Page 1 of 1

Frankryk jag 2023/2024

Posted: Wed Oct 11, 2023 11:24 am
by Methos
Hi daar

Hier by ons het die jag seisoen afgeskop en ek was al op 6 drukjagte. Op die 3de een het ek 'n vark gesien maar kon nie skiet want my pal was agter hom.

Ek het ook die jag klub van ons nuwe dorpie gejoin en is lasweek Vrydag vir my eerste druk jag by ons genooi. Dis heel anders van waar ek gewoonlik jag. Hier jag ons by huise en paaie etc. Ons mag net met haelgewere en slugs skiet. Was op ons 2de pos toe daar 'n vark uitspring en reguit op my buurman afhardloop. Hy spring 3 m van hom uit. Buurman skrik sy gat af en skiet die vark mis op 5m. Ek wag vir die angle en laat loop met 2 skote maar dis mis.

Daar is darem 3 varke in totaal geskiet. Mooi grote van 90 kg.

Toe ek gegaan het om my jag kaart te gaan haal by die president van die jag sê hy my dat daar 'n boer in die omgewing is wat wil hê ek moet kom kraaie skiet by hom. Ek ry oe sommer onmiddelik na die boer toe en stel myself voor en vra waar ek mag skiet om nie vir hom te pla nie etc. Hy beduie en ek maak so. Na so paar keer se skiet wat ek seker maak als is netjies as ek ry, bel hy my laasweek Vrydag aand - hy het grond in die dorpie langs ons. Hy sal my 'n brief gee sodat ek daar kan gaan skiet.

Kry toe Maandag die brief en lunchtyd sak ek af daarheen - hy het 200ha mielie lande!!! - bou my skuiling en daar gaan ons. Aan die begin gaan dit maar stadig - ek het net so 15 decoys. Later begin dinge optel. Hulle kom al hoe meer in en ek begin raak skiet.

Van dat ek die haelgeweer het, het ek nog nooit 'n double geskiet nie. Wraggies waar kry ek dit toe reg om een te skiet! En toe sommer nog een en later nog een. Op die einde van die dag het ek 6 doubles geskiet en al te saam was daar 27 kraaie en een duif op die grond. Ek het 'n paar ander geskiet dat die vere spat maar hulle het aanhou vlieg. Myself gate uit geniet en beitjie goeie werk gedoen.

Dink ek gaan sommer nou weer in lunchtyd ;)

Enigste ding wat krap is patrone se kostes - ek het 3 bokse op geskiet en teen €10 per boks is dit nie 'n goedkoop stokperdtjie ;)

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Wed Oct 11, 2023 11:28 am
by Methos
FotoImage

Sent from my 21091116UG using Tapatalk


Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Wed Oct 11, 2023 12:09 pm
by tripodmvr
Goed om weer van jou te hoor. Baie geluk met die suksesvolle kraaijag.

Die Euro = R22? Hier by ons kos 'n boks ook al by die R22-50.

Hoop die varkjag gaan darem 'n vleisie oplewer. Geniet jou jag!!!!!

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Wed Oct 11, 2023 12:22 pm
by Supacow
Ek hoop jyt al meer as 27 springbokke geskiet?
Ek soek al tekens vir die naweek Springbokke vs Hane of is dit nou Kraaie game.

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Tue Nov 21, 2023 5:40 pm
by Methos
Weet nie of hier moet post of onder "Gatvol" nie...

Was al op 12 drukjagte hierdie seisoen - Nog net 1 skoot geskiet en hom gemis op 'n misvormde varkie. Die ouens langs my skiet dat die biesies beef maar niks kom by my aan.

Het nou laas Saterdag gaan jag - was my verjaarsdag - ek dog toe hopelik sien ek dan darem iets - honde blaf erg voor my. Maar hulle vat nie spoor nie. Ruk later kry ek 'n call van die organiseerder - begin my en die ou langs my uitskel - apparently het daar 4 varke tussen ons 2 ontsnap - maar daar is 600m tussen ons en die zind waai teen 60kph. Die Vader weet...

In kraai skiet nuus kry ek ander dag 'n sms van 'n boer naby ons - hy het gehoor van my by die ou waar ek die 27 geskiet het. Ek moet asb 'n draai maak by hom. Gaan toe die middag daar aan. Hy vat my op die trekker en wys al sy lande etc. Vra toe hoe werk dit en so aan. Ek verduidelik toe dat ek dit vrywillig doen en net bydrae vra vir patrone. Was nou al paar keer by hom en
het al klompie geskiet.

Ek bel my toe vanmiddag - hy is besig om koring te saai en die kraaie vreet als. EK gan toe tussen 12 en 2 en gaan skiet 'n paar. Net toe ek op pak kom hy verby en ek verduidelik dat ek paar gedrop het etc. Hy stop my toe €50 in die hand ;) Is ek nou 'n PH?

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Tue Nov 21, 2023 8:32 pm
by tripodmvr
Nee, net gelukkig om so boer te hê waar jy welkom is. Geniet die skietery.

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Wed Nov 22, 2023 5:39 am
by Apie
Methos wrote:Weet nie of hier moet post of onder "Gatvol" nie...

Was al op 12 drukjagte hierdie seisoen - Nog net 1 skoot geskiet en hom gemis op 'n misvormde varkie. Die ouens langs my skiet dat die biesies beef maar niks kom by my aan.

Het nou laas Saterdag gaan jag - was my verjaarsdag - ek dog toe hopelik sien ek dan darem iets - honde blaf erg voor my. Maar hulle vat nie spoor nie. Ruk later kry ek 'n call van die organiseerder - begin my en die ou langs my uitskel - apparently het daar 4 varke tussen ons 2 ontsnap - maar daar is 600m tussen ons en die zind waai teen 60kph. Die Vader weet...

In kraai skiet nuus kry ek ander dag 'n sms van 'n boer naby ons - hy het gehoor van my by die ou waar ek die 27 geskiet het. Ek moet asb 'n draai maak by hom. Gaan toe die middag daar aan. Hy vat my op die trekker en wys al sy lande etc. Vra toe hoe werk dit en so aan. Ek verduidelik toe dat ek dit vrywillig doen en net bydrae vra vir patrone. Was nou al paar keer by hom en
het al klompie geskiet.

Ek bel my toe vanmiddag - hy is besig om koring te saai en die kraaie vreet als. EK gan toe tussen 12 en 2 en gaan skiet 'n paar. Net toe ek op pak kom hy verby en ek verduidelik dat ek paar gedrop het etc. Hy stop my toe €50 in die hand ;) Is ek nou 'n PH?
Professionele Kraaijagter PK Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Mon Dec 11, 2023 5:19 pm
by Methos
Hi daar.

Die seisoen is baie frustrerend sovêr die jaar. Almal om my skiet en gaan te kere maar ek maak niks. Laasweek Saterdag ry ek en 'n ander ou saam na ons poste. DIe poste is so 150m uit mekaar. Ek vra toe vir hom of dit ok sal wees as ek die eerste een vat die ou het 4 jaar daar 4 geskiet op dieselfde oggend. Hy sê dis geen probleeem ek ek is bergop en nou wag jy maar - die wind waai erg tussen 7 en 9m per sekonde. Ek maak niks maar daar kom 3 varke by my buurman uithgehardloop. Hy skiet die sog en 'n kleiner een en mis die 3de een. Bleddie hel.

Tou jag ons nou Saterdag weer. Ons kom by klubhuis en sien ons poste - ek is ingeskryf waar my pal Seb gewoonlik is en hy het my gewone pos. Toe ons opry vra hy vir my watter pos ek verkies - ek sê toe nee hel ek kies nie meer nie want ek kies altyd verkeerd. Hy sê toe dis reg ns bly by die plan soos dit opgetrek is. Ek stap toe die ent tot op die pos en dis pragtige wereld. Baie mooi views - kan tot die see sien van daar en Arles ook.

