plaas toe maar 'n advertensie in die Landbou Weekblad om 'n jag-maat te kry en plaas die volgende:

"Jagmaat gesoek. Moet goed kan skiet, lekker kan gesels en sy drank kan vat."

Met die uitgawe wat uitgaan kry hy toe 'n oproep van Koos. Koos praat aan die ander kant met 'n sterk lisp in sy stem en Piet sukkel maar om die ou te hoor. Koos seg egter hy skakel in verband met die advertensie.

Piet: "Ja die plek is nog oop. Kan jy goed skiet?"
Koos: "Nee ek glo nie in gewere nie, die goed maak net dood."
Piet: "OK dis nie te ernstig nie, ek kan altyd maar self skiet, solank jy net lekker kan gesels?"
Koos: "Nee met my lisp sukkel mense om my te hoor, so ek gesels ook nou nie juis nie."
Piet: "Nie die ergste nie, solank jy net jou drank kan hou sodat ek darem nou nie alleen kuier om die vuur deur die aand nie?"
Koos: "Nee ek raak nie aan alkohol nie, dit het al baie lewens en huewlike vernietig!"

Piet is effens uit die veld geslaan en vra nou maar toe "nou Koos, vir wat bel jy dan?" waarop Koos antwoord "ek wil maar net laat weet ek kan ongelukkig nie saamgaan nie."
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Eland Jag

Post by sako 30-06 »

Kyk, nou is ek eers lus vir n lekker Eland jag, dankie vir almal se fotos.
Ek proe al die Eland steak.
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: Eland Jag

Post by OupaZA »

My droom Eland so paar jaar terug, in bots.

Nou nie meer geld nie :confused:
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Eland Jag

Post by tripodmvr »

Blou bul se Moses. Hoeveel het hy uitgeslag? Ek is bang om die prys te vra.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
OupaZA
Hero Member
Hero Member
Posts: 588
Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am

Re: Eland Jag

Post by OupaZA »

tripodmvr wrote: Thu Feb 01, 2024 5:47 pm Blou bul se Moses. Hoeveel het hy uitgeslag? Ek is bang om die prys te vra.
More Oom, Kan nie presies die gewig onthou nie, gaan jok. Prys was R17 000.00 (Jinne sien ook nou, dit was 2016 :-\ ). Dit was op 'n groot plaas, 10 000 hektar.

Gaan seker nou ook 30k of 40k kos vir so 'n Bul.

Oom het my nog daai tyd gehelp met die ladings, was met die 308 en 130gr TTSX.
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
Post Reply