470 NE load data

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

470 NE load data

Post by SmitH »

Wil net hoor of daar iemand is wat my kan help met herlaai data vir n 470NE kry nie regtig inligting nie .
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: 470 NE load data

Post by Koos Barnard »

Ek het 'n lading tussen my goed opgespoor met S365. 100 tot 106gr agter 'n 500gr-koeël.
Die boek Cartridges of the World gee 'n lading van 119gr H4831 met 'n 500gr-koeël wat vir my baie hoog klink so ignoreer dit liewer.
Google gerus ook ladings vir die .470 NE, ek is seker jy gaan daar iets opspoor.
Die .470 se oorspronklike fabriek specs was hier rondom 2150vps met 'n 500 greiner.
Mooi loop
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: 470 NE load data

Post by Koos Barnard »

Google ladings vir die .470 NE. Barnes se reloading manual gee ladings daarvoor.
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: 470 NE load data

Post by SmitH »

Dankie. Jy kan my nie dalk help met n lading vir 480 gr A Square solits met S365 of S335
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 470 NE load data

Post by tripodmvr »

S335 brand te vinnig en die dop sal baie leeg wees.

Begin met 100gr S365 en meet die spoed. Gaan op in 1gr inkremente en stop as jy 2150vps oorskry. Bring die inligting sodat ons 'n node kan soek. Meet looplengte en dopvolume van geskiete dop. Ek het met 'n 24 duim loop gewerk. I sjy seker oor die 480gr Asquare soliede koeël? Ek kry net 'n 500 greiner. Ek het Woodleigh se 480 FMJ gebruik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: 470 NE load data

Post by J le Roux »

SmitH, Whatsapp my dan stuur ek jou fotos van die stukkie oor die .470NE uit die A-Square herlaai handboek.

Ongelukkig net ladings vir sie 500gr solids met IMR, H en RL kruite.

O83455365I
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: 470 NE load data

Post by Johan van Wyk »

Ek weet nie watse geweer jy het nie, maar as dit 'n ou Engelse geweer is sal ek baie versigtig wees met A-Square solids. Hulle is defnitief 'n baie harde koeel en nie noodwendig die beste ding vir 'n dubbel waarvan die wande van die lope relatief dun is en die staal nie so goed is soos in moderne gewere nie.

Die .470 se oorspronklike ballistiek is in 30" toetslope gekry, so daar is baie blou lug in die ou tabelle. Deesdae se fabrieksladings (Norma en Federal) gee in die omgewing van 2 100 vps, en die Hornady ammunisie is soms so 40-50 vps stadiger. Die standaard .470 lading was inderdaad vir 500 grein koeels. Ek weet nie van enige ander koeelgewig wat ooit vir die .470 as standaard vervaardig is nie. Maak dalk net seker die koeels wat jy het is 500 grein .474" vir die .470 NE en nie 480 grein .468" vir die .500/465 NE nie. Art Alphin het beide vervaardig en beide gebruik dieselfde dop.

Graeme Wright (Shooting the British Double Rifle) gee 'n lading van 94 gr H4350 vir 2 110 vps uit 'n 23,5" loop met 'n 500 grein Woodleigh sagteneus uit die .470 NE. H4350 brand stadiger as S365 (as ons die gebruiklike veranderlikes soos lot verskille nie in ag neem nie), so jy kan dit as 'n beginpunt gebruik en afskop met so grein of wat minder S365.

Ek weet van 'n hele klompie ou .470's en .500/465'e (ballisties dieselfde ding) wat goed skiet met S335 sowel as Reloder-15 (alias Norma 203-B) maar vuller is nodig om die dop mooi vol te maak. Die ouer gewere is met kordiet-ammunisie gereguleer, derhalwe werk die dryfmiddels wat so ietwat vinniger brand beter in hulle.
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: 470 NE load data

Post by SmitH »

Baie dankie vir julle insette wardeer baie dis my skoonseun se geweer hy het n 470 Merkel ek probeer maar om inligting vir hom te kry. Die pakkie
IMG_1099.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: 470 NE load data

Post by Forester »

Ek het onlangs gespeel met Peregrine se 512gr VRG2. My geweer reguleer teen 2030fps (24" loop) en my lading is as volg:
Norma doppe
106.0gr N560
Fed 215 primer
98.0mm OAL
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: 470 NE load data

Post by Johan van Wyk »

SmitH wrote: Mon Jan 15, 2024 8:38 am Baie dankie vir julle insette wardeer baie dis my skoonseun se geweer hy het n 470 Merkel ek probeer maar om inligting vir hom te kry. Die pakkieIMG_1099.jpeg
Ek moet bieg, jou koeels laat my kopkrap. Daar is nie 'n Britse NE kaliber wat .475" pitte skiet nie. Inaggenome dat A-Square koeels hard is sou ek hulle nie in my Merkel geskiet het nie. Maar dis nou maar ek.
Post Reply