Hornady 160gr Interlock in 'n 6.5 Creedmoor

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
264 Win Mag
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm

Hornady 160gr Interlock in 'n 6.5 Creedmoor

Post by 264 Win Mag »

Het enige van julle al die punte uit 'n Howa 6.5 CM geskiet. Is die 1/8 twist op die Howa genoeg om sulke punte te stabiliseer? As 'n 6.5 op die stadium jou grootste kaliber is hoe sal die punte op groter wild soos Eland, Gemsbok/Blou Wildebeest werk op realistiese afstande. Ek neem aan dit sal sukkel om meer as 2600 fps met die punte uit 'n 24 duim loop te kry, seker meer in die rigting van 2450-2550 fps is ek reg? En dan sal jy seker ook skote moet beperk to max 300 meter want ek neem aan die trajek gaan veroorsaak dat die gewig punt val soos 'n klip
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hornady 160gr Interlock in 'n 6.5 Creedmoor

Post by Capt. Yoda »

Ek laai 156gr Lapuas in n 6.5x55 met N540 en hulle skiet bitter mooi teen 2450fps.
Ek sal enige bok in die bosveld aan vat met daai combo, met die regte kruit behoort jy nie te veel probleme te he om hulle teen 2450-2500fps uit jou Creed te skiet nie maar ja hulle val soos Taxi op n grond pad.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Martiens Bekker
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Wed Aug 10, 2022 4:37 pm

Re: Hornady 160gr Interlock in 'n 6.5 Creedmoor

Post by Martiens Bekker »

Hoekom wil jy so swaar punt skiet? 120 tot 140gr is maar die Creedmoor se kos in my opinie. Die dop is te klein vir daardie lang punte.
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Hornady 160gr Interlock in 'n 6.5 Creedmoor

Post by ThinusS »

Martiens Bekker wrote: Fri Nov 24, 2023 2:05 pm Hoekom wil jy so swaar punt skiet? 120 tot 140gr is maar die Creedmoor se kos in my opinie. Die dop is te klein vir daardie lang punte.
Ek gebruik self die 6.5 Creedmoor met 120-143gr koeëls vir jag en het nog nooit 156/160gr koeëls gebruik nie maar die .256 Jeffery (6.5x53R/6.5x54 MS) het 'n baie goeie reputasie in Afrika en Asië verwerf met 'n 160gr koeël teen ±2400vps. Die 6.5 Creedmoor het rofweg dieselfse ballistiese vermoë en behoort baie goed te vaar in die bosveld met die swaarder koeëls.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hornady 160gr Interlock in 'n 6.5 Creedmoor

Post by tripodmvr »

So vinnig op QL gekyk en daar is 'n veilige node met 'n 24 duim pyp en 160RN Hornady by so 2450vps. Dit is amper soos die 303 met 174gr koeël - so 13 duim laag op 300m met 'n 200m zero. Perfek vir die bos.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply