3 Bosbokramme met n 410!
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 663
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
3 Bosbokramme met n 410!
Middag manne
Ek het lank getwyfel of ek die storie moet vertel....... maar hier gaan hy.
Vroer jare was duiker- en bosbokjag, met haelgewere baie gewild in die Suidkaap. Ek weet baie mense glo dat jy nie n haelgeweer op n bok moet/kan gebruik nie. My ondervinding is dat waneer jy n duiker of bosbok plankdwars tot op so 40 tree die volle skoot AAA op sy blad/ribbes gee, rol hy soos n wiel soos hy val. Dit was "driven hunts", maar ons het egter nooit honde gebruik nie want my pa het gese hulle vang die bosbokooie en lammers. Die werkers het deur die veld gestap terwyl die skuts op sekere plekke "voor gestaan" het.
Op die spesifieke jag was ek 9 jaar oud en het toe al heelwat met my pa se 410 geskiet. Ons het bosbok gejag in n kushoutbos. Die bos bestaan uit Melkhoute, Hardepeer, Witels, Wag n Bietjie, Gwarrie, Noem-noem, Pokysterhout, Oliene ens. Dit is baie ruig en sig is so 3-5m. Die skuts het in die wildvoetpaadjies voor gesit, daar kon jy miskien paar tree verder sien.
Dit was die eerste keer dat ek n geweer op so n bosbokjag mag saam geneem het. My pa het my langs n paadjie laat sit, hy het gese ek nie moet nie in die paadjie sit nie want as daar n bok vinnig kom kan hy oor my hardloop. n Groot bosbokram in volle vaart wat van 8-10 tree op jou afstorm skei baie adrenalien af! Ek kon sien dat daar maar min spore in die paadjie was.
Die instruksies was baie duidelik, jy mag net ramme skiet, mag net vorentoe in die paadjie skiet, as die aanjaers nader kom word daar n teken gegee en dan skiet niemand meer nie. As jy dit waag om nie te luister nie, sal jy nooit weer op daai plaas jag nie. My pa het so 50 tree verder in n paadjie (met baie spore!!!) gaan sit.
Die paadjie het voor my in n "S" vorm gekronkel. Die aanjaers het net begin praat toe ek n swart ram sien aangesluip kom. Die S vorm het veroorsaak dat ek op so 6 tree sy blad kon sien. Die AAA Eley Fourlong het sy werk gedoen en die ram het so paar tree gestrompel en geval. My pa het benoud geroep en wou my nie glo nie. So het ek die dag nog twee kanse gekry en 3 ramme geskiet met 3 skote. Twee was driekwart uitgegroei en een was n groot ram. As ek reg onthou is daar die dag 11 ramme geskiet. Vir baie van die ooms was my 3 ramme met 3 skote n bitter pil om te sluk.
Ek het daarna baie bokke met n haelgeweer geskiet, maar nooit weer 3 ramme met 3 skote nie.
Die oom wat by my op die foto staan is die kabeljoulegende van Witsand, Oom Oubaas Rall.
Groete

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Nico de Jager on Tue Jan 23, 2024 10:10 pm, edited 1 time in total.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: 3 Bosbokramme met n 410!
Netjies Nico!!! Lekker storie
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: 3 Bosbokramme met n 410!
Mooi Afrikaans ook. Nog nooit die woorde "kushoutbos" en "Pokysterhout" gehoor nie. Wel gedaan.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 316
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: 3 Bosbokramme met n 410!
Ek het my eerste bok, 'n duiker, met 'n .410 met 'n Eley Fourlong AAA geskiet. Dit was baie lank gelede en jou storie het my nou vêr terug gevat. Dankie.
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 992
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: 3 Bosbokramme met n 410!
Lekker storie. Sal graag Oom Oubaas Rall se storie oor witsand se kabeljoue ook wil hoor.
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: 3 Bosbokramme met n 410!
Sjoe Nico, dis nou 'n lekker storie.
As jagter kan ek my baie goed indink hoe jy destyds, maar meer nog, vandag, in jou wese geroer word deur so 'n ondervinding.
Hoe vertel mens so iets vir iemand wat nie die "gene" het nie?

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 3 Bosbokramme met n 410!
Pragtige stortie!
Een ding waaroor ek spyt is ek kon nooit saam my oorlede Oom in Ruitersbos gaan bosbokke jag nie!
Dink ek en my neef moet probeer plan maak.

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

Bennie Bester
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am
Re: 3 Bosbokramme met n 410!
Nico,
Dit vat nou my nou terug Sandveld se dae toe. Daar het die Ooms ook duikers gejag met haelgewere. Ons moes tussen hulle loop om te help om die duikers wat tussen die rietbosse le, uit te jaag. Dit was algemene praktyd in daardie jare, maar daar is my liefde vir jag en die natuur gebore is.
Sit maar nog stories op.
Groetnis

partner
- Hero Member

- Posts: 982
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: 3 Bosbokramme met n 410!
Dankies Nico. Nou lekker saam gejag.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 3 Bosbokramme met n 410!
Dankie Nico pragtige storie laat n mens lekker terug dink aan jou groot word jare.
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2319
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: 3 Bosbokramme met n 410!
Jare terug op die plaas Kirstenbosch en Hottentotsholland (Marken Limpopo area) het die manne ook gereeld bosbokke geskiet met haelgewere. Dit was ook die aangewese roer vir probleem Luiperds. Was ongelukkig ver voor my tyd!! Lekker storie daai.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: 3 Bosbokramme met n 410!
My pa het altyd gesê "Mens gaan soek nie 'n luiperd met 'n koeëlgeweer nie". Hy het self baie kleinwild met 'n haelgeweer geskiet. Hy was bedrewe met daai ding. Ek onthou ook 'n dag wat die .22 se slagpen stukkend was en daar moes werfhoender geslag word vir Sondag middagete. Netjies net die haan se kop afgeskiet...met die haelgeweer.