Ons is op ons spots so teen 8:30 en die honde word gelos. DIe honde begin vinnig spoorvat en skielik begin hulle mal blaf. 9:19 kry ek 'n oproep van my buurman Didier- hy het die varke gesien en hulle kom op na ons kant toe.

Ek is aan die bokant van 3 valleie - hulle kan net links of regs gaan want agter my is daar nie opgaan plek nie want ek is op die onderkant van 'n berg. Hulle vat die pad na my linkerkant toe - net wat ek nie wou gehad het nie want die son is nou agter hulle.

Ek het 'n driepoot skietstok gekry vir my verjaarsdag en ek gryp hom en hardloop na my links. Daar is seker so stuk of 8 varke. Ek kyk na die eerste een en toe dit oor 'n bos spring dog ek, ek sien hare onder die pens so dis 'n beer vark. Ek sit die 308 in driepoot en op so 130m mik ek vir die kop en laat die skoot loop. Die vark val en staan weer op maar draai in die rondte. Ek haal oor om nog een te try skiet maar kan niks meer sien want hulle is oor die bult. Hardloop tot by die knop sodat ek in ander vallei kan sien maar die varke is weg en die skote klap van my vriend aan my linker kant. Hy skiet een en kwes een.

Ek draai om te kyk waar my vark lê en sien dit besig om in vallei in af te gaan. Ek sien die tande en weet hier moet ek nou vinnig speel want ander gaan daar honde seerkry. Lê aan deur die mikstokke en weet ek moet nou daai vark plat kry maak nie saak hoe. Vark hardloop so quatering away. Mik op pens om deur die longe te skiet, skiet klein bietjie agter toe op so 150m - deur boud maar die vark val en ek gaan af om honde te keer.

Kom by vark en dit lewe nog - ek wil nie weer skiet nie want klippe en honde maar ek het my groot dolk in my sak gelos. Het net 'n afslag cutter by my. Sleep vark uit onder bos uit en druk vas en sny slagare af met die lemmetjie. Pap nat gesweet.

Die jag hou uiteindelik so 11:30 op en ek pak my sak en geweer en als. Stap af na vark - ek die klossie hare onder die pens misgis vir 'n willie - Dis 'n dröe sog wat nog nooit kleintjies gehad het nie van 85kg.

Nou moet daar vark uitkom daar. Ek is alleen en begin maar teen die bult opsleep na my linkerkant wat vir my die naaste lyk. Sleep die vark so 150m alleen sonder tou teen bult op toe my Seb daar aankom met 'n tou - nee ek moet ander kant toe gesleep het, daar is klein paadtjie daar. Hy kan nie help sleep nie want sy rug is seer...

Ek sleep toe maar weer die vark af en begin weer opsleep. DIs harde werk maar Seb dra ten minste my geweer en help dar die kop nie in die bosse vas sit nie. Toe daar so 60m oor is kom seun van 16 by en my vriend Didier wat binnekort geopereer moet word vir sy rug daar aan en 'n omie van 70. Dit help nie veel nie maar daar is ten minste morele suport ;). Hulle help as die vark vas sit en so aan. Ek het die tou om my middel lyf gebind en om die vark se tande en neuk net reguit voort.

Kom eventually by die paadtjie uit en vark word opgelaai saam met 4 ander. Kom by die klubhuis aan en daar lê al klaar een. Myny is die grootse vir die dag. Ek besluit toe om haar af te slag om my koëls te kyk. Eerste een is in die nek in het blad in sy glorie geskiet. Kan nie glo sy was nie opslag dood nie. 2de skoot is by boud in en by pens uit - ook nog nooit soveel skade gehad nie - gelukkig was albei stukkie wat flenters geskiet is aan dieselfde kant, so een ou het dit sommer gevat vir sy honde.

Bly om op die scorebord te uiteindelik!

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Mon Dec 11, 2023 5:32 pm
by tripodmvr
Baie geluk. Watter koeëls het soveel skade gemaak?

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Mon Dec 11, 2023 5:35 pm
by Methos
Winchester Super X. 180gr.

Sent from my 21091116UG using Tapatalk


Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Mon Dec 11, 2023 5:48 pm
by partner
Dankies vir die storie. Ek het lekker saam gejag.

