Page 1 of 1
Jag belt
Posted: Wed Oct 18, 2023 7:27 pm
by Klein Karoo
Goeie naand, ek is opsoek na n jagbelt met plek vir ongeveer 10-20 rondtes, dalk n klein veeldoelige pouch ook, wie is die manne wat die netjiese leer werk op Jaracal doen?
Re: Jag belt
Posted: Wed Oct 18, 2023 7:39 pm
by Eduard Venter
Johan Pretorius (Leather Creek). Ek kan nie onthou wat sy forum naam is nie, maar as hy nie hierdie sien nie kan jy my kontak vir sy nommer.
Sent from my SM-A127F using Tapatalk
Re: Jag belt
Posted: Wed Oct 18, 2023 8:15 pm
by DWB
Google Lindwells.co.za of op Facebook.
Of kontak direk vir Sunel op 07een 268 398twee
Hulle doen ñ canvas+leer een.
Re: Jag belt
Posted: Wed Oct 18, 2023 9:56 pm
by Carlc
Ek kan ook vir Johan Pretorius aanbeveel. Sy werk is top klas.
Re: Jag belt
Posted: Thu Oct 19, 2023 6:47 am
by jdpretorius
Dankie manne, ek wardeer.
Ja, ek maak nog mooi leer goeterkies

....ek kry ongelukkig net tyd so elke 2de naweek.
As jy hier op die forum soek vir "leerwerk" gan jy waarskynlik die thread raak loop waar van my goed op is.
Edit:
viewtopic.php?t=75400&start=250
My sell is *074*137*9878*, Johan, as jy my will whatsapp.
Jacques Tredoux se werk lyk ook baie netjies, as jy dalk haastig is vir die belt
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Jag belt
Posted: Fri Dec 22, 2023 12:52 pm
by Klein Karoo
Middag manne, glo dit gaan uitstekend. Het vir Johan gekontak en verduidelik waarna ek opsoek is .
N paar fotos aangeheg van my jag belt, ammunisie houer en veeldoelige sakkie, uitstekende handewerk en baie vriendelike diens, sal beslis aanbeveel.
Kelin Karoo groete en Geseende kersfees

Re: Jag belt
Posted: Fri Dec 22, 2023 1:07 pm
by DeVilliers
Netjies!
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Re: Jag belt
Posted: Fri Dec 22, 2023 1:43 pm
by DWB
Baie mooi!!!
Re: Jag belt
Posted: Fri Dec 22, 2023 3:35 pm
by JohanvB
Sjoe dis besonders mooi!
Re: Jag belt
Posted: Fri Dec 22, 2023 6:29 pm
by Lategan1
Bitter mooi. Geluk Klein Karoo en Johan. Dit is nou ‘n aangee na volgende geslag.
Beste.
Re: Jag belt
Posted: Fri Dec 22, 2023 8:56 pm
by jdpretorius
Groot dankie Klein Karoo !....dit is wat dit vir my aanhou lekker maak om die leer goed te maak.
Ek add een foto vir jou .....
20231203_084634.jpg
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Jag belt
Posted: Tue Dec 26, 2023 4:05 pm
by Cobus Wessels
Werklik uitstekend. Nou werk my kop oortyd om my presiese behoeftes te bepaal
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: Jag belt
Posted: Wed Dec 27, 2023 2:31 pm
by jdpretorius
Cobus Wessels wrote:Werklik uitstekend. Nou werk my kop oortyd om my presiese behoeftes te bepaal
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Cobus baie dankie, en jy is baie welom om op my knoppie te druk as jy reg is.
Soos met Okkie bespreek het, is dit (vir my) beter om n aparte beld (2de belt) te hê, met my ammo pouch(es), mes ens aan. As jy jag skuif jy dan goet ook maklik rond om optimaal te werk of om uit jou pad te wees.
Ek hou bv. van my ammo pouch reg in die middel voor sadat n ou vinnig by die koeëls kan uit kom met enige hand. As n ou dalk trek spingbokke loop skiet sit jy eenvoudig net nog ammo pouches by, en skuif die volgende een in plek as die een dalk leeg is.
Wanner jy dan by die kamp kom, haal jy hom ( jou jag beld) eenvoudig vinnig af en gooi n koue een met baie ys....en as die bakkie se wielle weer begin draai dan is jy reg in n japtrap.
Om "moduler" te werk, en by te sit of af te haal soos ek nodig het, is (vir my) net meer effektief.
Ontdou dalk dat n dubbel laag belt wat deur sy lengte gestik is nie so maklik rek nie.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Jag belt
Posted: Wed Dec 27, 2023 4:15 pm
by Basjan123
Dammit dit is nou mooi...ek dink ek kort ook sulke goeters!!
Re: Jag belt
Posted: Thu Dec 28, 2023 9:37 am
by jdpretorius
Basjan123 wrote:Dammit dit is nou mooi...ek dink ek kort ook sulke goeters!!
Nou toe....of het jy my nommer al verloor

....en bly om te sien jy skop nog boeta, ons het bietjie lanklaas gesels.
Ek hoop dit gan baie goed met julle.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Jag belt
Posted: Thu Dec 28, 2023 3:06 pm
by Cobus Wessels
jdpretorius wrote:Cobus Wessels wrote:Werklik uitstekend. Nou werk my kop oortyd om my presiese behoeftes te bepaal
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Cobus baie dankie, en jy is baie welom om op my knoppie te druk as jy reg is.
Soos met Okkie bespreek het, is dit (vir my) beter om n aparte beld (2de belt) te hê, met my ammo pouch(es), mes ens aan. As jy jag skuif jy dan goet ook maklik rond om optimaal te werk of om uit jou pad te wees.
Ek hou bv. van my ammo pouch reg in die middel voor sadat n ou vinnig by die koeëls kan uit kom met enige hand. As n ou dalk trek spingbokke loop skiet sit jy eenvoudig net nog ammo pouches by, en skuif die volgende een in plek as die een dalk leeg is.
Wanner jy dan by die kamp kom, haal jy hom ( jou jag beld) eenvoudig vinnig af en gooi n koue een met baie ys....en as die bakkie se wielle weer begin draai dan is jy reg in n japtrap.
Om "moduler" te werk, en by te sit of af te haal soos ek nodig het, is (vir my) net meer effektief.
Ontdou dalk dat n dubbel laag belt wat deur sy lengte gestik is nie so maklik rek nie.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Ek hou ook van die modules. Sit aan en haal af soos nodig. Sodra ek tuis is praat ons besigheid
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: Jag belt
Posted: Thu Dec 28, 2023 5:26 pm
by Basjan123
jdpretorius wrote: Thu Dec 28, 2023 9:37 am
Basjan123 wrote:Dammit dit is nou mooi...ek dink ek kort ook sulke goeters!!
Nou toe....of het jy my nommer al verloor

....en bly om te sien jy skop nog boeta, ons het bietjie lanklaas gesels.
Ek hoop dit gan baie goed met julle.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Gaan baie goed dankie Johan, hoop dieselfde daar. Ek kontak jou ook later. Alle voorspoed!!