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Mon Dec 11, 2023 5:53 pm
by tripodmvr
Kry julle nie Federal Fusion nie? Kan moontlik beter presteer. Die Winshitter ammo klink baie sag en daarom die skade.

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Tue Dec 12, 2023 9:28 am
by Ds J
Dankie Methos!

Enkele vrae wat opgeduik het met die lees:

1. Bewegende diere beteken minder kans vir skoon kop- en bladskote, of verstaan ek verkeerd ? En hoeveel skade aan die karkaste, en hoeveel kwesskote?

2. Toe werk die jagreëls tov beweeglikheid - hoeveel mag n mens rondbeweeg?

3. Is die vleis vol adrenalien?

4. Hoe gemaak met die gewone jan publiek wat in die bos gaan stap?

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Tue Dec 12, 2023 10:12 am
by Methos
Hier is so paar fotosImageImageImageImageImageImageImageImage

Sent from my 21091116UG using Tapatalk


Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Tue Dec 12, 2023 10:30 am
by Methos
"1. Bewegende diere beteken minder kans vir skoon kop- en bladskote, of verstaan ek verkeerd ? En hoeveel skade aan die karkaste, en hoeveel kwesskote?"

Jy wag maar jou kans af vir 'n goeie skoot. Baie mense wag nie en dan kry jy kwes skote. Dit hang af van jagter tot jagter. Party mense het etiek en ander nie. Wat ek probeer is mik vir die kop/nek area as die dier dwars harloop - dan moet jy net jou lyn reg hê. As jy kop mis, dan skiet jy nek en as die dier vinniger hardloop tref jy dan blad of net agter hom. Kwes skote word opgevolg deur ons honde en spoor snyers. As hulle niks kry is daar spesiale ouens met bloed hond wat kom. Ek is al gesê jy moes geskiet het op 'n dier wat 300m weg is - dan sê ek ek was nie seker oor my skoot - dan sê die ou maar as jy net sy poot afgeskiet is sou die honde die bloed kon volg. Toe sê ek vir hom dis oneties.

"2. Toe werk die jagreëls tov beweeglikheid - hoeveel mag n mens rondbeweeg?"

Hang af van plek tot plek en die terrein. Party plekke waar ons jag beweeg jy nie 'n tree van jou spot af nie. Ander soos die jag is daar 600m tussen mense so jy mag meer beweeg. Jy beweeg slegs as jou bure weet waar jy gaan.

3. Is die vleis vol adrenalien?
Hang af. Die varke wat ons Saterdag geskiet het is so 800m op ligte draffie aangebring. Ander kere kry jy vark wat lank gejaag is. Sy vleis is anders.

"4. Hoe gemaak met die gewone jan publiek wat in die bos gaan stap?"

By alle ingange van die jag area word waarskuwings borde opgesit dat daar jag aan die gang is en datr daar met koëels gesiet word. Ten spyte van dit kry ons elke Saterdag 'n klomp mense wat deur die jag area beweeg. Fietsryers en drawwers. Ek het al mense gaan waarsku en het 'n "Go f### yourself" van hulle gekry. Elke Saterdag oggend word die jag en sekuriteits reels voorgelees. As dit winderige dag is weet jy daar gaan minder mense wees - op 'n mooi dag weet jy daar gaan mense wees - dis hoekom jy moet seker maak van jou skote. My raad aan mense is moenie daar gaan stap - dis hoekom daar elke jaar jag ongelukke is. Baie kon vermy gewees het as mense net die borde respekteer het. Ek het voorgestel dat ons 2 mense aanstel wat by elke ingang met stack papiere sit en as die ou in die area wil ingaan dat hy 'n "Waiver" sign - dat as hy seerkry dat hy bewus was van die risikos. Miskien sal dit help.

Alle jagters dra ook helder oranje klere.

Cheers

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Sat Jan 13, 2024 10:45 am
by Methos
Dit is vriesend koud. -5 en sterk wind. In skadu ookImageImageImageImage

Sent from my 21091116UG using Tapatalk


Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Sat Jan 13, 2024 2:19 pm
by Johan Nel
Dis ongelooflik mooi daar, net jammer dis so koud! :o

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Wed Jan 17, 2024 10:20 am
by Methos
Nie enigiets gesien naby genoeg om te skiet nie. Eeen vark gesien op so 600m tussen 2 ander jagters.

Dis blykbaar die einde van ons drukjag seisoen. Miskien doen ons nog een, miskien nie. €850 vir een vark. 17 jagte om 3 skote te skiet.

Hopelik is volgende seisoen beter...

Maandag en Dinsdag was mooi weer hier by ons so ek het besluit of in lunchtyd gou paar kraaie te gaan verongeluk.

Ek het so paar weke terug vir my sommer so cheap chinese sport kamera bestel en hom voor op haelgeweer vasgemaak. Dis darem goedkoper as 'n ShotKam.

Hier is so klein videotjie wat ek gemaak het gister - raak nog gewoond daaraan om met hom te skiet en te film - my pa kla oor see siek word ;) Daai laaste skoot was 'n lekker een!

https://www.youtube.com/watch?v=HXWL1d_cmq8

Daai pienkerige gebou in die agtergrond is my dogter se Hoërskool.

Cheers

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Thu Feb 01, 2024 11:27 am
by Methos
Ek jag vandag per uitnodiging in 'n gebied bekend as Roquemartine. Het paar jaar terug ook eenkeer hier gejag maar niks gemaak. Die grond word gehuur van ou "royal" famielie. Hulle van is Beq de lièvre. Haaslip.

Die ou wat my uitgenooi het is Christian van my gewone jag. Ek was die seisoen op 22 jagte saam met vandag en het net een vark geskiet en 2keer ander varke gesien.

Ons het 7:15 bymekaar gekom, ontbyt geëet en jagboek geteken. Word toe saam met ou in berg ingestuur en hy wys vir my my pos aan en verduidelik waar ek kan skiet, waar varke moontlik verby kan kom etc. Bakkies ry verby my om almal te pos en verby te kom met honde.

Staan toe en kyk en ek hoor die honde tjank maar vêr van my af. Oorkant bult voor my.

Ek het tak hoor breek voor my. Toe 5 min later weet. Toe kom tracker verby met sy bakkie en sê vir hom. Hy draai toe om en kom toe van ander kant af met hond. Ek het verwag om vêr te skiet do scope was op 4. Toe skielik ritsel dit reg voor my. So 5 m van my af. Sien toe die troep aankom en skiet die eerste een. Die ander hardloop toe na links. Toe staan die een op en slinger teen bult af. Ek gaan toe om doodskoot te skiet. Druk amper geweer teen kop en kliek. Het alweer die geweer geshort stroke. Skiet toe dood en toe skoot klap spring een op nie 5m weg van my en hardloop terug in jag. Ek stap terug na my pos en nog 3 hardloop minder as 5m van my af verby maar ek kon nie skiet want trackers is agter. Moerse happy.

Hulle moes vandat ek hier aangekom het binne 15m van my af gewees het. ImageImageImage

Sent from my 21091116UG using Tapatalk


Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Thu Feb 01, 2024 11:46 am
by JohanvB
Lekker!!!!

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Thu Feb 01, 2024 11:47 am
by tripodmvr
Baie geluk. Moeilik om grootte te skat as die vark allenig is op die foto. Laat weet van gewig. Jy is darem die baie vêr uitsleep ook gespaar.

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Thu Feb 01, 2024 11:49 am
by Methos
So 80 kilos skat ek

Sent from my 21091116UG using Tapatalk


Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Thu Feb 01, 2024 2:27 pm
by tripodmvr
So 'n overdentlike varkie.

Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Thu Feb 01, 2024 3:03 pm
by Methos
Was nie te ver uit nieImage

Sent from my 21091116UG using Tapatalk


Re: Frankryk jag 2023/2024

Posted: Thu Feb 01, 2024 4:37 pm
by tripodmvr
BAIE goed geskat!!!!!!!